Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die volk in 1 Kor 10:6 se ondankbaarheid vir God se genadegawes het dit laat verander in oordeel. Dit verskil nie van ons volk vandag nie – in plaas van gehoorsaam te lewe uit dankbaarheid sondig ons volk steeds voort met dobbel, huweliksontrou, aborsie en alles wat die godlose owerheid aan ons voorhou as veroorloof.
1918: DR DF MALAN SE BEROEMDE TOESPRAAK
KULTUURDAGBOEK 31 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag spreek dr DF Malan 'n vergadering op Malmesbury toe en bepleit vir die eerste keer onafhanklikheid vir Suid-Afrika. Dr Malan het die onderwerp sterk aangeroer, hoewel sy partyleier, genl JBM Hertzog, en die Nasionale Party self gesê het dat die tyd nog nie daarvoor ryp is nie – maar met die duidelike verstandhouding dat daar ook "aan die ander kant geen anti-republikeinse propaganda gemaak sou word nie". "Aan die ander kant" het egter nie aan dié verstandhouding voldoen nie, en dr Malan het sy openbare onafhanklikheidspleidooie daarna as "geheel onvermydelik" bestempel:
"Indien in sulke omstandighede die republiekeinsgesinde deel van die volk hom nie sou uitspreek nie, sou hy nie alleen sonder protestoelaat dat hy aangeval en veroordeel word nie, maar sou hy ook toelaat dat daar in Engeland sowel as by ander volke in die wêreld 'n verkeerde indruk gewek word oor sy werklike gevoelens en oortuigings ... en dit sou gebeur het op 'n tydstip dat daar ook oor Suid-Afrika se lot beslis sal word," het dr Malan beklemtoon.
Hy het ook ernstige protes aangeteken teen die konstitusionele veranderinge wat "ons bestaande vryhede " ingekort en in 'n imperialistiese rigting beweeg het. Hy het verwys na die besluit van die Sentrale Komitees van die NP op 7 Augustus in Bloemfontein dat, in die lig van die doeleindes van die Eerste Wêreldoorlog en verklaringe van pres Woodrow Wilson van Amerika en premier Lloyd George van Engeland dat alle geskonde regte en vryhede herstel moet word, dat alle nasionaliteite die reg moet kry om oor hul eie lot te beslis, en dat geen volk ooit gedwing mag word om onder 'n heerskappy te staan waaronder hy nie wil lewe nie, en dat Suid-Afrika ook die reg – 'n Godgegewe en onvervreembare reg – moet hê "sodat vir hierdie land beskikbaar gestel sal word volkome vryheid en onafhanklikheid, insluitende die reg om 'n eie regeringsvorm te bepaal."
Dr Malan het gesê Suid-Afrika se vryheidstrewe behels meer as 'n republiek. Dit vra vokome onafhanklikheid, en langs 'n kontitusionele weg – nie deur rewolusie of geweld nie. Die Afrikaner het in sy hele geskiedenis die vryheidsideaal nagestreef, "so selfs dat ons geen enkele tyd in ons geskiedenis sedert ons 'n volk geword het, kan opnoem wanneer dit nie die geval was nie."
Dr Malan het die destydse besware teen 'n onafhanklikheidstrewe – soos eer en plig teenoor Engeland, ontydigheid, en dat Suid-Afrika te klein en betekenisloos is – grondig en oortuigend verwerp.
Dr Malan het in onafhanklikheid ook 'n oplossing vir die "rassekwessie" – die stryd tussen Afrikaans en Engels en die gevolglike stryd tussen die Imperialisme en die Nasionalisme – gesien en toe reeds gemeenskaplik vaderlandslojaliteit met een vlag bepleit. Hy het sy toespraak só afgesluit: "Ons is dit (onafhanklikheidstrewe) skuldig aan die voorgeslag wat ons vooruitgegaan is en wat vir die ideaal van die vryheid geleef en daarvoor gesterf het. Ons is dit verskuldig ook aan die geslagte wat nog sal kom. Hulle sal eenmaal terugkyk op hierdie tyd met sy nuwe ideale en met sy geleenthede, en hulle sal rekenskap van ons afeis. Ons verantwoordelikheid mag ons en sal ons nie van ons afskuif nie."