NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As ons volk se harte nie gaan verander nie, sal niks verbeter nie, eerder versleg! God gee ons ʼn kragtige Gees om ons te help om ons harte skoon te maak – die Heilige Gees.  Laat jou hart in lyn met God se doel kom.  Daarvoor moet ons wakker wees en nie toelaat dat verkeerde dinge ʼn tuiste in ons hart vind nie.   Dis ʼn daaglikse stryd wat ons slegs met die hulp van die Heilige Gees kan stry.

DIE ONVERSKILLIGE STAD

’n Satire

Lees reeks by Trek laer, my volk!

Ds AE van den Berg

Daar was eenmaal 'n voorspoedige stad met baie hoë mure en min inwoners.  Hulle hartstog vir die lewe het uit hul eiesoortigheid geblyk.   Nie ver daarvandaan was daar egter 'n dorp met baie inwoners wat in vrees, vullis en ellende geleef en die slegte gewoonte gehad het om iets vir niks te verwag.  Hulle wou oes sonder om te saai.

Die dorpenaars het egter die vermoë gehad om medelye af te dwing.  Gevolglik het die stedelinge hulle jammer gekry en probeer help om hul lewensgehalte te verbeter.    Dit was alles tevergeefs.   Die dorpenaars het dit wat tot hul voordeel gestrek het, verwerp en booshede omhels.

Omdat die stedelinge hulle nie van ellende kon sien omkom nie, het hulle baie van hulle in diens geneem.  Hulle is egter nie toegelaat om in die stad te woon nie, omdat hulle min en meestal geen agting vir die stad se waardes getoon het.    Daarbenewens was die stedelinge ook deeglik bewus van die risiko wat in hul mindere getalle gelê het en die toegang tot die stad streng beheer.

Laasgenoemdes se verstandelike vermoëns en hoë lewenstandaarde het vir hulle welvaart en gerief gebring, iets waarop die dorpenaars baie jaloers was.   Hulle wou ook so leef, maar was nie bereid om die nodige opofferings te maak nie.   Gevolglik het hulle die stedelinge begin beroof ten einde iets vir niks te kry.

Toe sake later handuit ruk, het baie van die stedelinge hul owerheid versoek om dorpenaars algehele toegang tot die stad te weier.   Die owerheid het egter vir verdraagsaamheid gepleit en die oortreders vasgevat.   Goeie wetgewing het die dorpenaars verhoed om lewens te beëindig wat moes voortgaan.

Na verloop van tyd het ’n aantal vreemdelinge hul opwagting in die stad gemaak om die wêreld te bespied.   Hulle wou die stad se rykdom bekom deur dorpenaars te gebruik om die stedelinge met hul getalle te verswelg en daarna van die dorpenaars ontslae te raak.    Die stedelinge was egter vyandelikheid te wagte en opgeleide wagte op die stadsmuur geplaas om alarm te maak as onraad bemerk is.

Toe die vreemdelinge besef dat die stad nie met geweld ingeneem kon word nie, het hulle van strategie verander om dit van binne in te neem.   Hulle het met sekere stadsopsieners met ’n kenmerkende oorverhitte gedagtegang in die geheim begin beraadslaag en hulle na buitestedelike berade genooi.

Die kunsmatige ophef wat van hulle gemaak is, het hulle in die dryfsand van selfvoldaanheid laat wegsink.    Daarna het die gifgasse van verraad hulle so bedwelm, dat hulle nie geskroom het om hul agterstewe vir hul eie mense te wys telkens wanneer hulle voor die konkelaars gebuig het nie.

Niemand het geweet waar hulle met die verraderlike opsigters gestaan het nie.  Hulle het ’n noot in die psalm verkry, maar die lied te hoog ingesit.   Die wanklanke wat dit veroorsaak het, het egter vir talle dwase simfonies geklink en ’n era van kruipende ellende ingelei wat tot ‘n owerheid van skurke sou lei.

Kort hierna is die Raad van Opsieners oorreed om die stad se beleid in hersiening te neem en desnoods te verander.   Dit is die Groot Ommekeer genoem en as ’n stukkie hemel op aarde voorgestel.   Dit was ’n leuen!    Die Groot Ommekeer was ’n bose aanslag op die handhawing van stedelinge se eenselwigheid wat op ’n eweredige verspreiding van oneweredige verdienstes neergekom het.   Die stad moes in die smeltpot van ’n mense-mengelmoes verdwyn!

