KULTUURDAGBOEK 26 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag is die eerste spoorbaan in Suid-Afrika vir verkeer opgestel. Die lyntjie was 3 km lank en het van die Punt na Durban geloop. Dit was die werk van 'n private maatskappy, die Natal Railway Company.
'n Tweede spoorlyn, van Kaapstad na Wellington, is in 1863 in gebruik geneem. Dit was 91 km lank en is ook deur 'n private onderneming, die Cape Town Railway and Dock Company, opgerig.
Tot en met die ontdekking van diamante en goud was spoorwegontwikkeling traag en moeisaam.
Hierna het die spoorbane egter baie snel toegeneem en teen 1980 het die spoorbane van die RSA reeds 22 288 km beslaan. So het 'n klein begin in 'n reusagtige bedryf ontwikkel. Spoorbane het vir die Suid-Afrika van die 19e eeu drastiese veranderinge beteken. Voor hierdie tydvak van spoorweë en spoorverbinding was kommunikasie beperk. Verbinding het per ossewa geskied. Laasgenoemde was uit die aard stadig en moeilik. Spoorweë het dit alles verander: mense en gebiede is in 'n versnelde mate nader aan mekaar gebring.
Die Republiek van Suid-Afrika het al meer afhanklik geword van spoorvervoer en was ondenkbaar sonder die SA Spoorweë. Dit het kommunikasie, verbinding en ekonomiese groei meegebring.
Vir die Boerebevolking van die 19e eeu was die koms van die ysterperd op spoorstawe aanvanklik rampspoedig, 'n ekonomiese terugslag. Dit het aanvanklik die einde beteken van transportryery – 'n bedryf waaruit baie boere 'n ekonomies gesonde bestaan gemaak het – en sodoende ook van die wamakersbedryf wat uitsluitlik in Boerehande was.
Spoorvervoer het egter minder belangrik geword namate snelpaaie in die land ontstaan en uitgebrei het. Vandag in 2011 word daar grootliks staatgemaak op die vervoer per vragmotors vir die meeste markprodukte, brandstof en ander items.
Namate die paaie in die land stukkend gery word en soos tans nie deur die swart kommunistiese regime in stand gehou word nie, mag daar dalk vorentoe weer meer op spoorvervoer staatgemaak word – indien die swartes nie teen daardie tyd al die treine en spore gebrand en vernietig het nie.