1880: BELEG VAN PRETORIA

KULTUURDAGBOEK 22 DESEMBER\

Lees volledig by Kultuurdagboek

In die Transvaalse Vryheidsoorlog het die Britse beleg van Pretoria op hierdie dag begin maar dit was van korte duur – net sowat drie maande.

In hierdie tyd het die vasgekeerdes in Pretoria heelwat lief en leed verduur, hoewel die leed blykbaar nooit eintlik van die heel ernstigste was nie. In die Britse kamp in Schoemanstraat het byvoorbeeld 'n vlooiplaag uitgebreek tot groot ontsteltenis en ongerief van die vroue en kinders.