Alhoewel die dorpenaars niks kon verloor nie, het hulle aanmatigende eise vir hul samewerking gestel en soos parasiete geëis om deel te hê aan dit waarvoor hulle nie gewerk het nie – iets vir niks.   Die stadspoorte moes oopgegooi word en die stedelinge sou hul gesindheid verander deur hul eenselwigheid op die altaar van eenwording te plaas.  Niks of niemand is ontsien om aan dié eise te voldoen nie.   Geen prys was te hoog of opoffering te groot om die noodlottige proefneming af te dwing nie.

Daarna is talle invloedryke leierwagte na buitestedelike berade genooi en gebreinspoel om die Groot Ommekeer as die voorportaal tot ’n Lotusland te bemark.   Gedagtig daaraan dat die stedelinge kopsku vir die uitverkoping van hul beskawingswaardes sou wees, het hulle die wagte op die mure ingespan om hul te oorreed; duiwe met hul roofvoël-instinkte!

Feitlik al die wagte het die knie voor Baäl gebuig en met hul Janus-gesigte soos engele gepraat, maar soos duiwels gewerk.    Deur in een rigting te kyk en in ʼn ander een te roei, het hulle hul eie mense ’n lelike kool gestowe.   Hul verlammende verraad en uitputtende oneerlikheid het almal onkant betrap.  Baie het geweet wat reg was, maar, ontrou aan hul eie hart, teruggedeins.  Hul instink om selfbehoud was gekastreer.

 

Die verraderlike wagte het meesterlik daarin geslaag om die stedelinge oor hul voorspoed skuldig te laat voel.   Hulle het hul ook laat glo dat hulle die sleutel van die paradys in die hand gehad het, maar eers in 'n beswyming van berou moes gaan alvorens dit oopgesluit kon word.

Met hierdie morele ontwapening is stedelinge se wil om te oorleef, uitgedoof en het ’n era van skaamtelose knoeiery aangebreek waar skape oorreed is om met wolwe oor vrede te praat.  Die galgtou is vir ’n reddingstou aangesien waarna die stad met iets anders as die nag donker geword het.

Die konkelaars het agter die masker van gewaande onreg geskuil en daarop aangedring dat stedelinge die dorpenaars vir gewaande onregte van die verlede om verskoning vra.   Hulle het soos wafferse skeidsregters die fluitjie geblaas en links en regs strafskoppe uitgedeel.

Sommige van die wagte het werklik geglo dat die dorpenaars eerlike bedoelinge gehad het en daarop aangedring dat hulle in die stadsbestuur opgeneem word.   Die dorpenaars was hoogstens glimwurms, maar nie lanterns nie en het geen geheim van hul wraaksugtige planne gemaak nie.  Hulle was soos ’n krokodil wat nie ’n deel van die karkas wou hê nie, maar die hele een!

Die wagte het baie stedelinge mislei, maar nie almal bedrieg nie.  Sommige het deur die bome tot in die bos gesien en beswaar gemaak.   Hulle is egter met gevoellose oë soos dié van ’n dooie vark aangekyk.    Die konkelaars het geen teenstanders geduld nie!

Nadat die Raad van Opsieners die program van verandering bekend gemaak het, het talle beswaarde wagte teen die onbekookte proefneming beswaar gemaak en stedelinge gewaarsku om nie hul eie doodvonnis te onderteken nie.  Hulle het gehoop dat die Hoofraad van Wagte die konkelaars tot besinning sou bring en die onheil betyds afweer.

Hierdie raad het tot hul grootste ontsteltenis alle wagte aangesê om die Groot Ommekeer onvoorwaardelik te steun en die duiwel opgelaai om verder te bestuur.  Al die wagte wat nie as laksmanne vir hul eie mense wou optree nie, is summier afgedank.    Die res van die wagte was in die wolke oor hul oneerlike sukses en met ’n dolk onder die jas glimlag.

Nadat die Raad van Opsieners ontbind het, is 'n nuwe raad saamgestel wat soos kabbelende waters ʼn gebrek aan diepte verraai het.   Dié kunsmatige vennootskap was die voorhamer waarmee die dorpenaars die stad se geldkas stukkend geslaan en iets vir niks gekry het.

 

Die nuwe raad was groot soos ’n standbeeld, maar net so leweloos.  Hulle het al die eienskappe gehad wat stedelinge afgestoot het en niks om te bewonder nie.     Baie van hulle lewens was so verrot, dat dit aan misdadigheid gegrens het.   Enkeles is selfs vir dade vereer waarvoor stedelinge tereggestel sou word!      Daarbenewens was hulle gewaande kennis soos ’n druppel in die emmer in vergelyking met hul oseaan van onkunde.

