NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In die tyd van die Bybel is krygsgevangenes dikwels van hul klere gestroop en gedwing om die triomftog te volg.   Dit is wat sonde doen – dit laat ons agter Satan inval en ons van ons waardigheid stroop.

GEESTE EN GEDAANTES (7)

Lees reeks by Geeste en Gedaantes

DIE GEHEIM VAN DIE KAMER

Ag toe, Oom, vertel ons nog ‘n verhaal van die ou dae,” soebat die jongspan. Oom sit op ‘n gemakstoel in die tuin en blaas groot rookwolke die skemerlig in, terwyl die jong klomp op die gras voor hom lê.

“Ja, asseblieftog, Oom,” roep Klasie uit. “ Dis vir my so mooi om te luister na stories uit die tyd toe die Transvaal nog woes en wild was en ‘n leeu enige tyd van agter ‘n bos kon uitspring.”

“Dis seker vir jou mooi om na sulke sotires te luister,” spot die ander hom, “maar ons weet wie die eerste sal spaander as daar net die ruik van ‘n leeu in die nabyheid is!“

Oom glimlag in die skemerte en veeg met een hand oor sy lang wit baard.

“Julle het my al leeg gepomp van stories, maar miskien het ek julle nog nie vertel van die tyd toe Jantjie en ek ...”

“Ja, ja, Oom, dit het ons nog nie gehoor nie!” roep die klompie uit. Oom blaas weer ‘n mondjie vol rook uit, terwyl die seuns gemaklike posisies inneem op die gras. Hy begin vertel:

“Dit is meer as sestig jaar gelede, en (spot hy vir Klasie) leeus was toe baie volop. Ek was toe nog ‘n jong seun en my vader het my na ‘n dorp ‘n hele ent van ons plaas afgestuur om besigheid te verrig. Deserdae is dit maklik vir julle om sommer gou van een plek na die ander te kom met julle motors, maar daardie dae het dit maar stadig gegaan met die ossewaens.

“My reis sou ‘n paar dae duur en ek het my dus goed ingerig met kos en beddegoed. Jantjie, een van die helpers op die plaas, het saamgegaan as touleier. Dit was in die middel van die somer en baie warm en ons het dus besluit om net snags te ry en dan bedags in die grootste hitte te rus. Alles het die eerste nag goed gegaan. Dit was helder maanlig en ons het ‘n hele paar myl afgelê.   Die volgende dag het ons gerus en die son was laag die middag toe ons weer inspan om verder te gaan.

Die nag het helder en skoon gedaag en die maan het soos ‘n silwer bal in die wolklose hemel gehang. Alles was stil en rustig, net die geklop-klop van die wiele het weerklink. Die ru pad voor ons het wit in die maanskyn geblink. Aan weerskante van ons was die veld oop en kon ‘n mens ver sien. Net hier en daar het ‘n klompie doringbome gestaan soos swart gedaantes, roerloos in die nag.

Jantjie het lui-lui voor die osse geslenter, maar skielik hoor ek hom half benoud sê: “ Baas, kyk daar in die veld, daar loop ‘n dier wat lyk soos ‘n groot hond. Hoe is dit dan, hier is mos nie ‘n plaas hier naby nie!”

“Ag nee wat, Jantjie, jy droom, dis sommer ‘n jakkals. Wat sal ‘n hond hier maak in die veld en so ver van ‘n huis af!”

En ek neem toe geen verdere notisie van die dier wat ek duidelik van die pad af kon sien nie. Met Jantjie was dit anders. Hy kon sy oë nie van die dier af hou nie. Vir hom het dit ‘n eienaardige aantrekkingskrag gehad.

‘n Tydjie het ons weer verder gery sonder steuring en toe roep Jantjie my weer om te kyk. Die dier het nog in die veld geloop maar ewewydig met die pad. Ons het juis toe weer naby ‘n bos doringbome gekom wat aan dieselfde kant van die pad was as die vreemde dier.

