1940 HERENIGDE NASIONALE PARTY GESTIG

KULTUURDAGBOEK 29 JANUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Nadat genl. Hertzog se neutraliteitsmosie op 4 September 1939 verwerp is en hy as Eerste Minister moes bedank, was die eenheidsdrang by die Nasionale Afrikaners baie sterk. Die Hertzog-groep en die Nasionaliste onder dr. D.F. Malan was aanvanklik haaks oor die republikeinse strewe en die naam van die nuwe party. Uiteindelik is besluit tot die naam die Herenigde Nasionale Party of Volksparty.

Op hierdie dag is 'n ooreenkoms tussen die twee groepe in die pers aangekondig. Hierkragtens sou die party hom beywer vir 'n republikeinse staatsvorm, afgeskei van die Britse Kroon — en met inagneming van die gelyke taal- en kultuurregte van albei blanke volksgroepe. Die eenheid sou egter kortstondig blyk te wees.