22 DESEMBER
Potchefstroom is op hierdie datum in 1838 deur kmdt Andries Hendrik Potgieter sowat 10 km stroom-op van die huidige stad aangelĂȘ. Dit was die eerste Blanke nedersetting noord van die Vaalrivier en tot 1860 was dit die hoofstad van Transvaal.
Die Beleg van Pretoria, die hoofstad van die ZAR, vind plaas in 1880 tydens die Eerste Vryheidsoorlog en duur sowat drie maande.