KULTUURDAGBOEK 24 DESEMBER

Drie skepe, die Drommedaris, die Reijger en die Goede Hoop, vertrek in 1651 uit Texel, Nederland, na Suid-Afrika. Aan boord is kommandeur Jan van Riebeeck en sy geselskap.

 

Dr Anna Servasina Neethling-Pohl, bekroonde Suid-Afrikaanse aktrise, regisseur, skrywer, voordragkunstenaar, radiopersoonllikheid en Afrikaanse vertaler van ook die Shakespeare-dramas, is in 1906 op Graaff-Reinet in die Kaapse Klein Karoo gebore. Sy is o.a. vereer met 'n Erepenning vir Toneel van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, en 'n eredoktorsgraad van die Universiteit van Pretoria.