NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wees geduldig met jou eie geestelike groeityd – wanneer God 'n sampioen maak doen Hy dit oornag, maar 'n reuse-eikeboom neem honderde jare: 'n Groot gees groei deur stryd, storms, en pynlike seisoene wat 'n lang tyd neem.

VOLKSHOOP (1)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volkshoop - die boek

Ons plaas weer die eerste paar hoofstukke van Volkshoop as aanloop tot voltooiing daarvan op hierdie webblad, as laaste boek van die drie boeke deur adv Pretorius: Volksverraad, Volksverraad...Waarom, en nou Volkshoop.

VOLKSTRYD

Probleemstelling: Is die chaos van die Nuwe Suid- Afrika die voorspel vir Volkshoop?

Die welbekende Siener van Rensburg (1864-1926) het gesê dat oris (Suid-Afrika) gaan heel laaste in die ding.

Hy was ook bekend as Oom Siener, Oom Klasie, Oom Nicolaas en Oom Niklaas. Met goedkeuring van Adriaan Snyman haal ons graag aan uit dele van sy werke oor Siener van Rensburg. Gedurende die laaste kwart van die vorige eeu en die eerste kwart van hierdie eeu was die Siener feitlik die bekendste persoon in Wes-Transvaal. Nicolaas Pieter Johannes Janse van Rensburg is op 30 Augustus 1864 naby Wolmaranstad op die familieplaas Rietkuil gebore. Tot en met sy dood in 1926, was die Bybel al boek wat hy ooit gelees het. Hy het geglo sy visies kom direk van God en hy het hom glad nie met die okkultisme bemoei nie. Hy het ook geglo dat ’n mens moet lewe tot eer van God; daar kom dikwels Bybeltekste in sy gesigte voor. Sover vasgestel kon word is geeneen van sy visioene nog verkeerd bewys nie. Hy het reeds van sy kleuterstadium af oor die vermoë beskik om toekomstige gebeure te sien. Hy het dit so aan sy boesemvriend, Boy Mussmann van Vryburg, vertel: “Ek sien daar kom ’n tyd dat die hele wêreld omgeploeg is (dis die uitbreek van die Derde Wêreldoorlog, en dinge is baie deurmekaar). Dan sien ek oor die omgeploegde land lê ’n slang. Ek sien nie sy kop of stert nie (niemand sal presies weet waar hierdie oorlog begin het of waar dit gaan eindig nie). In die kerk sal dinge ook groot gebeur (politieke integrasie), maar ons kom ook heel eerste daaruit. "

Die Siener het voorspel dat ons groot moeilikheid met die swartes net ná die Tweede Wêreldoorlog sal begin. Hy sien dat Suid-Afrika sy laaste suiwer Blanke regering sal hê voor die finale skeiding. Die Siener het ook vervolgens gesê: Ek is by Wolmaransstad en trek nuwe veldskoene aan wat swart is — ’n swart regering kom (in Suid-Afrika) aan bewind.

 Maar as die Siener se eie verklaring korrek is, sal dit nie baie lank duur nie. Oom Niklaas het ook gesê dat daar ’n kort stilte gaan aanbreek, wat sal saamval met die moedelose tyd wat na die (April 1994) verkiesing oor die Boerevolk gaan neerdaal. En dit sal die donker tyd inlui wanneer dinge al hoe slegter met die Boer sal gaan. Oom Niklaas het gepraat van ’n algehele hervorming wat sal volg.In die tyd van hervorming sal daar in ons land haas niks reg wees nie, nie in die Regering nie, en ook nie in ons kerke nie. In daardie tyd sien ek die Unie is omgeploeg, wat bo was, is dan onder, en wie baas was, is nou klaas. In die algemene samelewing sal daar ook totale hervorming kom.

Geweld. Misdaad. Morele verval. Korrupsie. Swart Apartheid. Ekonomiese agteruitgang. Dit is alles die gevolge van die sogenaamde Nuwe Suid-Afrika. Afgesien daarvan maak die jongste grondwet voorsiening vir ’n haatspraak-klousule wat enige diskriminasie op grond van geloof, ras, etnisiteit of afkoms tot ’n misdaad verklaar omrede dit klaarblyklik rassehaat aanwakker. Suiwere Blanke politiek is sedert 1990 in ’n relatief kort tyd nie net gemarginaliseerd nie, maar ook letterlik doodgedruk om plek te maak vir die sogenaamde Reënboog-nasie.

"Toe weet ek: In daar die tyd sal niemand ook kop of stert van my gesigte kan uitmaak nie, want die een sal sê: Oom Klasie het so gesê, en ’n ander een sal stry: Nee, hy het sus gesê...Van toe af het ek my dogter gevra om elke dag se visioene neer te skryf.. .sodat almal eendag kan weet.” Dit sou die Siener se nederige bydrae wees soos ons later sal leer, om die gesiglose gedaante van die Boereherlewingsaksie inhoud te gee, wat sal uitloop op die wedergeboorte van die Boerevolk.

Hierdie nie-haalbare doelwit maak ook van die Vryheidsfront ’n doodgebore party. Vir die Boer het partypolitiek vandag geen sin meer nie. Dit is onmoontlik dat hy met die realiteite van Swart getalle in die huidige bestel die heerskappy oor die staat by wyse van die stembus kan verkry. Die Boer is in sy hart staatloos en moedeloos.

