KULTUURDAGBOEK 12 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Albertus Daniƫl Keet is op 14 Oktober 1888 op Alice gebore. Hy behaal sy BA-graad aan die Universiteit van Kaapstad in 1908; die jaar daarop vertrek by na Amsterdam om medisyne te studeer. Sedert 1920 tot aan sy dood praktiseer hy op Senekal.
In 1932 is sy eerste vrou, dr. Nell N.C. Keet, 'n Amsterdamse dame, oorlede. Hy sluit 'n tweede huwelik met Rina van der Merwe.
Keet behoort in die digkuns tot die geslag van 1920. Hy het vaderlandse, huislike en liefdesverse geskryf. Hy het van die eerste minnedigte in Afrikaans geskryf. Sy gedigte is soms retories, miskien oppervlakkig, maar sy minnepoesie word gekenmerk deur fynheid, bekoorlikheid en sangerigheid. Daarom is baie van sy gedigte getoonset in Holland en Vlaandere onder andere deur Marius Kerrybyn, Cornelis Dopper, Arnold Spoel, Anna Lambrechts-Vos en sy vriend Emile Hullebroeck, en in Suid-Afrika deur S. le Roux Marais, M.L. de Villiers en M.C. Roode. Sy bundel Gedigte het in 1920 verskyn en in 1931 Verspotte gediggies vir verspotte kinders.
Hy is op hierdie dag, 12 Februarie 1972 in Senekal oorlede