BOERE- VERNEUKERY

KORSIES OP DIE RUGBYVELD (36)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Destyds speel Oos-Vrystaat teen Noord-Natal in Bethlehem en die bekende karakter Frans de Jager speel teen Lappies Labuschagne wat op sy dag al vir die Piesangboere uitgedraf het. Hier kort voor die einde was die Oos-Vrystaters met twee punte agter maar hulle is darem naby die Noord-Natallers se pale, en 'n strafskop sou die wedstryd vir hulle kon beklink.

Daar's toe 'n woeste losskrum met ou Frans onder in die bondel, en skielik en baie hard gil hy: "Hei Lappies, wat byt jy my so!!?" Lappies was natuurlik nie eers naby Frans nie maar die skeidsregter het dit gehoor, sy eie gevolgtrekking gemaak en ken 'n strafskop aan Oos-Vrystaat toe.

Die skop was oor en Oos-Vrystaat wen die wedstryd – danksy Frans se skelm plan!