Is daar hoop vir die toekoms? Teen die agtergrond van hierdie chaos en die algemene gevoel van mismoedigheid onder die Boere-Afrikanervolk, laat val Volkshoop opnuut die kollig op Siener van Rensburg se voorspellings van die totstandkoming van ’n nuwe Boererepubliek met Duitse hulp —’n staatsgreep deur die Boere met Duitse wapens.Is dit haalbaar? Indien wel, wat dan?

Alvorens ons die bovermelde vrae beantwoord, is dit tog belangrik om eers agtergrond te kry oor die geskiedenis van die Boerevolk. Die stelling is aan die skrywer gemaak dat die Kerk hom elke keer gedistansieer het van die Boerevolk wanneer die Boere vir sy eie vryheid opgestaan het. Voorts is gemeld dat die Boerevolk onder ’n ernstige verpligting jeens die Gelofte van Bloedrivier in Desember 1838 en die Belofte van Paardekraal in Desember 1881 staan, waarin die Boerevolk die stigting van een Huis onderneem het in ruil vir hulle oorwinnings. Hierdie onderneming is tot op hede nie nagekom nie.

Ons sal die geskiedenis van die Boerevolk in oënskou neem en ’n waardebepaling op die stellings doen. Die noodsaaklikheid daarvan blyk aansluiting te vind by die visioen van Siener van Rensburg van eenheid in kerkverband en ware Boere-eenheid. Die wedergeboorte van die ware Boerevolk —soos profeties voorspel deur onder meer Koos van der Westhuizen van Bokfontein.

Kennis en begrip van hierdie historiese volksverbintenis en die ontplooiing van die strewe na Boere-onafhanklikheid is nodig om begrip te hê vir die daarstel van ware Boere-eenheid, wat ook verdere betekenisse sal gee om die haalbaarheid van ’n nuwe Boerestaat te bepaal. So, sê die Siener, sal ons sien die Heer se weë is nie ons sin nie. 

Historiese perspektief oor die geskiedenis van die Boerevolk

Die wordingsgeskiedenis van die Boerevolk strek oor ’n tydperk van drie eeue. Iets wat ’n mens opval as jy na die geskiedenis van die Boerevolk kyk, is: (i) sy strewe na emansipasie (nasionale identiteit en onafhanklikheid) — die Boere-Afrikaner wou voortdurend die liberale Engelse juk (tans is dit die Amerikaanse juk) afskud; (ii) die Kaapse Kerk (NG Kerk) wat die Boer se Ou-Testamentiese geloofsverhouding met sy God wou verengels het, en (iii) sy patriargale houding jeens die nie-Blankes, maar tog sy geregtigheidsin teenoor diesulkes en die onthouding van vermenging.

Die Kaap word ’n Hollandse nedersetting

Nadat Jan van Riebeeck op 6 April 1652 by die Kaap de Goede Hoop aangekom het,  het die nedersetting nie aan hulself as Afrikaners (Blanke inwoners van die vasteland Afrika) gedink nie. Hulle was Hollandse Calviniste.Hierdie mense het die kerk met hulle meegebring. Hulle was lidmate van die Gereformeerde Kerk (vandag bekend as die Nederduits Gereformeerde Kerk). Tot en met die eerste Engelse besetting in 1795, het die Kaapse Kerk onder Classis Amsterdam geval en is die traktemente van die leraars deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) betaal. Dis opmerklik dat Van Riebeeck niks skryf nie oor die geestelike versorging van mense aan die Kaap ... Die twee sieketroosters wat tydens sy verblyf die aandgebed en die Sondagpreek voorgelees het, was Willem Barentsz Wylant en Van Riebeeck se swaer Pieter van der Stel... Die Heilige Nagmaal en die doop kon bedien word slegs wanneer ’n predikant aan boord was op een van die skepe wat ’n paar dae of weke in Tafelbaai voor anker gelê het.

Die eerste Vryburgers het in 1654 ’n stukkie grond om te bebou en sekere vryheid van beweging gehad, maar het nog Hollanders gebly. Die eerste permanente leraar, (Ds. Johannes van Arckel, het in 1665 na die Kaap gekom. Hy het in dieselfde jaar die eerste gemeente, Kaapstad, geïnstitueer. Namate die bevolking aangegroei het en die binneland beset is, het die uitbreiding van die gemeente-tak stelselmatig gevorder. So word die Stellenbosch-gemeente in 1686 gestig. In 1688 het die eerste FranseHugenote as Calviniste aangekom.  Dis die afstammelinge van daardie 200 mense (20 persent van die totale bevolking) wat saam met die reeds gevestigde Hollandse nedersetters vandag se Boerevolk uitmaak. Eers het die Hollanders en die Franse hul onderskeie volksidentiteite behou. Die aankoms van die Franse Hugenote het gelei tot die stigting van die gemeente Drakenstein (Paarl).

