PRAAT ASSEBLIEF!

KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Die afgrigter van die onder 9-rugbyspannetjie roep die knapie met rustyd nader en sê:  “Luister Jannie, jy ken die beginsels van goeie sportmanskap.  Geen geskree op die skeidsregter, geen gevloek op die opponente, geen rondskop van sandemmers of bankies of enigiets so onsportief nie.  Verstaan jy my mooi?”
“Ja meneer.”
“Nou goed Jannie, sal jy dit dan nou ASSEBLIEF vir jou ma daar op die kantlyn gaan vertel !”