Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is net een ding waarvoor ons bang moet wees: sonde. Die res is onbelangrik. "Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die HERE jou God, is by jou oral waar jy gaan". Jos 1:9
VOLKSVERRAAD (30)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
Die Nasionale Party het ook van een probleem na die volgende rondgestrompel. Inderwaarheid het die Nasionale Party beheer oor die bestuur van die land verloor en was die werklike mag agter die skerms in die hande van die Regering se Staatsveiligheidsraad. Die Staatsveiligheidsraad, waarin Pik Botha die sterkste hand gehad het, het selfs die sakelys vir die kabinet bepaal. Daar was 'n aantal ministers op hierdie raad verteenwoordig, waaronder Pik Botha, Magnus Malan en Adriaan Vlok. Inderdaad was dit die Verligte Aksie-beweging wat in hierdie tyd die pad oopgehou het vir onderhandeling met die verbanne ANC en sy leiers wat nog in aanhouding of buite die landsgrense was.
DIE NASIONALE INTELLIGENSIE WORD DIE SLEUTELFAKTOR OM DIE WEG VIR ONDERHANDELEVG-SPOLITIEK TE BAAN
Die Nasionale Inteiligensiediens het 'n sleutelrol agter die skerms vervul om die terrein voor te berei vir die onderhandelingsproses wat uiteindelik tot die Konvensie vir 'n Demokratiese Suid-Afrika (Kodesa) gelei het. Hoogs geheime gesprekke is met Nelson Mandela oor 'n lang tydperk in die tronk gevoer. Neil Barnard het aan Beeld van 18 Februarie 1992 gesê: "In die lig van die Nasionale Intelligensiediens se benadering dat die land se probleme net opgelos kon word indien die politieke probleme besweer word, het ons van omstreeks 1987/1988 al hoe sterker begin besef dat ons aandag moet gee aan mnr. Nelson Mandela en ander lede van die Rivonia-groep wat toe nog in aanhouding was. Die vraag is geopper of dit moontlik sou wees om tot 'n politieke vergelyk te kom terwyl die mense nog in aanhouding was. So het dit gekom dat ons sanksie van die Regering gekry het om in gesprekke met mnr. Mandela te probeer vasstel of hy 'n rol kon speel om 'n politieke skikking in die land teweeg te bring. 'n Span van vier amptenare is vir die taak aangewys. Hulle was mnr. Fanie van der Merwe van die Departement van Staatkundige Ontwikkeling en Beplanning, genl. Willie Willemse, hoof van Gevangenisse, mnr. Mike Louw van die Nasionale Inteiligensiediens en ekself. Sedert Mei 1988 het ons vier by talle geleenthede urelange gesprekke met mnr. Mandela gevoer, eers in die Pollsmoorgevangenis en later by Victor Verster. Dit was geen politieke debat nie, maar het gegaan oor 'n poging van kundige mense om te bepaal hoe werk mnr. Mandela se kop. Drie temas is in die verband deurdie span gehanteer.
"Eerstens moes ons vasstel of hy werklik in 'n vreedsame oplossing belangstel en of hy die land se probleme met geweld wou oplos. By verskeie geleenthede het hy erken dat die ANC nie oor die militêre vermoë beskik om die regering in 'n hoek te dwing nie. Sy posisie was dus anders as wat in Zimbabwe en in die ou Portugese kolonies gebeur het. Wat dus nou in Suid-Afrika gebeur, was 'n wilsbesluit aan die kant van die Regering. Sonder dat hy met die rug teen die muur was, het die Regering besluit om polities die inisiatief te neem.
" 'n Tweede kwessie wat die span moes hanteer, was mnr. Mandela se ideologiese denke, en veral of hy 'n Kommunis is of nie. Mnr. Mandela het konsekwent gesê hy is persoonlik nie 'n Kommunis nie, maar dat daar sekere elemente in die Kommunistiese ideologie is wat vir hom aantreklik is. Hy het ook daarop gewys dat toe die ANC met sy stryd begin het, het die Kommunistiese Party hom hulp aangebied en het sedertdien nou met hom saamgewerk.
" 'n Derde saak wat in die gesprekke geopper is, was mnr. Mandela se siening van die politieke toekoms vir die land. Het hy Suid-Afrika absoluut net beskou as 'n staat waarin een mens, een stem sou geld, of het hy ook 'n plek vir minderheidsgroepe voorsien? In daardie tydperk het hy altyd die standpunt ingeneem van een onverdeelde Suid-Afrika waarin daar nie plek vir outonome state sou wees nie. Hy het egter begrip gehad dat daar verskillende groepe in die land is, dat voorsiening daarvoor in die konstitusionele bedeling gemaak moes word en dat die vrese van die groepe besweer moes word."
"By geleenthede het ons aan mnr. Mandela gesê dat die gesprek aan die gang is, maar daar is ook ANC-mense in die buiteland met wie ons wou gesels. Hy was agterdogtig en gekant teen die gedagte. Ons het lank oor die saak geredeneer. Sy standpunt was dat ons nie deur twee kanale moes praat nie. Hy moes eers vrygelaat word, waarna hy self aandag aan die saak sou gee. Hoe ook al, later is besluit dat ons met die plan sou voortgaan. So het dit gebeur dat die eerste gesprek op 'n bepaalde manier wat ek nie nou wil identifiseer nie, êrens in Europa plaasgevind het. Teenwoordig was sowel senior lede van die Nasionale Intelligensiediens (Mike Louw en Maritz Spaarwater) as die ANC. Die span van die Nasionele Intelligensiediens het teruggekom en verslag oor die gesprek gedoen. Nog twee soortgelyke besoeke het plaasgevind."