Die Hollandse koloniste word toenemend bewus van hulle Hollandsprekende Afrikanerskap

Dit was eers met die politieke verwikkelinge onder Willem Adriaan van der Stel dat die Hollanders en die Franse Hugenote teenmekaar en na mekaar gegooi het, dat hulle ’n ander, tot nog toe miskien nie meer ’n Kaapse identiteit nie, aangeneem het. Adam Tas en sy makkers het hulle verset teen die diktatuur van Van der Stel. Tas was selfs bereid om in die Donker Gat te gaan sit, maar hy het na die oorwinning en die verwydering van Van der Stel van die toneel, sy plaas Libertas genoem: Tas is weer vry!

Toe het ekspansie gekom, die trek na die binneland, moeilikhede met inboorlingstamme (veral Hottentotte) en die eensame en afgesonderde verblyf op afgeleë veeposte. Dit het hulle ’n gevoel van onafhanklikheid van die vaderlande gegee, sodat hulle teen die helfte van die agtiende eeu, ’n honderd jaar ná Van Riebeeck se aankoms, ’n aparte volk was, al het hulle hulself nog Hollandse koloniste genoem.

Namate die onafhanklike gees van die Hollandsprekende Afrikaner ontwikkel het, het hy al skerper vir sy eie identiteit in die bres getree. Henri Bibault het reeds in 1707 in die ou Stellenboschse meul uitgeroep: Ik wil niet loopen, ‘k ben een Africaander, al slaat den landdorst myn dood, of al setten hy myn in den tronk Ik sal nog wil niet swygen. Hy het dus reeds ’n aard ontwikkel wat wat net ’n skaduwee was van die oorspronklike: die oorspronklike was hy nie meer nie.

Teen die einde van die Hollandse periode in die 1790’s het Swellendam en Graaff-Reinet te kenne gegee dat hulle nie langer bereid is om onder die diktatoriale en liberale beheer van die Verenigde Oos-Indiese Kompanje (VOC) te staan nie. So is die eerste Boererepubliek reeds in 1795 in Swellendam en Graaff Reinet gestig as teenvoeter teen Hollandse oorheersing.

Met die eerste Britse besetting in 1795 is dit ook die eerste bekende geval van waar Hollandssprekende Afrikaners bereid was om hulle lewe te gee vir die ideaal waarvoor hul gestaan het. Adriaan van Jaarsveld en Marthinus Prinsloo, die leiers van die rebellie, was ook die aanvoerders van die stryd teen die Britse verowering van die Kaap. Albei is aangehou in die Kasteel. Hulle is ter dood veroordeel. Voor die voltrekking van die vonnis is hulle egter begenadig. Prinsloo het as vry man uitgestap, maar Van Jaarsveld is in die tronk dood voordat dit kon gebeur. Daar word vertel dat hy gesterf het as gevolg van ’n val in die tronk.

Tydens die Britse besetting in 1795 het die Kaapse Kerk ook sy band met die Kompanjie verbreek en het hy ’selfstandig’ geword. So is Suid-Afrika gebore as Blanke beskawing onder die beademing van die Calvinisme in 'n bloeityd. ’n Verdere vier gemeentes is in die Kaap gestig; Tulbagh (1743), Malmesbury (1745), Swellendam (1792) en Graaff-Reinet (1798). Die kerkorganisasie was gegrond op die Hollandse patroon. Twee eredienste is gewoonlik op Sondae gehou, met ’n biduur gedurende die week.

Die Bataafse bewind: De Mist (Vrymesselaar) voer godsdiensvryheid in en stel die Kaapse Kerk ondergeskik aan die staat

Die Bataafse bewind (1803-1806) het ten opsigte van die kerk verreikende hervormings deurgevoer. Destyds was die Nederduits Gereformeerde kerk die oorheersende kerk en op die platteland was dit die enigste. De Mist het met sy Kerkorde van Julie 1804 alle kerkgenootskappe wat ’n opperwese eerbiedig, gelyke beskerming onder die‘ wet verleen.Hy stel die kerk egter ondergeskik aan die staat en behou vir die regering die reg voor om leerstellings wat skadelik kan wees, teen te gaan. Omrede die Nederduits-Gereformeerde kerk die dominante kerk was, het die regering die predikante voorsien en besoldig, en die goewerneur moes verkose kerkraadslede goedkeur. Die konserwatiewe koloniste het nie van de Mist se liberale godsdiens-verdraagsaamheid gehou nie. Hierdie kerkorde van De Mist het, al is dit gewysig, van krag gebly tot 1842, toe dit vervang is deur ’n nuwe kerkorde, bekragtig deur Ordonnansie 7 van Goewerneur George Napie

Die tweede Britse besetting en die Groot Trek

Onder die tweede Britse bewind in 1806 met sy toenemende Engelse immigrante, was dit veral die burgerlike leefwyse wat aangetas is. Die gevestigde en byna uitsluitlik Calvinstiese bevolking, gewoond aan ’n eenvoudige lewe en sedige vorme van vermaak, kom nou te staan voor die Engelse kultuur, sport en vermaaklikheid. Om enkele sake te noem: perdewedrenne, met die daarby behorende dobbelspel en danse; toneelopvoerings wat aanvanklik deur persone van twyfelagtige reputasie aangebied is. Dit is gewoonlik die voorlopers van verval op godsdienstige terrein.Die Britse oorname van die Kaap het die Engelse kerklike lewe hierheen gebring. Dit het vinnig opgebloei en die koms van die Britse Setlaars in 1820 sou dit stimuleer. Voorop gaan die Anglikaanse kerk wat reeds tydens die Engelse bewind hul dienste in die Kasteel gehou het. In 1816 volg die Wesleyaanse (Metodiste) kerk, Baptiste in 1820, die Kongregasionaliste in 1822 en die Skots-Presbiteriaanse kerk in 1826.

