26 OKTOBER 2023

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoewel 'n mens in gebed enigiets van God kan vra, benadruk Johannes in 1 Joh 5 dat diegene wat iets in ooreenstemming met God se wil vra, daarop kan reken dat God dit wil en sal gee. Gebed is nie 'n manier om God se gedagtes te verander  (en Hom dus te manipuleer om jou wense uit te voer) nie. Om volgens God se wil te bid is ook nie 'n towerformule om te kry wat jy wil hê nie. Gebed is juis om jóú planne en ideale in ooreenstemming te bring met God s'n.