EERLIKHEID DEUG NIE

KORSIES OP DIE RUGBYVELD (6)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Die oudminister van landbou, mnr Paul Sauer, was op sy dae kaptein van die Maties se tweede span.
Eendag vra oubaas Mark hom hoeveel hy weeg.
“Honderd sewe-en-sestig pond, mister Mark,”antwoord Sauer.
“Dom  fool,” sê die oubaas. “As jy nou gesê het 185 pond het ek jou dadelik in die eerste span gesit!”