19 DESEMBER
Kmdt-genl Andries Hendrik Potgieter, held van die Slag van Vegkop, Voortrekkerleier en stigter van Potchefstroom, is op hierdie dag in 1792 in die distrik Graaff-Reinet in die Kaapse Karoo gebore.
Genl Salomon Gerhardus (Manie) Maritz, kommandant in die Suid-Afrikaanse Polisie, verkenner in die Theron Verkenner Korps, veggeneraal tydens die Anglo Boere-oorlog, 1914-rebelleleier, outobiografis (My lewe en strewe, 1938) en welsynbeampte sterf op hierdie dag in 1940 in die hospitaal nĂ¡ 'n motorongeluk in Pretoria. Hy word in die Nuwe Kerkhof in Pretoria-Wes begrawe. Die Voortrekker Gerrit Maritz was sy voorouer.