Die NG Kerk verloor sy alleenseggenskap in die land. Met die Engelse amptenare en troepe het ook die Engelse predikante gekom — en juis hulle het vir die Hollandssprekende kerk hoofbrekings besorg. Van die Engelse predikante het byvoorbeeld geen probleme met die doop van ’n buite-egtelike kind gesien nie, terwyl dit nie die standpunt van die Hollandssprekende Kerke was nie. Sommige Engelse sendelinge het ook uit hoofde van hulle godsdiensoortuigings nie ’n probleem gehad met gemengde huwelike nie. Daarby het die Vrymesselary as ’n liberale beweging ook sterk veld gewen by die leidende figure in die militêre kringe, die politiek en die regsprofessie. Naas die Engelse invloed moet dit ook in berekening gebring word dat aan die einde van die 18de en die begin 19de eeu daar ’n merkbare spanning tussen die Kaapse Kerk en baie van sy lidmate ontstaan het. Dit is grootliks deur die politieke veranderinge teweeg gebring. Binne ’n verloop van elf jaar (1795-1806) het die land drie keer van regering verander.

Met hierdie meer permanente Britse okkupasie het die bedreiging van ’n beleid van verengelsing die 50 000 Hollandse koloniste woedend gemaak. Lord Charles Somerset het die verengelsingsbeleid probeer verwesenlik en ’n verengelsde onderwys en kerk was vir hom hierin hulpmiddels. Skotse predikante is vir Hollandse gemeentes aangestel. Ook Somerset se onderwysbeleid was gemik op ’n stelsel van vry Engelse skole vir Hollandssprekende kinders. In 1814 is die liberale evangeliese gesangbundel ook by die eredienste van die NG Kerk ingevoer. Die filantropiese gelykstellingsbeleid van die Britse owerheid het geen differensiasie geduld nie. Die totale situasie het heftige verset uitgelok. (Ons kan sien die gemelde situasie is byna soortgelyk aan die huidige politieke situasie in die land met die gelykstellingsbeginsel in die nuwe Grondwet, die multilaterale onderwys en die degradering van die gebruik van Afrikaans as taal.)

Die heftige verset teen die Britse owerheid het homself vergestalt in die Groot Trek. Die Grensboere kon later glad nie meer die beleid van die vreemde Britse oorheersers verduur nie, en hulle het in opstand gekom. Dit was egter ’n geweldlose rewolusie. Die Grensboere het vreedsaam hulle goedjies gepak en die binneland ingetrek. Daar was geen sprake daarvan dat hulle nader aan die owerheid beweeg het nie en het geweier om van hulle magsposisie afstand te doen nie. Ofskoon dit moeilik vasgestel kan word hoeveel Trekkers daar uit bepaalde streke gekom het — sommige historici stel die totale syfer van die Groot Trek op digby 10 000 siele — weet ons dat die oorgrote meerderheid uit daardie Oos- Kaaplandse distrikte afkomstig was, wat aan en naby die grens gelê het.

Die Trekboere se voornemens en besluit om die binneland in te trek, het onder die aandag van die Britse owerheid gekom, veral toe die gerug in 1834 die rondte begin doen dat die grensboere gaan emigreer, omdat hulle van wee allerlei beswarende omstandighede begerig was om onder die Britse owerheid uit te kom. Hierdie gerug het aanvanklik ontsteltenis in regeringskringe veroorsaak, maar in die owerheid se binnekringe is die versekering gegee dat die Trek net ’n tydelike gier was. Namate die omvang van die Trek toegeneem het, het dit die owerheid laat besef dat die Trek veel ernstiger is as wat aanvanklik vermoed is.

Die toedrag van sake het die owerheid handelend laat optree. Goewerneur George Napier het nou daarop aangedring dat die emigrante-boere vervolg word. “Die goewerneur wend hom in ’n publieke kennisgewing op 28 April 1838 onder andere tot die predikante en versoek hulle om ’deze rasernij van Emigratie’ te help stuit....Die volgende waarskuwing word in Junie 1838 in die Staats- koerant van die Oostelike Provmsie gepubliseer: ’Zijne Excellentie beschouwt het tevens als eenen pligt welke hij verschuldigd is aan Zijn Souverein, zoo wel als aan diegenen, die reeds zijn uitgetrokken of nog staan uittetreken, hem te melden, dat him uittogt naar de Binnelanden hen geenszins kan ontslaan van hunne verschuldigde getrouwheid als Britsche onderdanen, noch van hunne verantwoodelijkheid als zoodanige aan de in deze Kolonie vigerende wetten, zoo wel als aan de Regtbanken die deze wetten handhaven.’...Hierdie waarskuwing het gevolg nadat ’n proklamasie kort vantevore vrugteloos geblyk het. In hierdie proklamasie is ’n ernstige poging aangewend om die Trekkers te laat terugkeer, met mooi beloftes van amnestie, skadeloosstelling en herstel van griewe, indien hulle voor begin 1839 terug sou keer.