Ek het ook nou begin belang stel in die dier en ek sien dat hy nou reguit na die bos doringbome toe hardloop. Net voor hy die bos bereik, sien ons skielik ‘n helder vuur brand tussen die bome. Ek was baie seker dat die vuur nie tevore daar was nie, want soos ek vir julle gesê het, kon ‘n mens baie in die oop veld sien. Skaars was die vuur daar of ons sien dit dadelik en geweldig doodgemaak word deur iets onsigbaars. Na alle kante het die vonke en kole gespat.

Jantjie was nou nie meer voor by die osse nie, maar langs my op die wa waar hy inmekaar en opgekrimp sit met sy hande oor sy kop en aanhou mompel: “ spook spook”.”

Van die dier was daar nou niks meer te sien nie en onder die bome was geen rokie om te beduie dat daar kort tevore ‘n vuur was nie. Oor alles het ook nou ‘n benoude stilte gehang en ‘n onbeskryflike gevoel het my beetgepak. Stadig het ek my hare voel rys. Nee, dag ek dit sal nie betaal nie, en ek gryp die groot sweepstok en ja die osse aan so vinnig as wat hulle kon draf, totdat ons ‘n hele ent van die plek af was.

Jantjie was natuurlik van geen hulp nie. Hy was so bang dat sy tande opmekaar klap en sy ou gesig sommer asvaal word. Toe ons, na my mening, ver genoeg weg was, het ek hom so ver gekry om my te help uitspan.

Daarna het hy sy kombers gevat en homself kop en pote toegedraai en onder die wa gaan lê. Hy het seker gedink dat as ‘n mens nie ‘n gevaar kan sien nie, daar nie so iets is nie. Die volgende dag was dit gelukkig koel en die lug bewolk, Ons het ingespan en weer verder gery. Dit was heerlik na die vorige dag se hitte en ‘n lekker windjie het gewaai. Dit was weer dag en ons vreemde ondervinding was ‘n ding van die verlede. Ek het toe met Jantjie gesels en gelag daaroor, hom geterg en gesê dat ons onsself dit seker alles verbeel het.

Hoe kan ‘n vuur so sonder hande doodgemaak word? Dit was seker ‘n klomp vuurvliegies wat opmekaaar op ‘n bondel was en toe gespaander het toe die jakkals op hulle afkom. Maar Jantjie was nukkerig en het sy peperkorrelkop geskud. Niks wat ek gesê het, kon hom van die idee van spoke afkry nie.

Die middag vroeg het ons by ‘n eensame plaas aangekom en daar uitgespan. Ek dink Jantjie (en ek ook) was bly dat ons die nag nie weer in die veld moes slaap nie.

Oom hou op met praat om sy pyp weer aan te steek. Daar is doods stilte onder die jong klomp aan sy voete. Alle oë is stip op hom gevestig. Oom suie so ‘n rukkie tot die pyp weer lekker trek en gaan toe voort:

Die vrou van die huis was tant Berta du Toit, ‘n weduwee. Met haar kinders het sy daar gebly en die boerdery aan die gang probeer hou. Vir sover ek in die gouigheid kon opmerk, was dit ‘n mooi plaas, hoewel in ‘n effens verwaarloosde toestand.

Die familie het my hartlik welkom geheet. Hulle was maar alte bly om ‘n vreemde gesig te sien, want op so ‘n eensame plaas het daar soms maande verbygegaan dat hulle niemand uit ‘n ander deel van die land sien nie.

Daar was toe baie om oor te gesels. Net voor ons gaan slaap, vertel ek hulle van my ondervinding van die aand tevore en probeer om ‘n grap daarvan te maak.

Maar tant Berta het nie gelag nie. Sy het my stip en ernstig aangekyk en gevra: “ Het jy dit ook gesien?”
Dis al.

