KULTUURDAGBOEK 12 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die uitgeweke veggeneraal van Tsjaka, Silkaats, het die Matebelestam langs die Groot-Maricorivier gevestig en 'n voortdurende gevaar vir die Voortrekkers en ander swart stamme geblyk te wees.
In 'n strafekspedisie onder leiding van Hendrik Potgieter en Gerrit Maritz, is op 17 Januarie 1837 in die sogenaamde slag by Mosega die Matebeles 'n vernietigende nederlaag toegedien.
Potgieter wou dit opvolg met 'n tweede ekspedisie teen Silkaats, wie by Kapain was met die slag by Mosega.
Eers in November 1839 het die ekspedisie 'n werklikheid geword toe Potgieter en Piet Uys met 360 man die Matebeles aangedurf het.
Die Slag by Kapain het op 4 November 1839 by Mezeg aan die voet van die Enzelberg begin en nege dae later op Sondag 12 November 1839 by Kapain geƫindig waar Silkaats se mag finaal gebreek is. Potgieter het daarmee sy oogmerk, om Transvaal vir die blankes te beveilig, verwesenlik.