1848: TRANSORANJE TOT BRITSE GEBIED VERKLAAR

KULTUURDAGBOEK 2 SEPTEMBER

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die gebied ten noorde van die Oranjerivier is in die veertigerjare van die vorige eeu gekenmerk deur voortdurende botsings tussen verskillende bevolkingsgroepe. Konflik, spanning en onrus het hoogty gevier. En dit sou uiteindelik tot die uitbreiding van die Britse gesag oor gebied lei. Tussen die Afrikaners wat daar woonagtig was, was daar ‘n diep politieke kloof. Die lojaalgesindes onder Michiel Oberholster het Britse onderdaanskap begeer, terwyl die republikeine onder Jan Mocke geensins onder die Britse gesag wou kom nie.

Daarby was daar hewige botsings tussen blank en nie-blank. Ten einde raad, het sir Harry Smith, die Kaapse Goewerneur, die gebie tussen die Oranje- en Vaalrivier op 2 Februarie 1848 as Britse gebied geannekseer. Dit sou voortaan as die Oranjerivier-Soewereiniteit bekend staan. Andries Pretorius weier egter om hierin te berus en hy bring ‘n gewapende mag op die been. Dog die Britse mag onder Smith verslaan Pretorius se burgermag op 29 Augustus 1848 by Boomplaats, en op 2 September trek Smith Bloemfontein binne. Die Britse gesag word dus gehandhaaf.