1939: ONTWERP- GRONDWET VIR REPUBLIEK WORD OPGESTEL

KULTUURDAGBOEK 4 NOVEMBER

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die Afrikanereenheidskomitee (AEK) wat op 9 Junie 1940 saamgestel is om die breuke in Afrikanergeledere te heel, het 'n bykomende taak gehad: om 'n grondwet vir 'n toekomstige republiek op te stel.

Reeds op 4 November 1939 het 'n groep Afrikaners in dr HF Verwoerd se kantoor by Die Transvaler in Johannesburg byeengekom om 'n ontwerp-grondwet vir 'n moontlike republiek te bespreek. Die ontwerp sou na voltooiing ter beskikking van die Nasionale Party gestel word.

'n Kommissie onder voorsitterskap van prof LJ du Plessis is saamgestel uit onder meer dr T.E. Dönges, dr N Diederichs, dr A Hertzog, dr H.F Verwoerd, prof C.G.W. Schumann, mnr I.M. Lombard en prof H.B. Thom.

Om praktiese redes is gevind dat dit beter sou wees as net een mens die ontwerp opstel en dr Verwoerd het die taak op hom geneem. 'n Ontwerp-grondwet van 29 bladsye is aan prof Du Plessis gestuur wat dit ná wysiginge deur 'n sentrale komitee van verskillende organisasies, aan dr Malan oorhandig het.