Ek het skielik weer ‘n rilling deur my voel gaan by haar woorde en wou haar uitvra oor die verskynsel, maar nie een van hulle wou ‘n woord verder daaroor praat nie. Dit het gelyk asof hulle oor hierdie onderwerp huiwerig was.

Die volgende oggend het ek vroeg opgestaan en vir Jantjie, wat by die ander naturelle op die plaas gaan slaap het, geroep en verder gegaan.

Niks buitengewoons het plaasgevind nie en na ‘n paar dae was ons weer by die huis.

Dit was omtrent ‘n jaar daarna toe ek die pad weer moes ry Hierdie keer het ek te perd gegaan. Vroeg die oggend het ek weggespring en die aahd laat op tant Berta se plaas aangekom. Sy het my weer baie harlik welkom geheet maar effens huiwerig toe ek haar vra of sy vir my slaapplek kon gee. Ek het was verwonder toe tant Berta my effens skaam aankyk voordat sy antwoord:

“Jy is baie welkom hier neef Daan, en ek voel skaam om so ongasvry te klink, maar hier kuier familie by my en het nog net een vry kamer. As jy nie sal omgee om daarin te slaap nie...”

“Dankie, tant Berta, maar wat is dan verkeerd met die kamer?” vra ek nuuskierig.

Sy het haar kop weggedraai en wou eers nie antwoord nie, maar na ‘n rukkie sê sy: “ Ek weet nie, niemand wil in die kamer slaap nie, daar word snags snaakse geluide gehoor, almal sê dit spook.”

Ek het heerlik gelag en gesê dat ek tog nie bang was vir spoke nie en dat die spook heel moontlik maar ‘n hongerige muis of rot is wat rondsnuffel vir kos. Sy het hierop niks gesê nie en my gevra om binne te kom.

Ek was bly om weer by die vriendelike en aangename familie aan huis te wees en na ete daardie aand het ek ‘n pypie gestop en lekker met die seuns sit en gesels, terwyl tant Berta nog besig was in die kombuis. Na ete het sy haar naaldwerk gevat en ook by ons kom sit in die voorkamer.

Sy het vir my baie bedruk gelyk die aand en nadat ons so ‘n rukkie hiervan en daarvan gesels het, vertel sy my haar moeilikheid. Dit was geld. Daar was ‘n groot verband op die plaas wat sy binnekort moes betaal en sy weet glad nie waar om die geld vandaan te kry nie.

“Gedurende my oorlede man se leeftyd het ons goed geleef en dit het vir my gelyk asof hy baie geld het. Maar na sy dood was daar niks te vind nie. Die plaas en die boerdery het baie agteruitgegaan die afgelope paar jaar. Die seuns was nog te jonk om my van veel hulp te wees en noudat hulle groot genoeg is om met die boerdery alleen aan te gaan, lyk dit asof ons die plaas sal moet verkoop om die verband te betaal,” se sy met ‘n diep sug.

Ek het haar innig jammer gekry. ‘n Mens kon sien dat sy moedeloos was van kommer. Kort daarna het sy my goeienag toegewens en ons het almal gaan slaap. In die kamer gekom, het ek goed rondgekyk. Hoewel ek gelag het toe tant Berta van spoke gepraat het, het ek dit maar net gedoen om haar gerus te stel. Dit sou tog te sleg gelyk het as ‘n fris jongkêrel soos ek, laat in die aand weer opsaal en verder ry omdat hy te bang is om in ‘n spookkamer te slaap! Ek moes my selfrespek behou.   Dan was tant Berta ook ‘n vrou van gesonde verstand en ek het gevoel dat sy nie sommer so sal praat as daar nie iets was nie.

Die kamer was eenvoudig meer netjies gemeubileer. In ‘n hoek het ‘n ysterkatel gestaan en langsaan ‘n tafeltjie. Ek sit toe die kers op die tafel neer en trek my uit.

