1865: MOORD OP DIE GESIN PRETORIUS

KULTUURDAGBOEK 27 JUNIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Ons hoef nie onder die huidige hiel en hel van 'n swart terroristebende te dink moorde op Boeregesinne en op plaasboere is 'n nuwe verskynsel nie. Die aanslag om van blankes in Suid-Afrika ontslae te raak het verskerp maar die swartes het nog deur alle tye probeer om van die blanke in Suid-Afrika ontslae te raak.

Die Republiek van die Oranje-Vrystaat het sedert sy totstandkoming in 1854 met die Basoeto-vraagstuk geworstel. Die Tweede Basoeto-oorlog het op 9 Junie 1865 uitgebreek omdat die Basoeto's hul herhaaldelik skuldig gemaak het aan skending van die grense, veediefstalle en aanranding en moord op die burgers.

Die eerste veldslag van die oorlog het ten gunste van die Basoeto's verloop. Hierna het die Basoeto's Vrystaatse gebied binnegeval, groot verwoesting gesaai, plase afgebrand en duisende stuks vee gesteel. Vele gruweldade is ook gepleeg.

Op 27 Junie vermoor die Basoeto's byvoorbeeld 543 Basters op 'n lafhartige en bloeddorstige manier, barbaars soos ons dit ook vandag ondervind tydens moorde wat soms met onmenslike marteling gepaard gaan omdat wreedheid in hul aard is.

Sulke voorbeelde in vroeër jare kan talle maal vermenigvuldig word. In dié verband verdien die berugte Basoeto-moord op die gesin Pretorius vermelding.

'n Geselskap van Transvaalse transportryers bestaande uit Pieter Pretorius, jonger broer van Andries Pretorius, sy drie seuns, Jan, Albertus en Jacobus, Andries Smit, en die vrou en twee kindertjies van Jan Pretorius asook 'n aantal nie-blanke bediendes het op 27 Junie 1865 op die transportpad van Durban na Pretoria uitgespan. Hulle was vreedsaam langs die westelike hange van die Drakensberge met hul waens en 'n vrag negosieware op reis. Hulle het sowat 'n halfmyl van die Natalse grens in die distrik Harrismith uitgespan. 'n Groep Basoeto's het skielik op die geslskap afgekom en hulle met vriendskaplike gebare genader. Toe die Boere egter hulle geweers neersit het die Basoeto's die mans op 'n verraderlike en wrede wyse vermoor. Die Basoeto's het mev Pretorius en die twee klein kindertjies asook een van die waens met hulle saamgeneem. Die wa het egter onderweg gebreek en die vrou en kinders is aan hulle lot oorgelaat. Hulle het na ontsettende ontberinge Harrismith twee dae later bereik.

Vanweë hierdie lafhartige moord het pres Pretorius oorlog verklaar teen Mosjesj, en 'n Transvaalse mag onder kmdt.-genl Paul Kruger is na Basoetoland gestuur om die Vrystaters by te staan.

Vandag aanvaar ons egter hierdie wrede moorde op ons ewe gelate sonder enige opstand en weerstand wat sal meebring dat die Boerevolk hierdie keer finaal van die toneel sal verdwyn – tensy ons wakker en dapper word!