Die trek sou voortgaan, al die mooi woorde en beloftes ten spyt! Die publieke mening teen die hele beweging het heftig geword en die openbare pers het aangedring op die voëlvryverklaring van Retief en sy geselskap, indien hulle nie onmiddellik terugkeer na die Kaapkolonie nie, asook op ’n verbod teen die uitbetaling van eise aan die Voortrekkers vir skadevergoeding. Die owerheid se dreigemente om die Trek te probeer stuit en die deelnemers daaraan te straf, is vervat in ’n reeks proklamasies. Op 6 September 1838 verskyn die eerste waarin die uitreiking van buskruit aan die Trekkers gestrem word.

Hiermee nie tevrede nie, volg ’n ander strafmaatreël deur ‘n proklamasie ’n paar dae later, waarin die handel met die Boere in die noorde verbied word. In Oktober van dieselfde jaar word al die inwoners van die Kaapkolonie belet om die uitgewekenes in Natal te gaan help. Alles het niks gebaat nie. Soos begryp kan word in die lig van die hele bewegingsdrang, sou die Voortrekkers hulle aan die Britse owerheid en sy maatreëls nie steur nie en die Kaapkolonie as vroeëre tuiste vir goed agterlaat.

Die Kaapse Kerk, bedoelende die NG Kerk, was onsimpatiek teenoor die Groot Trek.

Toe die Groot Trek ’n aanvang geneem het, was daar merkbare houdingsveranderinge aanwesig. Daar was dadelik onderskeid gemaak tussen die gemeentelede binne die koloniale grense en diegene over de grenzen, ongeag of laasgenoemde trekboere of Voortrekkers was. Die Kaapse Kerk was egter teen die Trek gekant soos onder meer blyk uit ’n herderlike skrywe en waarskuwings deur predikante in dié verband. Geen Kaapse predikant was bereid om die Voortrekkers te vergesel nie. Van hulle kant het die Voortrekkers besef dat hulle hulle Engelse burgerregte prysgee en ’n nuwe staat stig waaronder ook die Voortrekkerkerk voortaan sou val.

Na wat onbevestig berig word, was die emigranteboere onder kerk sensuur geplaas. Hierdie optrede van sommige predikante is aangevuur deur ’n publieke kennisgewing van goewerneur Napier op 27 April 1838: ’His Excellency earnestly exhorts... Ministers of Religion and other Persons of sound views who cannot but foresee the inevitable result of the prevailing mania of Emigration, to endeavour by every means in their power, to dissuade intending Emigrants from the prosecution of plans which fail, sooner or later, to involve themselves, and their families, who are prepared to accompany them, in certain and irretrievable ruin.” Die Kaapse Kerk wou tog die emigrante-boere vermaan tot onderworpenheid aan die Britse owerheid. Die grondslag van die Kerk se optrede het daarin gelê dat hy nie vry was nie, maar dat hy gebonde was aan die staat. Die emigranteboere is toe deur die NG Kerk onder sensuur geplaas omdat hulle geëmigreer het. Daar was ook ’n klein groepie onder die Trekkers, wat as die Jerusalemgangers bekend was.

Die begin van die negentiende eeu was ’n tyd van groot omwentelinge en beroeringe op kerklike terrein waarin verskeie groepe van die hoofkerk (die gevestigde godsdiens) afgesplits het. Die Kerk het hierdie groepe sektes genoem omdat die Kerk nie daardie mense se godsdiensopvattings erken het nie. Onder hulle was daar diegene, besiel met chiliastiese (wat op die leër van die duisendjarige vrederyk op aarde betrekking het) neigings, wat ’n bedevaart na Jerusalem beplan het.

In hulle leer van die Duisendjarige Vrederyk het hierdie stad, waaroor die Bybel heerlike en wonderlike dinge skryf (onder andere Psalm 48 en 122), ’n permanente en belangrike posisie verkry, want dit sou daar wees, waar die Messias weer eenmaal sigbaar op aarde sou heers. Hulle was Messiaans.

Vergelyk Van der Walt, PB. 1977. Supra, p.28: Van diegene was daar ook in die oorde vanwaar die Groot Trek ’n aanvang geneem het. Ja, die stad Jerusalem het ’n klein groepie Voortrekkers bekoor en die doelwit geword wat hulle uiteindelik met hulle trekkery wou bereik. Die bekende dr.W. Robertson, vertel dat hy as predikant van Swellendam sommige van die voornemende Trekkers besoek het.

Daar was ’n groot opgewondenheid onder baie van hulle. Hulle het talle redes vir die Groot Trek gegee, maar insiggewend voeg die leraar toe dat baie mense verlei is om te glo dat dit uitdruklik voorspel is deur die profeet Joël — en ook in Matt. 24 — dat hulle moet vlug na ’n ander land, en dat hul emigrasie dus noodsaaklik is vir die vervulling van hierdie Skrifgedeeltes.

Dit is hierdie profeet wat herinner aan die verowering van die land deur ”’n sterk en ontelbare nasie", van sprinkane en droogtes — maar ook van die oorvloedige nyd wat wag, “want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees” (Joël 2:32). Hierdie groepie, die Jerusalemgangers, het in die Groot Trek iets meer gesien as net ’n volksbeweging — vir hulle was dit as’t ware ’n godsdienstige bedevaart om die beloofde land te gaan vind.