Die flikkerende kers het fantstiese skaduwees teen die muur gegooi. Op en af het die skadufigure gedans, asof hulle my ‘n waarskuwing wou toeroep. My verbeelding het aan die werk gegaan en ‘n koue rilling het deur my gegaan.

Nee wat, dink ek toe, dis alles pure bog. Ek is nie ‘n meisie om my senuwees so oor my te laat baasspeel nie.

Ek het die kers doodgeblaas en my omgedraai om te slaap. Maar slaap het nie so maklik gekom nie. My gedagtes het teruggedraai na ‘n jaar gelede toe ek op pad was met Jantjie en die ossewa. Sou die verskynsel in die veld in enige verbinding staan met die familie en hul geskiedenis? Ek onthou nog goed tant Berta se ernstige woorde toe sy my sag gevra het:

“Het jy dit ook gesien?”

Wat sou die geheim wees?

Eindelik het ek aan die slaap geraak, ‘n diep droomlose slaap van vermoeidheid. Hoe lank dit geduur het, weet ek nie maar skielik het ek regop gesit in die bed. Daar was sagte geluide in die kamer en ‘n gevoel asof ek nie alleen was nie, het my oormeester. Met moeite het ek myself reggeruk en in ‘n luide stem gevra: “Wie is hier en wat wil jy hê?”

Dadelik en vinnig het die antwoord gekom uit die donker, asof van ‘n skaduwee naby die bed.

“Ek het jou hulp nodig. Sal jy my help?”

Die stem het onaards geklink en weer het ek ‘n koue rilling in my rug gevoel.

“Jy is ‘n vreemdeling hier en ek smeek jou, help my!”

Die stem was so angsvol dat ‘n groot jammerte in my opgewel het. Dadelik het my moed teruggekeer.

“Ek sal jou sekerlik help as dit in my vermoë is. Sê my wie jy is en hoe ek jou tot hulp kan wees.

“Nou luister dan goed,” gaan die stem voor. “Dis die stem van Jan du Toit. My vrou en kinders verkeer in groot gevaar en dis alles my skuld. Ek het al baie probeer om met hulle in aanraking te kom maar al by pogings het hulle ‘n doodse vrees op die lyf gejaag. Daarom het ek jou hulp nou baie nodig. Luister goed.

“Terwyl ek nog op die aarde was, het ek baie geld gespaar, maar ek was altyd bang dat dit gesteel sou word. Eendag toe my vrou weg was van die huis, het ek al die geld in ‘n bliktrommeltjie gepak en in die kamer onder die grondvloer begrawe presies onder die bed warop jy nou lê. Ek het ‘n plat klip op die trommel gesit, grond daarop gegooi, dit styf vasgetrap, en toe met mis netjies daaroor gesmeer. Roep more my vrou en kinders bymekaar en pik dan die vloer los en haal die tromel uit. Dan sal ek in vrede kan rus.”

Die stem het stilgebly en ‘n doodse stilte het in die kamer geheers. Die gees het verdwyn.

Daarna kon ek natuurlik nie meer slaap nie. Die dag het begin breek en ek het opgestaan, vinnig aangetrek en buite toe gestap. In die kombuis was die kombuisjong net besig om vuur te maak vir die vroegoggendkoffie.

Na ontbyt het ek vir tant Berta vertel van die nag se gebeurtenis. Dit het ‘n groot indruk op haar gemaak. Sy het lank stilgesit en na haar gevoude hande op haar skoot gekyk. Toe sy weer opkyk, was daar trane in haar oë.

Ons het besluit om dadelik te soek na die geld. Ek het ‘n graaf geneem en een van die seuns ‘n pik. En ons het aan die werk gespring. Na ‘n paar minute het ons op die klip afgekom. Ek het dit weggeruim en reg onder was ‘n ou trommeltjie, verroes deur die jare. Ek het dit uitgehaal, die slot gebreek en toe oorhandig aan tant Berta. Met bewende hande het sy die deksel opgelig. Toe sy dit oopmaak het almal se oë gerek van verwondering. Die trommeltjies was stampvol van goudgeel ponde! Ons het dit omgekeer op die bed en begin tel. Daar was byna tweeduisend pond.

