KULTUURDAGBOEK 23 DESEMBER

Dr Pieter Cornelius Schoonees, onderwyser, redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), voorsitter van die Saamwerk-Unie van Natalse Kultuurvereniginge, lid van die SA-Akademie vir Wetenskap en Kuns, beoordelaar vir die Hertzogprys en samesteller van talle Afrikaanse woordeboeke (o.a. die Groot Woordeboek), is in 1891 in Uniondale (Kaapse Klein Karoo) gebore.