Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As ons nie van die ongelowiges verskil, het ons niks om vir hulle om te sê nie. Sonder ’n getuienis is ons vir die koninkryk van God net so min werd as ’n stelskopper met net een been!
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (8)
Dr Willie Lubbe
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
VRYHEID - en ekonomie
"As besit ’n doel op sigself word, neem die mens se goed besit van hom en word die mens slaaf van sy besittings. Dan buig hy voor die mag van geld. Hy wat sy hart aan sy goed gee, gaan saam met sy goed verlore, vir ewig gebonde aan die verdoemenis, sy geestelike vryheid totaal ontneem!"
Die ekonomie is die wetenskap wat hom toelê op die studie van die organisasie wat in die mens se stoflike behoeftes voorsien. Op nasionale vlak word van so ’n organisasie as volkshuishouding gepraat. In hierdie hoofstuk word besin oor wie in beheer van hierdie “organisasie” (volks-huishouding) is en in watter mate daar voorsien word in die stoflike behoefte van die inwoners van Suid-Afrika.
Om ekonomies volkome vry te wees beteken:
• wie in beheer van die volkshuishouding (organisasie) is, vervul moet wees met ’n brandende vaderlandsliefde;
• die stoflike nie bo die geestelike verhef word nie. Nooit mag geld ’n doel op sigself word nie; dit moet steeds die middel tot die bereiking van die lewensbestemming bly.
KRUGER ... RHODES EN MILNER
In die dae van die Boererepublieke het President Paul Kruger reeds verklaar dat dit nie oor stemreg vir die buitelanders gegaan het nie, maar oor die rykdomme van sy land. Die eie-gewin-soekende intemasionaliste, Rhodes en Milner, het deur die stemregaangeleentheid beheer probeer kry oor hierdie rykdomme. Toe hulle nie daarin kon slaag nie, het hulle die welbekende Anglo-Boere-oorloë ontketen wat die vaderlanders vir goed van hulle ekonomiese vryheid ontneem het.
POGINGS TOT EKONOMIESE ONAFHANKLIKHEID
DRYFKRAGTE ... DOOD
Die ouer garde onder ons sal onthou hoe, na die oorlog, die Helpmekaar- beweging en later die Reddingsdaadbond teen die hewigste teenkanting in op die been gebring is. Sou hierdie pogings geslaag het, sou die vaderlanders weer in beheer gekom het van hulle eie volkshuishouding, en sou die intemasionaliste die volkshuishouding nie langer vir eie gewin kon maneuvreer nie. As ’n mens kyk na die ontstaan van organisasies soos Volkskas was hierdie strewe na ekonomiese onafhanklikheid besig om te slaag. Deur sy buitengewone vermoë tot selfopheffmg, samewerking en onderlinge hulpverlening was die Afrikanervolk besig om hom op te werk na ekonomiese onafhanklikheid. En dr. D.F. Malan het erken dat dit vir hom nog meer beteken as die vroeëre vrye onafhanklike Voortrekkerstate. Een van die grootste dryfkragte agter ekonomiese onafhanklikheid was dr. H.F. Verwoerd. Sy onwrikbaarheid oor hierdie aangeleentheid het aanleiding gegee tot sy dood. By die heengaan van hierdie dryfkrag het die strewe na ekonomiese onafhanklikheid verflou en is die proses omgekeer.
DOODSKLOKKE
Die intemasionaliste van vandag ontsien niks in die verwesenliking van hulle ideale nie, selfs nie volkere en hul vryheid nie. Net soos die ondertekening van die Vrede van Vereeniging in 1902 die doodsklokke gelui het vir die vaderlanders se ekonomiese vryheid, het die Carlton- en Goeie Hoop-beraad weer eens die mat onder die voete van die vaderlanders van die 1980’s uitgepluk. Met hierdie berade is die volksekonomieë wat dr Verwoerd vir die swart tuislande voorsien het, verruil vir nasionale streeksekonomiee.
Wat is die verskil tussen 1902 en die 1980’s?
