KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

AG, DIS NOG NIKS...

'n Man met 'n geduikte en stukkende ou Volkswagentjie stop langs 'n mooi rooi Porsche.
"Het jou kar 'n telefoon?" vra hy vir die bestuurder van die Porsche.
"Natuurlik", antwoord die Porsche se bestuurder uit die hoogte.
"Het jy 'n bed in jou kar?"
"Natuurlik nie!" sê die man in die Porsche verbaas.
"Ek het!" sê die Volksie se eienaar en jaag met skreeuende bande weg.
Die eienaar van die Porsche wil nie afsteek nie en laat bou dadelik vir hom 'n bed op die agtersitplek van sy motor in. 'n Paar weke later sien hy weer die Volksie langs die pad staan. Hy stop en klim uit. Die vensters is vol wasem en hy klop aan die voorste venster. Na 'n ruk draai die eienaar van die Volksie die venster af en vra ongeduldig: "Wat wil jy hê?”
"Ek wil net vir jou sê ek het nou ook 'n bed in my kar."
Vies sê die eienaar van die Volksie: "Het jy my nou al die pad uit die stort uit laat kom net om dít vir my te sê?"