KULTUURDAGBOEK 1 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die firma JL van Schaik (Edms) Beperk is op hierdie dag deur mnr JL van Schaik in Pretoria opgerig. Aanvanklik slegs 'n boekhandelaar, besef hy gou die groot behoefte aan goeie Afrikaanse boeke en word hy 'n uitgewer, en voor 1920 verskyn die eerste boeke.
Jong Afrikaanse skrywers is deur hierdie organisasie aangemoedig om hulle manuskripte voor te lê.
Ook op die gebied van die opvoedkunde verskyn 'n reeks boeke in Afrikaans vir die laer- en hoërskole. Woordeboeke word uitgegee, wat die voorlopers word van standaardwerke op die gebied.
In 1960 ontvang mnr Van Schaik 'n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir die waardevolle diens wat hy aan Afrikaans bewys het.