BLAAS DAAI FLUITJIE MAN!

KORSIES OP DIE RUGBYVELD (46)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Daardie gehate spesie in rugby, die skeidsregters, moes dit ook baie keer ontgeld as oubaas Mark naby was. Hy kon sy 'weersin' in skeidsregters gewoonlik moeilik verbloem.

Een Saterdag was 'n klubwedstryd aan die gang toe die oubaas met kiere en al op die veld gaan en vir die skeidsregter gaan vra: 'SĂȘ my, wat doen jy as 'n speler onkant gaan?"

Heel verbaas antwoord die blaser: "Ek blaas die fluitjie."

Hierop skop oubaas Mark die arme man onder die sitvlak en skel: "Nou waarom doen jy dit nie!?"