Hulle het egter geen deurslaggewende invloed uitgeoefen op die trekbeweging en die Voortrekkers se verhouding tot die Ned. Geref. Kerk nie. Wanneer hulle in die teenwoordige noordelike provinsies aanland, dan leef daar nog jare by sommige van hulle die gedagte van ’n verdere trek. Veral hul leier, John Adams Enslin, het die ideaal lewend gehou. In die somer van 1815 en die voIgende jaar het die koors hewig gewoed en ook Enslin en 'n paar ander uit sy gevolg het daaraan beswyk, waardeur die getal aanmerklik verswak is.

Met die stigting van die Gereformeerde Kerk in 1859 het die oorblywende lede van die Jerusalemgangers hulle by hierdie kerk aangesluit. As groepie het die Jerusalemgangers dus mettertyd heeltemal verdwyn en in byna vergete in ons geskiedenis. A1 wat nog aan hulle herinner is die naam ’Enslinsburg’ in die Zeerustdistrik en dan natuurlik die dorpnaam Nylstroom, wat hulle in hul omswerwinge op die beoogde reis na Jerusalem verkeerdelik as die oorsprong van die Nylrivier aangesien het!

Onder die Trekkers was daar groot onenigheid oor die trekrigtings. Daar was twee hoofdenkrigtings onder die Trekkers. Piet Retief (en Gerrit Maritz) het geglo dat vryheid deur onderhandeling met die Britte en die Zoeloevolk van Natal verkry kon word. Die meer versiende Hendrik Potgieter het weer geglo dat daar so ver as moontlik van die Britte weggetrek moes word en veral na gebiede waar daar nie swart besetting was nie. Retief het gesê: ’Natal toe’. Potgieter het gesê: ’Transvaal en Vrystaat toe’. Die rede daarvoor was dat die Engelse reeds in Natal was, en dat Potgieter nie die gevaar wou loop om weer onder die Engelse hiel te beland nie. Hulle het die vreemde ingetrek en daar hulle eie owerhede tot stand gebring.

Dit was in teenstelling met die emigranteboere, wat die Oranjerivier oorgesteek het, dat ’n groep mense onder leiding van Michiel Oberholster vrywillig Britse onderdane gebly het en hulle lojaliteit aan die Kaapse owerheid bely het. Toe die emigranteboere later onafhanklikheid in ’n republiek noord van die Oranjerivier verkry het, was die grootste probleem wat hulle ondervind het, die houding van hierdie lojaliste wat geen vryheidstrewe gehad het nie — en veral hulle lojaliteit aan die Kaapse Kerke.

Natalia word die eerste onafhanklike Boererepubliek, die Slag van Bloedrivier en die geboorte van die Boerevolk

"Retief en sy mense het in 1837 na Natal getrek en met die Zoeloekoning onderhandel om grond van hom te koop. Dingaan het die gebied tussen Tugela en Umzimvubu aan hulle afgestaan op voorwaarde dat hulle etlike duisende beeste wat ’n ander swart koning, Sekonjella, van hom gesteel het, terugbesorg. In Februarie 1837 Is 'n kerkraad in Natal aangestel. Omdat hulle geen predikante van die Kaap kon kry nie, het die Voortrekkers van die diens van sendelinge, Erasmus Smit (1837-1840) en Daniel Lindley (1841-46) gebruik gemaak. Retief het dit gedoen (hy het Dingaan se voorwaarde nagekom) en die grond ... is aan hom toegeken.

"Dingaan, wat deur die Britte opgesteek was, en wel by monde van ’n (Britse) sendeling Owen wat in sy hoofstad gewoon het, het nie sy woord gehou nie en Retief en sy lyfwag van 70 man vermoor nadat hulle tydens ’n ’partytjie’ onthaal is. Daarna het hy sy soldate uitgestuur en ons Boere laat vermoor waar hy hulle ook al kon vind.”

Die Groot Trek het gelei tot een van die grootste wonders in die Boeregeskiedenis, die Slag van Bloedrivier en die Gelofte wat in Desember 1838 afgelê is. Andries Pretorius is uit Graaff-Reinet ontbied en as kommandant-generaal het hy met sy Wenkommando ’n Zoeloemag van ’n hele paar duisend krygers met die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 verslaan. Die veldtog en strategie is nie alleen goed beplan nie, maar in die volle geloof in God onderneem.

Die Trekkers, die nasate van die volksplanting het op aansporing van Pretorius en Sarel Cilliers op 9 Desember 1838 ’n plegtige gelofte afgelê. Hulle het hulle, sonder die Kerk, onlosmaaklik aan die Drie-enige Verbondsgod verbind om ’n huis in sy Naam op te rig, indien God aan hulle die oorwinning sou besorg; ook sou hulle die dag aan die nageslag bekend maak sodat dit tot sy Eer gevier kan word. Hulle het beloof om ’n Huis te stig, om ’n Volk te vestig, ter gedagtenis van sy groot Naam.

Die gelofte was nie ligtelik afgelê nie. Die gelofte is sewe dae na mekaar (‘n eed wat sewe maal herhaal word, is bindend voor God) herhaal.

