KULTUUR- DAGBOEK 25 JULIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

1. 1874: Lees in hoofartikel oor die eerste Burgerspond in die ZAR.

2. 1904: Die Interkoloniale Landbou-unie van Suid-Afrika is op 'n konferensie in Pretoria, 26-29 Julie 1904 gestig om boerebelange op nasionale vlak te behartig. Later word die naam daarvan verander nadie Suid-Afrikaanse Landbou-unie (SALU).

3. 1826: Dr James Barry, mediese inspekteur van die Kaapkolonie, voer in 1826 die eerste bekende suksesvolle keisersnit in Suid-Afrika uit op die vrou van TF Munnik – die baba is na hom vernoem as James Barry Munnik. Toe die latere generaal en Suid-Afrikaanse premier, JBM Hertzog in 1866 gebore word, word hy vernoem na JB Munnik, wat sy peetpa en die broerskind van sy ouma (Christina Munnik) aan vaderskant was.

4. 1971: Dr Christiaan Barnard, Afrikaanse hartchirurg, plant op hierdie dag in Groote Schuur Hospitaal in Kaapstad 'n hart en twee longe in Adrian Herbert oor. Dit was die eerste operasie van sy soort te wêreld.