In 1902 het die internasionale en imperiale magte hulle verskyning gemaak in die gedaante van die Britse Ryk. Die sigbare vyand (imperiale mag) was terselfdertyd ook die geestelike vyand (internasionaliserende mag). Die vaderlanders van destyds kon dus hulle vyand reg identifiseer. Ongelukkig het hulle nageslag voortgegaan om die “Engelse” as die vyand te beskou en weinig van hulle het agtergekom dat die internasionaliste van gedaante verander het. In die 1980's is hulle vergestalt in monopolieë wat bouverenigings, banke, besighede, maatskappye, nywerhede, mynhuise, landboubedrywe en selfs informele opleiding insluk onder die dekmantel van kampvegters vir “vryheid”, “vrede” en “geregtigheid”. Hierdie monopolieë staan (veral in regeringskringe) in Suid-Afrika bekend as die “privaat- sektor"Ongelukkig het van ons eie volksgenote in die najaag van groter welvarendheid en wêreld-eer hulle al meer met die internasionaliste vereenselwig.
STOK IN DIE WIEL
In die Verenigde State van Amerika, Europa en Japan het ’n groep internasionaliste in 1977 openlik na vore gekom met ’n hele reeks publikasies, uitgegee deur die “Trilateral Commission”, wat hulle self beskryf as “a private North American-European-Japanese initiative on Matters of Common Concern."
Op p. 11 van een van hierdie publikasies getiteld “Towards a Renovated International System” staan die volgende geskryf onder die opskrif “Obstacles to Cooperation”:
The desire for national autonomy and the traditional concept of sovereignty aggravate the tension between national policies and transnational interaction ... They hinder the observation of the rules of international cooperation and impede the compromises and the day-to-day routines of consultation necessary for managing an interdependent world.
Dit is opvallend dat woorde soos konsultasie, samewerking, interafhanklikheid en kompromie deel geword het van sommige huidige Suid-Afrikaanse politieke woordvoerders.
Dit is verder noodsaaklik om in bogenoemde aanhaling raak te sien dat die internasionaliste diegene wat die tradisionele konsep van soewereiniteit steun (d. i. vaderlanders) as ’n stok in die wiel beskou. Hierdie gedagtegang verklaar ook die gebeure in Suidelike Afrika. Met uitsprake soos dié waarvan “Die Vaderland” op 17 April 1982 (kort na die politieke breukspul van Februarie 1982) verslag gegee het, naamlik dat “Blankes, Kleurlinge en Asiërs relatief gesproke beskou kan word as ’n enkele volk wanneer dit kom by die bepaling van selfbeskikking vir die toekoms”, slaan mnr. P.W. Botha ’n nuwe internasionale rigting in en wyk hy beslis af van die tradisionele konsep van soewereiniteit waarna verwys word.
Die “privaatsektor” se koerante verheug hulle in hierdie toedrag van sake. Dit is ook insiggewend dat dit hierdie pers is wat met die waarheid omtrent hierdie nuwe pad na vore kom soos blyk uit meegaande spotprent in die “Sunday Times” van 19 Augustus 1984:
Net soos die intemasionaliste die vaderlanders in Suid-Afrika wegstoot, draai hulle ook die rug op die vaderlanders van Angola en Mosambiek, UNITA en RENAMO. Die Suid-Afrikaanse regering gaan selfs so ver as om ekonomiese verdrae te sluit met ’n marxistiese regering in Mosambiek in ’n stadium wat RENAMO reeds groot gedeeltes van Mosambiek beheer. Lesers sal onthou dat die verteenwoordigers van die “privaatsektor” (internasionaalgesindes) ook teenwoordig was. ’n Week ná die sluiting van die verdrag van Nkomati het die groot geldbaas Dawid Rockefeller persoonlik besoek gaan aflê by Samora Machel. Hulle sou alles in hulle vermoë doen om te keer dat vaderlanders in beheer kom van die genoemde lande se ekonomieë. Selfs die Suid-Afrikaanse regering laat toe dat dit gebruik word vir hierdie doel op so wyse dat dit ons eie ekonomie nog swaarder belas. Dit het tot gevolg dat ons self al meer verknoop raak aan hierdie internasionaliste. Die vryheid van die vaderlanders in Angola en Mosambiek word ontneem met behulp van die middele wat die ekonomiese vryheid van die vaderlanders in Suid-Afrika moet verseker. Dit is nou slim strategie. Twee vlieë met een klap! Die vaderlanders van 1984 moet ook aanhoor dat hulle nou lank genoeg die groter skyf van die koek gekry het, en in die vervolg tevrede moet wees met minder, ongeag die feit dat hulle verantwoordelik was vir die bak van die koek.
