KULTUURDAGBOEK 19 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Onderwyserskollege Oudtshoorn het gegroei uit 'n afdeling vir die opleiding van kwekelingonderwyseresse aan die plaaslike Hoër Meisieskool. Op 19 Januarie 1916 het dit 'n onafhanklike inrigting geword met mej Colquhoun as eerste permanente hoof.
Die was die beskeie begin van 'n onafhanklike opleidingskool wat in die loop van meer as 60 jaar tot 'n groot onderwyserskollege gegroei het.
Gedurende die eerste tydperk was die voertaal van die inrigting nog Engels, hoewel die meeste van die studente se huistaal Afrikaans was.
Die Onderwyserskollege Oudtshoorn, met Afrikaans as voertaal, was ongetwyfeld 'n kulturele brandpunt in en van Suid-Kaapland. Musiek, sang, drama en die beeldende kunste het lewendig aandag geniet terwyl die geestelike organisasies sterk invloed uitgeoefen het. Die Onderwyserskollege Oudtshoorn het deurentyd 'n sterk Christelik-nasionale boodskap uitgedra.