Dorpenaars het geen liefde vir die waarheid gehad nie en kundige stedelinge gehaat.  Met hul onversadigbare aptyt vir chaos en korrupsie het hulle slegs in grade van boosheid van mekaar verskil.    Desondanks het talle dwase die boosdoeners as helde vereer.

Die nuwe raad het al die tekens van ’n georganiseerde roof-organisasie getoon. Hulle het hul in die see van hebsug verlustig en die reg aangematig om die stad te plunder.  Daar is by die geldkas begin.  Nuwe wetgewing het dit vir hulle maklik gemaak om vir bobbejaan oppasser van die vyeboom te maak!

Eerste op die sakelys was ‘n vryheidsfees waartydens die stadspoorte plegtig oopgegooi en duisende dorpenaars die stad ingestroom het.  Hulle het dae lank geëet, gedrink en gedans - iets vir niks.    Daarna het misdaad soos ’n middeleeuse plaag deur die stad versprei en booshede soos ‘n stofwolk laat opstyg.

Toe wolwe losgelaat is, is skape doodgebyt en het stedelinge die slagoffers van mense met barbaarse neigings geword.   Baie van hulle is in die modderpoel van onregskepping versmoor en nie as vennote in ’n nuwe bedeling beskou nie, net as verslane vyande wat verder verneder moes word.    Die argitekte van die Groot Ommekeer het ʼn engel geleen, maar met ʼn duiwel terugbetaal!

Om die aandag van hul onbekookte optredes af te trek, is oortreders beskerm en stedelinge vir allerlei onbenullighede aan die pen laat ry.   Die spinnerak het klein insekte gevang, maar grotes deurgelaat wat die onderskeid tussen bedreiging en beveiliging laat vervaag het.   Dit was gevaarliker om ’n profeet as ’n misdadiger te wees.

Onbevoegde dorpenaars is in verantwoordelike poste aangestel wat alles ontwrig en die ware toedrag van sake telkens met dwase argumente probeer omkeer het.   Gevolglik het die argitekte van die Groot Ommekeer soos perde agter eerbetonings aangehardloop net om te sien hoe esels dit voor hul wegraap. Hulle lugkastele het in puinhope en hul dagdrome in nagmerries verander!

Toe die poppe begin dans, het baie van hulle hakskene gewys.   Ander het nog ’n tydjie uitgehou en hul daarna met versigtige voetwerk van die oorblyfsels van ’n ordelike bestel verskoon om elders in die buiteland vir die gevare van hul eie handewerk te gaan wegkruip.

Diegene wat nie kon vlug nie, het die jammerlike toedrag van sake aan die groeipyne van 'n nuwe bedeling toegeskryf en ontnugterdes probeer troos dat die plunderaars spoedig voorbeeldige burgers sou word.    Dit het nie gebeur nie.   Die wanorde was geen groeipyne nie, maar die verfoeilike optrede van ’n gepeupel op wie ‘n ordelike bestel omgekeer is.   Hulle wou net die heuning hê.  Wat daarna met die korf gebeur het, kon hulle nie skeel nie.

Die raad het koppe getel, maar nie geweeg nie.  Gevolglik was daar te veel koppe en te min verstand.    Hulle het mag afgedwing, maar geen gesag ingeboesem nie.   Dit moes verdien word.    Flaters is met giftige uitlatings verdoesel en selfs met weersinswekkende dreigemente opgevolg.   Dit het hulle gereeld in doodloopstrate laat beland.  In plaas van te rem, het hulle die versneller getrap!

Om die aandag van hul onbevoegdheid af te lei, het hulle die argitek van stedelike voorspoed by elke moontlike geleentheid beswadder.   Sy uitmuntende leierskap, wyse beplanning en liefdevolle toewyding is smadelik as slegte geskiedenis veroordeel, terwyl die hel wat aan stedelinge se voete losgebars het, as hemel-op-aarde besing is.   Sy lig moes uitgedoof word ten einde hul eie sombere lig te laat skyn.

Daarna is hy soos ’n olifant in ’n put gestamp en is elke padda uitgenooi om hom ’n skop te gee.   Dorpenaars het soos slegte honde vir ’n dooie leeu geblaf en valse aantygings en beledigings soos paddastoele op ‘n mishoop laat opgeskiet.

