KULTUURDAGBOEK 9 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die jaar 1940 is gekenmerk deur vergeefse pogings wat aangewend is om die Afrikanerdom polities te verenig. Te midde van hierdie onsekere krisistye het adv JG Strijdom, leier van die Nasionale Party in Transvaal, dit sterk beklemtoon dat Afrikanereenheid alleen op 'n duidelike en ondubbelsinnige republikeinse grondslag verkry kan word.
Hierdie wekroep van Strijdom is op 9 Januarie 1940 deur die spreekbuise van die Nasionale Party uitgedra. Adv Strijdom het naamlik op 8 Januarie op Morgenzon verklaar dat die republikeinse doelstelling van die Afrikaner nie ter wille van eenheid verwater mag word nie omdat dit dan tot nog groter verdeeldheid aanleiding sal gee. Die republikeinse strewe moes dus dien as diƩ saambindende faktor.