1863: SUSANNA SMIT (MARITZ)

KULTUURDAGBOEK 27 JULIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Susanna Catharina Maritz, suster van die Voortrekkerleier Gerrit Maritz, is op 28 Augustus 1799 in Uitenhage gebore. Teen haar sin is sy op 13-jarige leeftyd met Erasmus Smit in die huwelik bevestig. Twee seuns is uit hierdie huwelik gebore naamlik Salomon (genoem na genl Manie Maritz) en Hermanus Samuel George.

Sy het besondere deursettingsvermo√ę, heldemoed en onverskrokkenheid aan die dag gel√™. Susanna was 'n belangrike kampvegter vir die regte van die Voortrekkers en het by die vrouedeputasie se konfrontasie met adv Henry Cloete, Britse Kommissaris in Natal, sterk gevoel dat die Voortrekkers eerder kaalvoet oor die Drakensberge sou terugkeer as om onder die Britse Magte te staan.

Hierdie siening het sy persoonlik en sterk aan die vergadering oorgedra ten tye van 'n vroue-opmars wat sy gelei het.

Op die Groot Trek het sy belangrike opvoedkundige werk verrig: sy het die Voortrekkervrou versinnebeeld; daagliks is kos gekook, brood in miershope gebak, klere gemaak, wasgoed in riviere en stroompies op die trekpad gewas en soms ook skape geslag en bewerk.