Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy van jou kinders verwag om jou as ouer te eerbieding sal jy daardie respek moet verdien deur só te leef. As jy as kind so 'n ouer gehad het, dank die HERE vir hom of haar, want dit het jou die mens gemaak wat jy vandag is.
1885: STIGTING NH OF GEREFORMEERDE KERK
KULTUURDAGBOEK 7 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
"Die ontstaan van die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) was die natuurlike uitvloeisel van die verraad binne die Nederduits Gereformeerde Kerk weens die druk van die internasionale geldmag met sy lang arms. Deur die blanke Afrikaner se kerke te infiltreer deur organisasies soos oa die Vrymesselary, is die Christengelowige verwar en gebreinspoel om sonder weerstand onder die juk van 'n swart kommunistiese regime te staan wat net een doel voor oë het: om die witman uit Suid-Afrika te dryf om die lankgekoesterde ideaal van 'n Swart Republiek te verwesenlik. Die stigting van die APK deur diegene wat nie bereid was om hul goedkeuring aan die verraad te gee nie, was op daardie tydstip 'n uitkoms en 'n herberg vir die blanke Christen in Suid-Afrika. "
Sedert die vyftigerjare van die vorige eeu het die kerklike toneel in Transvaal gestaan in die teken van kerklike diversiteit. As gevolg van baie faktore het drie Afrikaanse kerke naas mekaar te staan gekom te wete die Nederduits Gereformeerde Kerk, die Nederduits Hervormde Kerk, en die Gereformeerde Kerk. Hierdie toedrag van sake het baie min bevredig en so was daar verskeie pogings van kerklike kant om die onderlinge verdeeldheid te beëindig, maar sonder sukses.
Teen 1880 sou 'n motivering tot eenheid buite die kerklike erf ontstaan. Hier dink ons aan die Transvaalse Vryheidsoorlog van 1880 tot 1881. Die Afrikanernasionalisme is in daardie tyd soos nog nooit vantevore gestimuleer nie, en in Transvaal was daar 'n sterk politieke eenheid aanwesing. Politieke leiers uit verskillende kerke, wat saam aan die stryd deelgeneem het, laat hulle toe ook uit ten gunste van eenheid op kerklike gebied. Op hulle aandrang begin die gesprek tussen die drie Afrikaanse kerke oor die moontlikheid van eenheid.
Die Gereformeerde Kerk het heelwat administratiewe probleme ervaar en die entoesiasme was nie baie groot nie, sodat slegs die ander twee kerke deur middel van kommissies die gesprek voortgesit het. Na baie beraadslaging het die twee kerke amptelik besluit tot eenwording. Die naam van die nuwe verenigde kerk is voorlopig vasgestel as "Nederduits Hervormde of Gereformeerde Kerk".
Op 7 Desember het die eerste Sinode van die verenigde kerk bymekaar gekom. Hierdie kerklike eenheidspoging was egter van korte duur want in 1892 het die paaie uitmekaar gegaan, en tot vandag is daar steeds die drie Afrikaanse Kerke op Suid-Afrikaanse bodem met 'n vierde wat in 1987 gestig is naamlik die Afrikaanse Protestantse Kerk.
Die ontstaan van die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) was die natuurlike uitvloeisel van die verraad binne die Nederduits Gereformeerde Kerk weens die druk van die internasionale geldmag met sy lang arms. Deur die blanke Afrikaner se kerke te infiltreer deur organisasies soos oa die Vrymesselary, is die Christengelowige verwar en gebreinspoel om sonder weerstand onder die juk van 'n swart kommunistiese regime te staan wat net een doel voor oë het: om die witman uit Suid-Afrika te dryf om die lankgekoesterde ideaal van 'n Swart Republiek te verwesenlik. Die stigting van die APK deur diegene wat nie bereid was om hul goedkeuring aan die verraad te gee nie, was op daardie tydstip 'n uitkoms en 'n herberg vir die blanke Christen in Suid-Afrika.