HOE WORD JAN ALLEMAN GERAAK?
Kom ons kyk kortliks na een van die maniere waarop die vaderlander van sy regmatige aandeel ontneem word. Teen die waarskuwing van die ekonome in het die regering in 1981 die ekonomie gestimuleer omdat mnr. P.W. Botha ’n algemene verkiesing uitgeskryf het. Jan Alleman het onder hierdie skyn van welvaart meer skuld gemaak.
Hy het byvoorbeeld die lening op sy huis vergroot deur aan te bou en ’n voertuig op huurkoop gekoop. In 1984 stort die ekonomie in duie: inflasie styg tot 14,8 % per jaar in die eerste vier maande van 1984 teenoor 8,8 % per jaar in September tot Desember 1983; rente skiet die hoogte in met oortrekkingskoerse van tot % (teenoor 14 % in begin Junie 1984) en ’n 2 % styging in huisleningskoerse in Augustus 1984. Jan Alleman se geld word al minder werd. Saam met die toename in rentekoerse moet hy ook meer opdok vir sy basiese behoeftes soos kruideniersware. Sy lewenstandaard het met 13 % gedaal sedert 1981 gemeet tot Februarie 1984. ’n Verdere styging van 10 % tot 15 % in die prys van brood, 10 % vir koffie en margarine - wat reeds voorheen onderskeidelik t 7,5 % en 12 % verhoog is - 12 % vir tee wat in Februarie met 10 % gestyghet, 10 % virkookolie en 10 % vir koeldrank staan hom voor die deur. (“The Citizen” 21 September 1984 p. 3).
KLEINER VERHOGINGS
Die toestande word vererger deurdat die ekonomies aktiewe en produktiewe gedeelte van die bevolking persentasiegewys kleiner verhogings as die onproduktiewe gedeelte van die bevolking kry. Oor die afgelope tien jaar het die verbruikersprysindeks (wat die gemiddelde toename in die prys van goedere is) alles tesaam met 318,9 % toegeneem. Die toename in salarisse van Blankes oor die tyd was 312,9 % Daarteenoor het die lone van Nie- blankes oor die afgelope vyf jaar vinniger toegeneem as die verbruikersprys¬indeks. Soos die finansiele verslaggewer van die “Citizen” tereg opmerk: “Socio-political factors as opposed to economic factors have traditionally determined increases for non-whites” (16 September 1984 p. 27). Dit beteken in effek dat geld “weggeneem” word van die Blanke en aan die anderskleuriges “gegee” word.
Jan Alleman kry swaar. Dit sou nog aanvaarbaar gewees het as dit deel was van die prys wat hy moes betaal vir volkome vryheid. Die grootste bedreiging vir enige regering het nog altyd uit ’n sterk, vry middelklas gekom wat bogenoemde “wanpraktyke” sal teengaan. Maar die toestande in die politiek en ekonomie lei daartoe dat so ’n middelklas geneutraliseer word. Daar word in die nuwe staatkundige bedeling gestreef na “pariteit” (gelykheid) tussen Blankes, Kleurlinge en Indiers op alle vlakke behalwe werkverrigting. Dit lei daartoe dat onbekwames bevorder word ter wille van “goeie verhoudinge”! Jan Alleman, wat reeds onder groot ekonomiese druk verkeer, kan dan nie waag om sy mond oop te maak nie want hy is bang hy verloor sy werk. As dit gebeur, ly sy vrou en kinders honger. Bloed is dikker as water en Jan Alleman is gebonde tot swye deur ekonomiese bande! Sy vryheid totaal ontneem!
Die tragiese is dat die toestand ontwikkel het omdat die goeie raad van bekwame ekonome in die wind geslaan is ter wille van korttermyn-voordeel. In weerwil van ’n ekonomiese krisis waarvan die afmetings vergelykbaar is met die van 1933, word miljoene in Mosambiek en in die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika ingepomp.
Stoflike en geestelike
Dit is vervolgens nodig om kortliks na die verhouding tussen die stoflike en die geestelike te kyk.
