DIE BLOEDRIVIER- GELOFTE

16 DESEMBER 1838

Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n Sabbat sal deurbring, en dat ons 'n huis tot sy Eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte.
Want die eer van sy Naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.

Ons is die opkomende geslagte van wie die Gelofte spreek. Daarom verbind ons ons jaarliks opnuut tot die nakoming van die Gelofte, met gebed en smeking dat God ons sal bystaan en help om dit te volbring. Dit doen ons met dankbare erkenning van die uitkoms van die Slag van Bloedrivier wat vir die voortbestaan van die Afrikanervolk deurslaggewend was. Ons herdenk dit as 'n groot daad van God in ons geskiedenis, 'n daad wat ons nie mag vergeet nie en aan óns opkomende geslagte moet oordra. Daarby gedenk ons dit as 'n groot daad in die geskiedenis van die Kerk van die HERE in ons land en oor die hele wêreld.

Hier volg ook 'n nuwe gelofte uit die pen van ds Andrè van den Berg, een van ons gereelde skrywers hier op Gelofteland. Lesers sal sien dat dit slegs aanvullend tot die ou gelofte is om die huidige toestand waarin ons volk verkeer te reflekteer. U word vriendelik genooi om u siening en moontlike voorstelle daaroor te stuur aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

DIE NUWE GELOFTE

Ons staan hier voor die Heilige, Drie-enige God, Beskikker van volke en nasies, aan Wie alle mag in die hemel en op die aarde behoort,

Om aan Hom ‘n nuwe gelofte te doen en te pleit dat Hy ons volk van ‘n gewisse uitwissing sal red en ons vyande, soos die Mideaniete van ouds, sal verskrik en verdelg.

Ons onderneem om uit dankbaarheid hierdie dag elke jaar soos ‘n Sabbat deur te bring en ons nageslag daartoe op te roep.

Ons onderneem om hulle van God se reddende ingryping te vertel en hulle gedurig te vermaan om tot sy Eer te leef.

Verder onderneem ons om ons geliefde vaderland van alle afgodsdienste en onheilige gebruike te reinig sodat ons as volk heilig en opreg voor God kan wandel.

Die eer en die verheerliking van sy Naam sal ons eer en hoogste strewe wees.

Mag die almagtige, barmhartige God ons genadig wees!