Die nuwe raad het baie sinonieme vir die waarheid gehad, maar geen alternatief nie.  Hulle kon die groot argitek se eerbaarheid nie nadoen nie.   Daarvoor was hulle te minderwaardig en hul dwaasheid te ensiklopedies groot.

Goedheid, die goue ketting wat mense onderling met mekaar verbind, het klaaglik ontbreek.   Al waarin hul meesterlik geslaag het, was om die stad se siel met onreg toe te rank.   Hoe verder dit saamgesleep is, hoe swaarder het die ketting geword.

Die wrywing tussen stedelinge en dorpenaars het nie verdwyn soos voorsien is nie, maar aansienlik vergroot.   Almal kon nie onder dieselfde sambreel saamboer nie en gevolglik het dit te bedompig in die parskuip van saambestaan geword.   Die diepgewortelde verskille tussen stedelinge en dorpenaars kon nie ongedaan gemaak word.  ’n Handjievol skape kon nie ’n magdom van wolwe onderhou nie.

Op die puinhope van die ou bedeling het geen beter toekoms verrys nie; eerder groter ellende.   Leë sakke kon nie regop staan nie.   Gevolglik was daar geen wenners nie, slegs verloorders.   Die Groot Ommekeer was ’n groot ontwrigting en die wolkbreuk wat dit veroorsaak het, het die stad onherstelbaar verspoel.

Stedelinge het slawe van ’n gedwonge bestel geword en is gedwing om hul welvaart met mense te deel wie se behoeftes groter was as hul vermoë om dit te bevredig.    Eersgenoemdes is doelbewus verswak ten einde dorpenaars te versterk.  Hierdie noodlottige verbeeldingsvlug het alles in ’n bose afgrond-spiraal na benede gesuig!

Korrupsie het die stad soos ’n getygolf getref en spoedig epidemiese afmetinge laat aanneem.   Alles het op los skroewe te staan gekom waarna ’n duisternis op die eens sonnige stad neergedaal het.  Dit was nie as gevolg van ’n gebrek aan lig nie, maar aan dwase wat die lig nie wou raaksien nie.

Die oproep om verandering sonder ʼn nugtere omskrywing het chaos gesaai en geweld gemaai.   Dwase het in trurat voortgebeur.    Desondanks wou die wagte nie erken dat die Groot Ommeswaai ’n noodlottige proefneming was nie.   Daarvoor was hulle te lafhartig om te veg en te vet om te vlug.   Almal het bly glo dat uit die vrot hout iets goeds gekerf kon word.

Klein mense wat groot skaduwees in die stad gegooi het, het die son oor ’n beskawing laat ondergaan.   Die golf van kulturele verwoesting wat die stad daarna getref het, het alles in die spoelsloot van agteruitgang laat beland.   Die sweer van verrotting kon nie gekeer word nie.   Arm woonbuurte het agterbuurte en huise het krotwonings geword.   Die stad het soos die dorp begin lyk.

Stedelinge het in die seekatgreep van ’n skrikbewind beland wat met guerillategnieke oorlog teen ’n beskaafde gemeenskap gevoer is.   Selfs die wagte wat die mynveld help opstel het, kon die gevolge daarvan nie vryspring nie.   Omdat hulle saam met honde geslaap het, het hulle met vlooie wakker geword.

Harde waarhede het hulle verraderlike velle bly prikkel en leuens op die oppervlak laat dryf.    Hulle het hul kort geheue egter met ʼn skoon gewete verwar en skewe antwoorde op reguit vrae gegee.   Stedelinge het hulle maar by die koue as van ontnugtering probeer warm hou en die tragiese toedrag van sake met hul lot verwar.

Diegene wat tussen die wolwe gewoon het, het gou geleer om soos hulle te huil en agting vir hul laksmanne gehad.    Sommige wou selfs die put opvul nadat die kalf alreeds verdrink het.   Die meeste het maar die krokodil bly voer en gehoop om die laaste opgevreet te word!

Van die stadsmuur het min oorgebly.   Die omgewing was met rommel besaai en die hekke gesteel.   Slegs 'n handjievol wagte wat hul lyf adelaar gehou het, was nog aan diens en soos heuningbye met heuning in die bek maar ’n angel aan die stert.

Dit was nie nodig om die omgewing te bespied nie.  Die vyand was aan bewind.   Al taak wat hulle gehad het, was om mense by te staan wat steeds wraak op hulself wou neem.   Die haan van hul eie gewete kon hulle nie wakker kraai nie!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1523 gaste aanlyn