KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Die predikant het tevergeefs probeer om geoorloofde parkeerplek in die middestad te kry maar dit was onmoontlik. Hy parkeer toe sy motor op 'n verbode plek en plaas die volgende nota onder die ruitveƫr:

"Ek het tien maal om die blok gery en nie parkeerplek gekry nie. As ek nie hier parkeer nie, mis ek 'n baie belangrike afspraak. Vergeef ons ons skulde."

Toe hy terugkom, is daar 'n boetekaartjie saam met hierdie nota waarop staan:

"Ek patrolleer hierdie blok al 10 jaar lank. As ek jou nie 'n kaartjie gee nie verloor ek my werk. Lei ons nie in versoeking nie."