KULTUURDAGBOEK 9 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
‘n Warm gevoel van uitbundige vreugde en dankbaarheid het die Nasionale Afrikanerdom op hierdie dag uit alle uithoeke van ons land laat optrek na Monumentkoppie, waar ‘n gedenkteken vir die Voortrekkers aan die verrys was.
“Hy het sy offer gebring,” het dr. D.F. Malan verklaar toe genl. Hertzog, Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika, se mosie dat die Unie van Suid-Afrika neutraal bly in ‘n oorlog “wat nie ons s’n is nie” op Maandag 4 September in die Volksraad verwerp is. Genl. Smuts se teenmosie is aanvaar, en genl. Hertzog het sy bedanking ingedien. En toe volg sy “segetog” per trein na die Noorde. Op elke stasie is hy ingewag deur juigende Afrikaners.
In Johannesburg het dr. H.B. Stegman, skoonseun van Jan Celliers, Dinsdagoggend, 5 September, aan die FAK-sekretaris, mnr. I.M. Lombard, en sy hulpsekretaris, dr. P.J. Meyer, voorgestel dat ‘n groot saamtrek van Afrikaners by Monumentkoppie op Saterdagmiddag, 9 September 1939, gereël moet word waar dr. D.F. Malan, leier van die Herenigde Party, en genl. J.B.M. Hertzog, geliefde leier van die Nasionale Party, voor samesmelting, mekaar die hand sal reik om die “hereniging van almal wat bymekaar hoort” in te lui.
Reëlingskomitees is per telefoon en per boodskappers in alle dele van die land gestig, en by die tienduisende het dankbare, singende Afrikaners in die pad geval – Monumentkoppie toe. Totius het huiwerig ingewillig om ‘n “volksverklaring” op te stel en voor te lees, let wel nie 'n gelofte soos sommige Afrikaners later jare dit graag wil maak nie, waardeur almal teenwoordig “met die opsteek van hul hande” uitdrukking sou gee aan hul wil en begeerte om as Afrikaners vorentoe saam te werk en saam te stry op die pad van Afrikaner-selfstandigwording.
Dit het egter byna ‘n dekade geduur voordat hierdie onderneming sou uitloop op politieke sukses: die Nasionale verkiesingsoorwinning van 1948. Die FAK het ‘n paslike adres vir hierdie geleentheid laat druk, wat baie jare in duisende Afrikaners se huise vertoon is.
Ongelukkig het die Afrikanervolksvyande nog later jare daarin geslaag om so erg verdeeldheid te veroorsaak deur die grootste verraad in die volk se geskiedenis ooit toe FW de Klerk aan die eindpunt daarvan, onder leiding van die Wêreldgeldmag die land aan 'n Swart kommunistiese regime oorhandig het, self daarvoor miljoene ontvang het, en die Blankes in Suid-Afrika aan die hand van Blankehaters oorgelaat het vir nog 'n poging tot uitwissing en volksmoord. Maar God het nog al die vorige aanslae in hul spore gestop...