Die geluk en vreugde van die gesin was onbeskryflik. Tant Berta kon my nie genoeg bedank nie en wou dat ek nog langer by hulle bly. Maar my besigheid was dringend en ek kon nie langer vertoef nie.

Nadat ek vir tant Berta en die ander gegroet en hulle die beste van alles toegewens het, stap ek stal toe om my perd te gaan opsaal. Die oudste seun, ‘n kêreltjie van ‘n paar jaar jonger as ek, het saam met my geloop.

“Dis snaaks, weet jy neef Daan,” sê hy. “Vandat Vader verongeluk het, het ons altyd daardie dier en die vuur in die veld gesien. Moeder wou nooit dat ons daaroor praat nie maar toe jy laas jaar dit ook gesien het, het ons baie gewonder wat dit kon beteken.”

“Vertel my van jou vader se ongeluk. HY was ‘n groot jagter nê?”

“Ja, Vader was ‘n groot jagter wat vir geen dier bang was nie. Veral was hy lief om leeus te jag en dis hoe hy eindelik sy dood gevind het. Dit het so gebeur. Vader het gehoor dat daar ‘n trop wildebeeste in die nabyheid was. Hy het toe plan gemaak om van hulle te gaan skiet. Een middag het hy die kar en perde gevat, ‘n bietjie kos en beddegoed daarop gepak en weggery. Hy het twee naturelle saamgeneem, een om die kar weer terug te bring want ons sou dit nodig kry op die plaas. Vader het natuurlik nie geweet hoe lank hy sou wegbly nie. Sy groot jaghond het hy ook saamgeneem.

“Vader het gereken om die nag naby die plek te slaap waar die wildebeeste was, sodat hy die volgende oggend vroeg kon uitgaan om te skiet. Nadat die kar weer teruggestuur was plaastoe, het Vader en die jong hout bymekaar gesoek om vuur te maak. Soos jy self weet, is dit al wat wilde diere weghou. Maar hierdie keer het dit niks gehelp nie.

“Toe dit donker was het daar ‘n groot vuur gebrand en hulle het hul komberse opgerol en klaar gemaak om te slaap. Skaars het hulle gelê of ‘n leeu brul by hulle. Vader het dadelik in die rigting van die dier geskiet in die hoop dat hy sou skrik en weggaan. Maar die gebrul het al nader gekom en toe besef my pa dat hulle omsingel was van leeus. Nog voordat hy ‘n plan kon maak, was daar skielik ‘n groot gedruis. Die rooi kole het gespat en die leeus het op hulle afgekom...   en my vader en sy hond weggedra. Niemand het hulle ooit weer gesien nie.”

“En die jong?” vra ek verbaas. “Hoe was hy dan so gelukkig om te ontsnap?”

“Hy sê hy het dadelik in die boom geklim waaronder hulle gelê het. Daar het hy die hele nag gebly en ons die volgende oggend die aaklike nuus kom vertel en hoe dit alles gebeur het.”

‘n Sug kom van Klasie se kant af toe Oom die storie klaar vertel het.

“Is dit regtig waar, Oom?” vra hy.

Oom glimlag en wys met sy pypsteel na Tante se kant waar sy onopgemerk op die klomp afgekom het.

“Ja,” lag Tante, “dis regtig waar. Die tant Berta wat julle van gehoor het, was my moeder. Toe Oom vir die eerste keer op ons plaas gekom het, was ek nog ‘n dogtertjie en het hy my seker nooit eers raakgesien nie. Maar toe hy ‘n jaar daarna gekom het en ek groter was - dit was ‘n ander storie...

“Maar kyk, dit word laat en die kos is lankal klaar.”

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1509 gaste aanlyn