1920: SA RESERWEBANK GESTIG

KULTUURDAGBOEK 10 AUGUSTUS

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die vroegste voorstelle vir die oprigting van 'n Suid-Afrikaanse sentrale bank is reeds in 1879 gedoen deur die Afrikanerbond, destyds 'n belangrike pro-Afrikaner politieke organisasie in die Kaapkolonie – minder as 'n eeu later is dit soos alle ander suiwer volksorganisasies deur die Afrikaner se volksvyande infiltreer en is dit grootliks die oorsaak van die Afrikanervolk se verknegting vandag.

Die uiteindelike stigting van 'n sentrale bank in Suid-Afrika was in 'n groot mate 'n regstreekse uitvloeisel van die ekonomiese en finansiële ontwikkeling wat deur die Eerste Wêreldoorlog veroorsaak is.

Die eerste stap om 'n sentrale bank te stig was die besluit wat in Oktober 1919 op die sogenaamde Goudkonferensie gedoen is, om die "beste metodes te beding om die belange van Suid-Afrika te beveilig en sy geldeenheid op 'n natuurlike grondslag te plaas."

By die konferensie is 'n besluit geneem dat 'n eenvormige bankwet die afsonderlike bankwette wat in die vier saamgestelde provinsies van die Unie van krag was, moes vervang. In teenstelling met hierdie besluit, het die konsepwetgewing wat deur die Tesourie opgestel is verder gegaan as die konsolidasie van die provinsale bankwette, en ook voorsiening gemaak vir wetgewing wat die oprigting van 'n sentrale bank in die Unie moontlik gemaak het. Die konsepwetsontwerp wat die oprigting van die sentrale bank voorstel, is in die loop van Julie 1920 by die Volksraad ingedien waarna die Senaat dit op 10 Augustus goedgekeur het.