PIK BOTHA MISBRUIK SY POSISIE BY DIE STAATS-VEILIGHEIDSRAAD OM SUID-AFRIKA TE BETREK BY ONDERHANDELINGSPOLITIEK OOR DIE ANGOLESE EN SUIDWES-KWESSIES
Pik Botha misbruik gedurende 1988 in die Staatsveiligheidsraad die Angolese Burgeroorlog om die Regering se detente-beleid voort te sit en die sogenaamde Suidwes-Afrika kwessie af te handel. Tienie Groenewald was die groot dryfveer agter die skerms. Dit was duidelik sigbaar dat die Verligte Aksie-beweging' n agenda gevolg het om die oorsake/redes agterliggend tot die Totale Strategie te neutraliseer. Hulle het gevolglik hulle oog op 'n klimaat vir onderhandelingspolitiek gehad wat eers in Suidelike Afrika-verband moes realiseer wat uiteindelik sou lei tot onderhandelingspolitiek in Suid-Afrika. Gesprekke met die ANC was toe reeds aan die gang om onderhandelingspolitiek in Suid-Afrika in te lei. Dit sou fataal wees om onderhandelingspolitiek in Suid-Afrika te implimenteer, terwyl die Suidwes- en die Angola-kwessies nie besweer is nie. In 'n onderhandelingsproses sou die twee kwessies vir die ANC sterk hefbome gegee het, indien dit nie besweer sou gewees het nie.
Jonas Savimbi van Unita het op die stadium meer gereeld in Suid-Afrika besoek kom aflê, die Suid-Afrikaanse Weermag het ook 'n pro-Savimbi/Unita-agenda gevolg ooreenkomstig die Totale Strategie. Ondervinding het reeds uitgewys dat die Republiek se Angola Strategie fataal is, naamlik om toe te sien dat Unita die regering van Angola moes oorneem. Unita het nie oor die vermoë beskik om die Angolese hoofstad, Luanda oor te neem nie. Dit het Pik Botha van die Departement van Buitelandse Sake en dr. Neil Barnard van die Nasionale Intelligensiediens geweet. Die Suid-Afrikaanse Weermag het met die goedkeuring van die Staatsveiligheidsraad vir oulaas 'n intensiewe poging geloods om te kyk of hulle met geweld die Angola-kwessie kon bylê. Die Weermag het met Krygkor se mees moderne wapentuie in Angola ingetrek en die staat se burgeroorlog is as toetsveld gebruik. Die prestasie van die wapentuie tydens die gebruik daarvan in die vermelde oorlog is as bemarkingsmateriaal aangewend in die buiteland. Dit het geskied met Groenewald en Pik Botha se medewete en die besef dat indien dit sou realiseer, sal:
die Sowjetblok terugantwoord met moderne wapentuie;
die Kubaanse getalle verhoog word, en
dit die nodige klimaat skep vir onderhandeling, wat sou lei tot die oorgawe van Suidwes-Afrika en sal eindig met die totale oorgawe van Suid-Afrika.
Die Suid-Afrikaanse Weermag het met die G5-kanonne in Angola ingetrek. Die Weermag behaal aanvanklik heelwat sukses. Die nuus word die wêreld ingestuur oor die ongelooflike vermoë van die G5-kannonne. Die uiteinde is dat Kuba spoedig versterkings na Angola stuur. Kuba verhoog sy bestaande soldategetal van 30 000 na 50 000. Daarby het die Kubane ook met hulle mees moderne wapentuie in Angola aangekom. Dit word toe 'n gesofistikeerde oorlog en het meegebring dat die militêre koste van die SA Weermag se oorgrensoptrede die uitvoerverdienste van Krygkor se wapentuie oorskry het. Die militêre koste van die SA Weermag het vanaf Rl miljoen per dag tot die buitensporige vlak van R10 miljoen per dag toeneem.
Dit baan finaal die weg vir die Republiek om te onderhandel met SWAPO, die MPLA-regering van Angola, Kuba en die Sowjet Unie oor die onafhanklikheid van Suidwes-Afrika en die buitelandse invloed in die Angolese burgeroorlog. Aan die Suid-Afrikaanse kant was Pik Botha ook een van die voorste orkestreerders in hierdie proses wat Suidwes -Afrika tot 'n onafhanklike Namibië sou lei.
In Mei 1988 het die Amerikaanse adjunk-minister vir Afrika-sake, Chester Crocker daarin geslaag om verteenwoordigers van Suid-Afrika, Angola en Kuba in Londen, Brittanje saam te trek om die Suidwes- en Angolese kwessie te bespreek. Crocker het druk op die partye geplaas om in beginsel tot 'n vergelyk te kom oor die onafhanklikheid van Suidwes-Afrika en die onttrekking van die Kubane uit Angola. Twee ooreenkomste is in Desember1988 gesluit:
"One, a bilateral treaty between Angola and Cuba, agreed that the 50 000 Cubansoldiers would be withdrawn from Angola in phases: 300 beforeApri11989 (the implementation date of Resolution 435); 25 000 before November 1989 (election day in South West Africa); and 50 000 beforeJuly 1991. It was also agreed that the Cubans in Angola would be moved northwards: to the 15th parallel of south latitude by August 1989, and the 13th parallel by November 1989. The other treaty was trilateral, between South Africa, Angola and Cuba, in which the parties undertook to bring about South West African to independence by implementing Resolution 435 on 1 April 1989. "
Vervolg...