1908: VAN RENSBURGTREK NA MOMBASSA

KULTUURDAGBOEK 8 JULIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Op hierdie dag het waarskynlik die grootste georganiseerde trek na Oos-Afrika, bestaande uit ongeveer 70 gesinne met 47 waens en 70 perde onder die leiding van Jan van Rensburg in Mombassa op die Duitse skip Windhuk geland.

Die groep is 400 myl per spoor vervoer na die binneland van Nakuru, waar hulle deur Frans Arnoldi ontmoet is en op sy plaas Pampoenkraal gekampeer het.

Die laaste deel van die reis is per ossewa onderneem. Dit het die trekkers meer as drie weke gekos om die afstand van 160 km met die swaar gelaaide waens deur die oerwoud, bamboes en moerasse af te lĂȘ.

Die trekkers het land op die hoogland van Uasin Gishu gekry, onder kontrak met die regering van Kenia. Spoedig het 'n gevestigde gemeenskap daar ontstaan.