KULTUURDAGBOEK 1 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Van selfstandige orrelbou in Suid-Afrika was daar tot 1948 haas geen sprake nie en was ons op kerklike en sekulêre gebied aangewese op ingevoerde Engelse en Amerikaanse orrels.
In 1948, die jaar toe daar ook duidelike belangstelling van die Afrikaanse kerke vir die orrelkultuur in Suid-Afrika uitgegaan het, het die groot orrelkultuurbloei in die geskiedenis van Suid-Afrika begin toe mnr W van Loon die Suid-Afrikaanse Orrelbouers (Edms) Beperk, (SAOB) gestig het.
Aanvanklik was dit slegs 'n klein, nederige onderneming in Strubenstraat, Pretoria.
In 1957 het die SAOB snel uitgebrei en in 1957 verhuis hy na 'n spesiaal ontwerpte fabriek. Spoedig is die belangstelling van die publiek in pyporrels gewek en daar is sommer gou honderde orrels vervaardig en aan plaaslike gemeentes en ook in die buiteland verkoop.
Die SAOB het onnoemlik veel bygedra tot die musiekbewusmaking en estetiese vorming van ons volk en kultuur. Ook wat gelyke taalregte betref, het hulle 'n navolgenswaardige voorbeeld gestel deur die aanwysings op elke orrel in die taal van die klant aan te bring.