11 OKTOBER 2022

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Gelowige volksleiers word deur die mag van die liefde en nie deur die liefde vir mag gedryf nie.   Hulle grootheid word nie van kop tot tone gemeet nie, maar met ‘n maatband van die liefde om hul hart.   ‘n Liefde vir mag loop al te dikwels op magsmisbruik uit.   Vir baie het die plaaslike vryheidstryd nie om die bevryding van volksgenote gegaan nie, maar om despotiese mag te bekom.