Die Gelofte lees soos volg:

Mijne broeders en mede landsgenoten, hier staan wij tans op een ogenblik voor een heilige God van hemel en aarde om een belofte aan hem te beloven, als Hij Zijn bescherming met ons zal wezen, en onze vijand in onze handen zal geven, dat wij hem overwinnen, dat wij die dag en datum elke jaar als een verjaardag en een dankdag zoals een Sabbat in Zijn eer zal doorbrengen en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zal, waar het Hem zou behagen en dat wij het ook aan onze kinderen zal zeggen, dat zij met ons er in moeten delen, tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten, want de eer van Zijn Naam zal daardoor verheerlikt worden, dat de roem en eer van overwinning aan Hem zal worden gegeven. Amen.

Die Trekkeroorwinning oor Dingaan het nie alleen die Trekkers ooreenkomstig die Retief-Dingaan traktaak ’n regmatige aanspraak op Natal gegee nie, maar het ook nuwe momentum verleen aan die Groot Trek.

Die swaartepunt van die Trek was nou sterk na Natal. Hier is die eerste Boererepubliek, die Republiek Natalia, gestig. Dit was egter van korte duur. In 1843 is Natal weens die ontdekking van steenkool, deur die Britte geannekseer en dit het aanleiding gegee tot ’n nuwe emigrasie, weg van die Britse invloed af. Teen 1848 het die meeste Trekkers die gebied reeds verlaat en Natal het ’n kolonie van Engelse immigrante geword. Na die Engelse anneksasie van Natal het die Natalse Kerk by die Kaapse Kerk ingeskakel. Ons sien hier dat die Kaapse Kerk weereens die Engelse spoor volg en nie die Boere s’n nie.

Die Boererepublieke van Transvaal en Vrystaat

Die eerste Trekkers het reeds in 1833 die Vrystaat (Transoranje — die trek oor die Oranjerivier) en Transvaal (Transvalia — die trek oor die Vaalrivier) binnegekom. Die Transvaal was feitlik geheel onbeset. Vanuit Natal het Moselekatse, ’n verloopte Zoeloehoof, van tyd tot tyd strooptogte uitgevoer en die bietjie swart stamme wat daar was, totaal uitgeroei.

Moselekatse het ook tydelike krale opgerig op die Botswanagrens in die Marico-omgewing. Hiervandaan het hy ook strooptogte na Botswana onderneem — die wêreld dus daar skoon gevee. Toe Moselekatse vir Hendrik Potgieter by Vegkop aangeval het op 16 Oktober 1836, het Potgieter, die Boereleier wat nooit neerlae gely het en nooit foute gemaak het nie, die eerste van sy reeks skitterende oorwinnings as Trekkerleier behaal. MoseIekatse was afgeslaan maar nie verslaan nie, daarvoor was Potgieter se mag te klein. Hy het op 17 Januarie 1837 in samewerking met Gerrit Maritz vir Moselekatse by Mosega in die omgewing van Zeerust gaan aanpak en hom ’n deeglike loesing gegee.

Moselekatse het verder gevlug en sy statte noord van Marico gevestig. Alhoewel Potgieter die Matabele’s oortuigend by Mosega verslaan het, was hy bewus daarvan dat Moselekatse se mag nog nie gebreek was nie. Hy het met die hulp van Pieter Uys ’n vegkommando van 330 man op die been gebring en vir Moselekatse in ’n epiese negegedaagse slag by Kapain totaal verslaan en skoon uit Transvaal verdryf. Die Matabele’s het so ver as Bulowayo in Zimbabwe gevlug waar hulle vandag nog is....

"Dit dien genoem te word dat Moselekatse hom laat beïnvloed het deur die Britse sendeling Moffat en Livingstone wat wapens na hom gesmokkel het en hom teen ons Boere opgemaak het.”

Na die trek vestig die Boere hulle uiteindelik in die Oranje-Vrystaat en Transvaal. Na die Engelse anneksasie van Natal het die meeste Boere toe oor die Drakensberg getrek en hulle in Transvaal en die Vrystaat gevestig. Maar weereens volg die Britse gesag met ’n klomp Vrymesselaars die Boere. In 1848 word die Vrystaat deur Brittanje geannekseer. Die gevolg is dat baie Voortrekkers na Transvaal verhuis het. Die Vrystaat is na die anneksasie in die Kaapse kerklike verband opgeneem en het hulle Kaapse predikante soos Andrew Murray, Van Velden, Van Broekhuizen, Louw en andere gekry.

In 1838 is die eerste dorp noord van die Vaalrivier, Potchefstroom, aangelê. Dadelik is ’n kollektelys vir die bou van ’n kerk geopen en in Februarie 1842 het die onafhanklike Volksraad die eerste kerkraad vir die Potchefstroomgemeente aangestel.

Die Zuid-Afrikaansche Republiek (Z.A.R.) het in 1852 tot stand gekom en die Vrystaatse Republiek in 1854. Brittanje het tog die onafhanklikheid van die twee Boererepublieke erken. Die ontstaan van die Boererepublieke was ’n resultaat van die Groot Trek. Oplaas het die Voortrekkers hulle ideaal verwesenlik: hulle het nou hul eie grondgebied gehad, waar hulle hul eie wette kon maak en die land kon bestuur volgens hul eie gewoontes en oortuiginge. Die belangrikste vir hulle was dat hulle die Engelse juk afgeskud het. Alhoewel die Boererepublieke politieke onafhanklikheid gehad het, maar ook die Transvaal se lot sou word.