NUWE AFGOD
Die vryemarkstelsel word tot nuwe afgod gemaak. Die volgende aanhaling uit “The Citizen” van 22 September 1984, p. 13, spreek boekdele:
AHI LAUDS NEW HANDLING OF ECONOMY. THE Afrikaanse Handelsinstituut foresaw a more efficient and meaningful handling of economic policy affairs following discussions that the Minister of Finance, Mr Barend du Plessis, held in Pretoria on Thursday with the private sector, AHI president, Mr Leon Bartel, said yesterday.
Mr Du Plessis, with the support of President P.W. Botha, sought the co-operation of the private sector in dealing with the “dilemma” South Africa presently found itself in, and this was deeply appreciated, and in line with the AHI’s opinion that the private and public sectors “needed each other” in this regard.
Thursday’s discussions had been in the tone and spirit of the Carleton and Good Hope conferences, Mr Bartel said. - Sapa.
Volgens die berig word die privaatsektor gevra om Suid-Afrika uit die ekonomiese dilemma uit te help. Die privaatsektor is die “nie-staatsektor”, overgeset synde die “vrye markstelsel”. Vir Jan Alleman beteken hierdie ooreenkoms dus dat die markstelsel die vryheid gegee word om hom verder te verkneg! Die waarheid hiervan is op 8 Oktober 1984 bevestig in ’n televisieprogram waarin daar sterk voorspraak gemaak is vir die oordraging van alle staatsfunksies buiten die wat te groot is, en wat die “privaatsektor” nie wil doen nie, na private onderneming. Die staat beskerm nie meer nie, hy beredeneer nie meer vanuit lewensbeginsels nie; die vereistes van die vrye mark alleen dikteer.
Hierdie gebeure weerspieël ’n verandering in gesindheid by die owerheid wat ook deurgewerk het na die gewone man. Ook op die indiwiduele vlak het die ekonomie, persoonlike verryking (ter wille van besit of uit noodsaak) ’n doel op sigself geword in plaas daarvan dat dit net ’n middel gebly het.
BESIT IN PERSPEKTIEF
“... gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is; dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die naam van my God vergryp nie.” - Spreuke 30:8, 9
Hierdie en talle ander verse gee die Bybelse perspektief oor besit. Inderdaad is God die enigste Eienaar omdat Hy alles skeppend in aansyn geroep het. Die mens is as rentmeester aangestel om te bewerk en te bewaak. Hy moet bewerk tot eer van God. Hy moet waak dat God se skepping nie teen die voortgang van sy koninkryk werk nie. Terselfdertyd gebruik God grondbesit as afgrensing vir volke. Vir Israel het persoonlike verantwoordelikheid dan ook verantwoordelikheid oor grond (eiendom) en uiteindelik erfgrond (goed), familiegrond en volksgrond (besit) ingesluit. Maar ten slotte was hierdie reg en eis ten opsigte van grondbesit die waarborg van vryheid teenoor verknegting deur ander en van identiteitsbehoud (die vryheid om jouself te wees). Om ’n vrymens te kan wees, kan ’n sekere besit nie ontbeer word nie. Die mens besit dus in sy eiendom ook ’n stuk vryheid.
Die voorwaarde van besit is dus dat besitting steeds die middel bly waarmee die doel bereik moet word. In praktiese terme beteken dit dat ekonomiese druk- en trekfaktore gebruik word om die samelewing te orden sodat die burgers ’n rustige en stil lewe kan lei in Godsvrug en waardigheid.
As besit ’n doel op sigself word, neem die mens se goed besit van hom en word die mens slaaf van sy besittings. Dan buig hy voor die mag van geld. Hy wat sy hart aan sy goed gee, gaan saam met sy goed verlore, vir ewig gebonde aan die verdoemenis, sy geestelike vryheid totaal ontneem!
DIE INTERNASIONALE KREET: “TERUG NA BABILON! TERUG NA BABEL!”
"En hulle sê: 'Kom, laat ons vir ons ’n stad bou en ’n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ’n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie'.
En die HERE sê: 'Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.' - Genesis 11:4, 6.
Die internasionaliste van ons tyd besef goed dat as materialisme belangriker word as geloof en vaderlandsliefde, niks in hulle pad sal staan om volkere te gebruik om hulle eie intemasionale doelwitte te bereik nie!
Vervolg...