Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hulle wat nie met hul daaglikse brood alleen tevrede is nie maar met 'n onbeteuelde hebsug na grenslose besittings jaag, en dan nietemin God met bede aanroep vir hul daaglikse brood, doen niks anders nie as om Hom te bespot. Want om te bid vir dinge wat hulle eintlik verfoei – die eenvoudige daaglikse brood – is huigelagtig.
VOLKSVERRAAD (25)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
1983-REFERENDUM BEVEILIG DIE REGERING SE POLITIEKE HERVORMING
Die Regering het geweet dat hy 'n gunstige reaksie op sy konstitusionele hervormings sou kry. P.W. Botha het op 10 Mei 1983 'n referendum aangekondig om die Nasionale Party se nuwe Grondwetlike voorstelle te toets, wat voorsiening maak vir 'n driekamer-parlementêre stelsel. Hoekom die referendum, as die Regering dan reeds sy nuwe konstitusionele voorstelle in die Algemene Verkiesing van 1977 getoets het? P.W. Botha moes dit doen om 'n algemene verkiesing af te weer!
Hierdie referendum word later uitgestel na 2 November 1983. Die Nasionale Party het egter byna in 'n dilemma beland toe dr. Van Zyl Slabbert van die PFP by sy mense aanbeveel het om Nee te stem,
aangesien die nuwe grondwet nie naastenby ver genoeg gegaan het nie, en bowendien ook die Swartes uit die konstitusionele bestel uitgesluit het. Hy het wel 'n mate van steun vir sy standpunt geniet, maar die oorgrote meerderheid PFP's het gereken dat dit 'n substansiële toegewing is om 'n veelrassige politieke bestel in Suid-Afrika te vestig, en hulle het op eie houtjie besluit om Ja te stem. Ten spyte van die gevoeJ wat daar tussen die HNP en die KP bestaan het, het Jaap Marais aan sy party die opsie gestel dat daar samewerking kon wees. Die HNP was wys genoeg om 'n samevoeging van besture met die KP te vermy — elke party het sy eie veldtog geloods, en elke party het sy eie identiteit gehandhaaf. Met 66,3 persent meerderheid stemme ten gunste van die voorstelle, het die Regering in 1983 'n nuwe grondwet aanvaar.By implikasie beteken die uitslag van die referendum dat die Blankes na die Stembus gegaan het en met 'n twee- derdemeerderheid afstand gedoen het van hulle soewereiniteit. Hulle het 'vrywilliglik' oorgegee aan 'n bestel waar hulle mede-regeer sou word deur Indiërs en Kleurlinge. 'n Nuwe Grondwet met die Presidentsamp ook as uitvoerende staatshoof, en die stigting van die Konserwatiewe Party, was geskoei op Samuel Huntington se voorwaardes vir politieke hervorming: 'n hoë konsentrasie van politieke mag, sodat slegs enkele medewerkers weet wat die doel van elke maatreël is wat vorentoe geïmplimenteer sou word en slegs 'n politikus met byna diktoriale magte daarmee sou slaag.
Met hierdie referendum het die Regering hom ingebind in, soos Samuel Huntington dit self gestel het: "The increasing strength and activities of the HNP, AWB and other groups opposed to change, on the one hand, and of the PFP and blackgroups, on the other, would appear to place the South African government in a classic reform position." (Hierdie insiggewende artikel is in 1981 geskrywe en die KP was toe nog nie gestig is nie). Vervolgens sê Huntington dat: "Social and economic reform is normally facilitated by a relatively high concentration of power in the political system. Meaningful land reforms, for instance, are almost never enacted by democratically elected parliaments; they are imposed by some undemocratic source of authority. Competitive democratic politics does normally, on the other hand, encourage the mobilization of new groups into politics.
"In the case of South Africa, however, limited uniracial democracy may well serve to obstruct such incorporation, since the lines of exclusion are so clear, the history of the exclusion is so fraught with symbolism, and the consequences of ending that exclusion so frightening to many white voters. What is involved is clearly something that arouses much more intense feelings than the gradual incorporation of the middle classes and working classes into European politics in the nineteenth century. In addition, competitive democratic politics often encourages appeals to communal biases and racial prejudices.
"Political institutions which encourage the participation of the Masses in the recruitment of leaders, as Melson and Wolpe summed up the conclusions of their own as well as other studies, tend to further politicize and intensify communal conflicts.
"Consequently, it is not inconceivable that narrowing the scope of political participation may be indispensable to eventually broadening that participation. The argument that it will be necessary to replace 'entrenched white democracy' with enlightened despotism and the increased rote of the State Security Council, the enhanced decision-making powers of cabinet committees, and the expansion of the role of the Prime Minister's office, are perhaps evidence of a tendency in this direction."
NKOMATI-VERDRAG AS DIE EERSTE TREE TOT OORGAWE
Die eerste manifestasie van die afwyking in P.W.Botha se militêre opsie vir staatsveiligheid, vind plaas in Maart 1984 by die sluiting van die Nkomati-verdrag tussen Suid-Afrika en Mosambiek - die eerste tree van die herimplimentering van die detente-beleid waarin Pik Botha van die Departement van Buitelandse Sake en Neil Barnard van die Nasionale Intelligensiediens 'n sterk hand gehad het. Die Nasionale Intelligensiediens is opdrag gegee om Afdeling Militêre Inligting se verbintenis met die Mosambiek se weerstandsbeweging, Renamo, te monitor. Die Staatsveiligheidsraad wou verdere wapenlewering aan Renamo stop.
Hierdie eerste tree van detente sou later lei tot die onafhanklikwording van Namibië in 1989 en die instelling van 'n Regering van Nasionale Eenheid vir die Republiek na die Algemene Verkiesing in April 1994. Neil Barnard vertel aan Beeld van 17 Februarie 1992 dat hy teenwoordig was by die meeste gesprekke wat die ondertekening van die Nkomati-verdrag voorafgegaan het. Van die eerste gesprekke was in Mbabane, Swaziland. Pik Botha, Magnus Malan en Louis le Grange was die Suid-Afrikaanse ministers wat die onderhandelinge namens die Regering gevoer het. Die Nasionale Intelligensiediens was ook ten nouste betrokke omdat die Diens sterk geglo het dat die beleid van destabilisasie van die buurlande op die duur nie haalbaar sou wees nie. "By die gesprekvoering rondom Nkomati het ek geweldig baie geleer van 'n man soos mnr. Pik Botha. Ek het 'n hoë waardering ontwikkel vir sy manier van doen. Min mense weet by hoeveel geleenthede hy meedoënloos agter die skerms die sake van Suid-Afrika verdedig en beskerm het, " was Neil Barnard se kommentaar.
'n Afvaardiging van die Konserwatiewe Party bestaande uit Tom Langley en Casper Uys het hierdie eerste tree saam met Pik Botha en Neil Barnard gestap toe hulle die sluiting van die Nkomati-verdrag bygewoon het. Hoewel die SA Weermag met militêre operasies in die frontliniestate besig was om hulle by wyse van ekonomiese destabilisasie te dwing om met Suid-Afrika saam te werk, het bepaalde generaals die rigting van die Staatsveiligheidsraad se detente-benadering ondersteun, waaronder die Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag, Constand Viljoen en die voorsitter van die Staatsveiligheidsraad se Tak Nasionale Vertolking, Tienie Groenewaid. Selfs die Direkteur-Generaal van Vervoer, het begin te velde trek teen die Weermag se betrokkenheid in aggresiewe oorgrensoptrede. Detente kry sonder meer 'n nuwe momentum— ook in die Afrikaner Broederbond.
Vervolg...