KULTUURDAGBOEK 28 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 'n brief deur J van Graan van Bloemfontein aan premier Louis Botha kom enkele gedagtes na vore wat baie Afrikaners oor baie jare diep gekwel en ontstel het. Hy kla by Botha daaroor dat die indruk bestaan dat die regering slegs mense van die Opposisiepartye tevrede wil stel. Wat van die regeringsondersteuners word, kan die owerheid nie skeel nie. Wat in die Opposisiepers gevra word, word gewoonlik toegestaan.
Die skrywer noem talle voorbeelde van dienste deur genl Hertzog aan die Afrikaner gelewer, en van die herstel van Engelstalige amptenare in hoër ampte hoewel hulle onbevoeg en swakker gekwalifiseer was as die Afrikaners wat ook daarom aansoek gedoen het.
Hy vra dan ook of dit regverdig is teenoor die Afrikaner en sy gesin wat hier woon dat die Engelsman so die oorhand in alles moet hê. Dit het tyd geword om na die eie om te sien en die konsiliasiepolitiek te laat vaar want dit het nog niks goeds voortgebring nie en sal ook nooit iets goeds meebring nie.
Wat die eintlike kruks is, is dat Botha en Smuts die grootste verraaiers van alle tye van die Afrikanervolk was - dit is nou as mens die De Klerk, Pik en Kie-bende buite rekening laat. Kortom, ons Afrikanervolkie is deurentyd so besmet met verraaiers dat geen siel vertrou kon word nie - hoe sal ons die toekoms aanpak?...