NOU'S ONS 'KWITS'

KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Kosie se ma het al talle kere met hom geraas omdat hy ná skool so laat by die huis kom. Sy  vra toe vir Pa om sy stem 'n slag dik te maak. Maar alles tevergeefs, die volgende dag is Kosie weer laat. Pa sê toe: "Jannie, jy het belowe jy sal nie weer laat by die huis kom nie. En het ek nie belowe om jou 'n ordentlike loesing te gee as jy dit weer doen nie?"
Jannie antwoord: "Ja, Pa, maar as ek my belofte nie gehou het nie, sien ek nie waarom Pa Pa s'n moet hou nie."