KULTUURDAGBOEK 23 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die instelling van 'n Eerste en Tweede Volksraad deur Wet Nr 4 van 1890 van die ZAR was 'n poging van pres Paul Kruger om 'n oplossing te vind vir die probleem van immigranteverteenwoordiging in die landsbestuur, sonder om die onafhanklikheid van die Republiek in gevaar te stel.
Die lede van die Tweede Volksraad moes dertig jaar oud wees, die twee onmiddellik voorafgaande jare stemgeregtigde burgers, lidmate van 'n Protestantse kerk wees, in die Republiek woon en daar eiendom besit het. Met uitsondering van landbou, naturellesake, spoorweë, die munt- en bankwese, die verlening van konsessies en die finansies, is alle sake van binnelandse belang aan die Tweede Volksraad toevertrou – dus veral ook dié van die goudvelde, sake waarby die immigrantebevolking belang gehad het.