REG SO, OOM MOF

KORSIES OP DIE RUGBYVELD (43)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Jong Koos Roodt was 'n student aan die Heidelbergse Onderwyskollege toe hy gekies is om vir Oos-Transvaal teen Noord-Transvaal te speel. Sy vreugde was natuurlik groot tot hy besef het hy moet teen die Blou Bulle se Mof Myburgh skrum.

Koos het die ergste verwag maar toe hy in die eerste skrum sak, voel hy ou Mof se skouer is nie naastenby so hard as wat hy hom voorgestel het nie. "Hier kan ek vandag vir my naam maak," dink hy by homself.

'n Rukkie later is daar 'n tweede skrum en Koos sak met mening teen ou Mof. Maar toe voel hy hoe Mof se skouer die ene staal word en Koos word gedruk dat hy hyg.

Hiervandaan draf hulle weg lynstaan toe, en toe hulle teenoor mekaar stelling inneem sĂȘ Mof ewe vriendelik vir Koos: "Boeta, as jy wil, kan ons aangaan soos ons begin het."

Koos het nie op hom laat wag nie en antwoord: "Nou goed, oom Mof, dan maak ons so."