1914: NP VAN TRANSVAAL GESTIG

KULTUURDAGBOEK 26 AUGUSTUS

Lees volledig by Kultuurdagboek

Op hierdie dag is die Nasionale Party van Transvaal in die Erasmussaal in Pretoria deur ongeveer 300 aanwesiges gestig. Die oogmerk was om die vertrapte nasionale en godsdienstige beginsel van die Afrikaner weer op te hef en om die breuk in volksgeledere te heel.

Die Botha-regering as sodanig het veral ook in die opvoeding nie die volk se godsdienstige beginsels gehandhaaf nie. Versoeningspogings het by herhaling misluk.

Daarom is besluit om genl Hertzog polities te steun.

Die Nasionale Party van Transvaal van 1914 het die Afrikaner in sy politieke sowel as sy kulturele stryd gesteun. Met die Rebellie van 1914/1915 het die Party telkens die Afrikaanse volksbelange voorop gestel. Hierdie kombinasie van Afrikanerkultuur en Afrikanerpolitiek het in 1924 tot genl Hertzog se premierskap help lei.