1976: EERSTE KONFERENSIE VIR KULTUURRADE

KULTUURDAGBOEK 6 JULIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die Hoofbestuur van die FAK besluit op 7 November 1975 dat aangesien daar 'n sterk behoefte bestaan om verteenwoordigers van kultuurrade/skakelkomitees as groep saam te trek en om kultuurrade tot groter doeltreffendheid te lei, daar van 1976 af jaarlik 'n Konferensie vir Kultuurrade ten tye van die Algemene Vergadering gehou word.

Die aanvoeling van die Hoofbestuur het geblyk korrek te wees want die belangstelling van kultuurrade het van toe af met rasse skrede van jaar tot jaar toegeneem. Benewens praktiese aangeleenthede van gemeenskaplike belang, is daar jaarliks besin oor 'n gesamentlike jaartaak, byvoorbeeld die behoefte aan Afrikaanse kleuterskole, die werkende vrou en talle volks- en sosiale aangeleenthede wat by hierdie besprekings en beplannings gebaat het.