1932: UNIVERSITEIT PRETORIA WORD AFRIKAANS

KULTUURDAGBOEK 13 SEPTEMBER

Lees volledig by Kultuurdagboek

"Omdat die Afrikaner die vyand van die geldmag, die liberalisme en die kommunisme is moet ook sy taal veral by opgroeiende jongmense in die modder vertrap word en duur dit nie lank voordat die vyand so 'n volk en sy land volkome in sy mag het nie – soos dit in Suid-Afrika gebeur het."

Met die ontstaan van die Transvaalse Unviersiteitskollege, waaruit die Universiteit van Pretoria in 1930 sou groei, was taal-en mediumkwessies nie ter sprake nie en vir alle praktiese doeleindes was die inrigting eentalig Engels. Dat hierdie inrigting, gesetel in 'n oorwegend Afrikaanse stad veral nadat die Universiteit van die Witwatersrand vanaf 1921 'n suiwer Engelse koers ingeslaan het die belange van die Afrikaner sou dien was haas vanselfsprekend, maar is nie geredelik so aanvaar nie.

Afrikanerambisies waarvan die eerste tekens reeds in die vroeë twintigerjare waarneembaar was, is deur jingo-elemente in en om Pretoria met venyn teengestaan, maar het tog tot die sogenaamde vyftig-vyftig-beleid gelei.

Die aandrang op groter erkenning van Afrikaans het momentum gekry toe dit geblyk het dat die teorie van gelykberegtiging van die twee landstale, ná 1930 in die praktyk op 'n gruwelike verontregting van Afrikaans neergekom het, en wel ten spyte daarvan dat in 1931 65% van die studente Afrikaanssprekend was. 'n Spanning wat stadig aan die toeneem was, is vroeg in 1932 op die spits gedryf toe dit bekend geword het dat die annonieme skrywer van War, Wine and Women, waarin neerhalend van die Afrikaner geskryf is, 'n dosent, HP Lamont van die Universiteit was.  Die afloop van die sg Lamontsaak wat onder meer daarop uitgeloop het dat hy geteer-en-veer is, het nie slegs die openbare mening in 'n Engelse en Afrikaanse kamp verdeel nie maar ook die personeel en die studente aan die Universiteit. Indien die situasie sou toegelaat word om onbepaald voort te duur kon dit die jong inrigting verlam het.

Prof AE du Toit, rektor sedert 1927, het sterk ingegryp, en nadat hy van die Senaat se ondersteuning oortuig was, aan die Raad voorgestel dat aan die dubbelslagtige karakter van die Universiteit 'n einde gemaak word, en dat hy hom in hoofsaak onvoorwaardelik in diens moet stel van die Afrikaanse deel van die bevolking. Die voorstel het op 13 September 1932 voor die Raad gedien en is met 13 stemme teen 4 aanvaar.

In 1944 is op versoek van die studenteraad deur die Universiteitsraad goedgekeur dat die Woensdag naaste aan die 13e September 'n vakansiedag bekend as Lentedag sal wees om op dié wyse alle studente in staat te stel om mee te doen aan die herdenking van die Afrikaanswording van die Universiteit.

Vandag is die Afrikanerstudent weer in dieselfde onbenydenswaardige posisie van geen Afrikaanse universiteit nie, geen eie inrigting waar verskeie kursusse eksklusief in Afrikaans aangebied word nie, en is die aanslag op die Afrikaanse student nie eers meer verdoesel met sogenaamde gelykberegtiging nie maar word daar openlik teen die Afrikaner en sy taal te velde getrek. So moes die Universiteit van Pretoria sedert 1994 kapituleer onder die kommunistiese Swart regime deur weg te doen met sy Afrikaanse karakter. Omdat die Afrikaner die vyand van die geldmag, die liberalisme en die kommunisme is moet ook sy taal veral by opgroeiende jongmense in die modder vertrap word en duur dit nie lank voordat die vyand so 'n volk en sy land volkome in sy mag het nie – soos dit in Suid-Afrika gebeur het.