KULTUURDAGBOEK 2 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Vaderland verskyn op hierdie dag as die heel eerste Afrikaanse dagblad in Johannesburg. Daarmee word finaal die fondament gelê vir die verrysing van die Afrikaanse Pers in Transvaal ná al die moeisame en mislukte pogings in meer as twee dekades wat dit voorafgegaan het.
Dit het begin met Die Week op 23 Februarie 1912. Dit is opgevolg deur Het Volk, en toe Ons Vaderland, onderskeidelik 'n halfweeklikse blad, en 'n dagblad.
In Maart 1932 word 'n splinternuwe begin gemaak met die stigting van Die Afrikaanse Pers Beperk. In Maart 1932 verskyn dan Die Vaderland as halfweeklikse blad met dr Gustav S Preller as hoofredakteur, voordat dit vier jaar later, onder hoofredaksie van mnr Willem van Heerden, as dagblad in Johannesburg gevestig word.