Liberalisme en die onderhorigheid aan die Engelse owerheid van die Nederduits Gereformeerde Kerk het tot driespalt gelei — die drie Susterskerke.

Ná die beëindiging van staatsbeheer oor die NG Kerk in 1843, moes die Kerk kwaai aanslae van die liberalisme verduur terselfdertyd het omstandighede in die Noorde aanleiding gegee tot die versplintering van die Hollands/- Alrikaanse Kerk en die stigting van die Nederduits Hervormde Kerk (1853) en die Gereformeerde Kerk (1859). ’n Saak wat die onafhanklikheidstrewe van die Transvalers in ’n helder lig stel, was die verhouding tot die Kaapse kerk (bedoelende die NG Kerk). Dit raak terselfdertyd die konstitusionele ontwikkeling en die eenheidstrewe van M.W. Pretorius, en is sodoende eerder ‘n staatkundige as ’n suiwere kerklike aangeleentheid. Die moeilikheid wortel in die toestande wat reeds gedurende die Trek geheers het. (Die NG Kerk het nie saam met die Boere na die Noorde getrek met aanvang van die Groot Trek nie).

Die belangstelling van die Kaapse Sinode in die uitgewekenes het wel na 1845 toegeneem. Ds. Andrew Murray het hom in Bloemfontein en ds. D. van Velden in Winburg gevestig na die anneksasie van Transoranje. Maar die Voortrekkers noord van die Vaal was nog sonder predikant, en is alleen af en toe op besoeke uit Bloemfontein deur ds. Murray bearbei. In 1852 het die Transvalers met ds. J.H. Neethling, wat aldaar op reis was, onderhandel met die oog op die verkryging van ’n leraar. (Tot en met 1852 was daar nog geen predikant permanent in Transvaal nie.) As voorwaarde het hy aangedring op die inlywing van die Transvaalse gemeentes onder die Kaapse Sinodes, en die kerkvergadering sowel as die Volksraad het ingewillig. In Oktober 1852 het die Kaapse Sinode die versoek om inlywing toegestaan; en juis die volgende maand is ds. Dirk van der Hoff, uit Nederland gestuur deur bemiddeling van prof. U.G. Lauts, 'n vriend van die Voortrekkers gestuur. In Kaapstad is Van der Hoff gelegitimeer as predikant en in 1853 het hy in Transvaal aangekom.

Na sy aankoms is die hele inlywingsvraagstuk heropen, want baie Transvalers, veral die aanhangers van Pretorius, het, uit vrees vir Engelse geestelike invloed en ondermyning van die Vryheid van die Republiek, die voorkeur gegee aan ’n selfstandige kerk. In Augustus 1853 het die Algemene Kerkvergadering in Rustenburg byeengekom onder voorsitterskap van ds. Van der Hoff. Daar is besluit dat geen ander kerk as die Nederduits Hervormde in die Republiek erken sou word nie, en dat die kerk onafhanklik is van alle buitelandse gesag — met ander woorde, dat inlywing by die Kaapse kerk verwerp word. Uit hierdie besluite het ’n kerklike twis voortgespruit wat ook beroering op staatkundige gebied sou veroorsaak. (Hierdie gebeure herinner nogal aan die Rustenburg-beraad van 1990.)

Ds. Van der Hoff, wat weinig taktvol opgetree het, het spoedig in ’n rusie geraak met die kerkraad van Lydenburg, waar Smellekamp hom gevestig en baie invloed gehad het. Hy het hom daar beywer om ’n tweede predikant uit Nederland te kry. Van der Hoff het hom beskuldig van kwaadwilligheid en Smellekamp is voor die Volksraad van Rustenburg gedaag en swaar beboet. Toe hy nie betaal nie, is hy deur die Volksraad, waarin die aanhangers van Pretorius die meerderheid gehad het, uit die Republiek verban. Sy verbintenis met die Transvalers is op kleinlike wyse beëindig deur die staatsowerheid, wat in hierdie saak opgetree het as handIanger van Van der Hoff. Die onmiddellike gevolg was verdeeldheid en skeuring, nie alleen kerklik nie, maar ook staatkundig.

Op 31 Augustus 1855 het die kerkraad van Lydenburg met ds. Van der Hoff gebreek en besluit om met die Kaapse Sinode te onderhandel met die oog inlywing van die gemeente. Die Kommissieraad van die Volksraad op Lydenburg het sy goedkeuring hier aan geheg, en die kerklike skeuring was ’n voldonge feit. Die hele aangeleentheid het niks goeds voorspel vir M.W. Pretorius se pogings om eenheid op staatkundige gebied te skep nie.

Die kerklike verdeeldheid het nog ernstiger afmetings aangeneem toe in 1859 ’n derde Hollandse kerk gestig is. Die Christelike Gereformeerde Kerk van Nederland het ds. Dirk Postma in 1858 uitgestuur om ondersoek in te stel na die geestelike nood in Transvaal en na sy bevinding van sake te handel. Besware teen die sing van liedere uit die evangeliese gesangebundel by openbare erediens was die groot dryfveer agter hierdie sending.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1508 gaste aanlyn