NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God staan sy kinders in die verdediging van die waarheid kragdadig by: “Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ’n Helper en ek sal nie vrees nie, want wat sal ’n mens aan my doen?” (Heb.13:6).

WATERBOBBEJAAN (19)

Ben Venter 

Lees reeks by Waterbobbejaan

Daardie Sondag kuier die bure by oom Stoffel Wolf. Na oggendgodsdiens sit die mans op sy voorstoep en rook.

“Hoe sê jou baas, is jy nog ‘n goeie bywoner?” vra oom Paul Raaswater.

“Ek weet nie waar my baas is nie. Hy het spoorloos verdwyn. Het nie eers sy adres gelaat nie. Dis vir hom ook maar goed, anders sal hy ‘n groot vleisrekening kry.”

“Glo jy regtig dat hy jou skape gesteel het?” vra oom Hans Meerkat.

“Ek weet tog nie, soos ou Poon loop my gedagtes al in die rondte. Ek eindig altyd waar ek begin het.”

“As hy begin kleinvee steel, sal ons teen hom moet optree,” sê oom Koos Hamerkop.

“Ag Koos, jy wil net weer ‘n gewapende protes lei,” sê oom Koos Kraak. “Het jy nie genoeg daarvan gehad nie? Hoekom stuur jy nie ‘n Bantoe met ‘n wit vlag na Waterbobbejaan sodat ons kan onderhandel nie?”

“Dis ‘n goeie plan,” stem oom Hans Meerkat saam. “Moontlik kan ons en hy ‘n traktaat onderteken. Die feit dat hy nie kan lees en skryf nie, maak nie saak nie. Dingaan kon ook nie, wat is Dingaan beter as hy? Ons moet nie begin voortrek nie; die ou mense het ons nie so geleer nie. En as ‘n Engelse sendeling van die voortrekkery hoor, is daar weer ‘n allemintige hoop ellende oorsee. Dan vergeet hulle van die Bantoes en begin vir Waterbobbejaan beskerm.”

“Ja, sê Oupa Rabasetsana. “Dan is daar nie ‘n Swart Omgang nie, maar ‘n Waterbobbejaan Omgang. En waarna sal dit lyk? Soos my pa altyd gesê het: die boete is niks nie, maar die skande.”

Die kabaaltjies speel by die spruit. Teen hierdie tyd het ‘n paar van die kleintjies al seergekry en hulle kom op ‘n streep aangestap stoep toe.

Die mans sit en kyk na die slagoffers.

“Wat gaan daar by die spruit aan?” vra Rabasetsana.

“Oupa, hulle maak ons seer.”

“Hoe so?”

“Hulle speel Waterbobbejaan, Oupa. Die grotes gryp ons aan ons nekke en dan wil hulle met ons oor ‘n miershoop spring.”

“Gaan sê vir hulle as ek daar kom gaan hulle verjaar.”

“Oupa, ons wil nie teruggaan nie. Hulle maak ons seer.”

“O, so julle wil tande tel, nè? Loop dadelik of ek kyk na julle met my bril.” Hy vroetel in sy baadjiesakke rond en die kleintjies draf spruit toe. Hulle wil liewers Sakamatlakobata se skape wees.

“Hier by my is ook snaakse dinge aan die gang,” sê oom Stoffel Wolf. “Ek het die Bantoes al gelooi, maar ek kan nie die skuldige een kry nie. ‘n Paar maande gelede het ek my besending ingelegde gemmer van die Kaap af gekry. Drie van daardie kruike het al verdwyn. En hulle is groot en swaar. Die Bantoes sweer hoog en laag dat hulle nie die goed eet wat so ‘byt’ nie.”

“Waar staan die kruike?” vra oom Koos Kraak.

“In die spens. Maar omdat hulle net onderkant die venster onder ‘n rak staan, is hulle in die donkerte. Daarom het ons dit eers raakgesien toe drie al weg is.”

“Waarmee maak jy die houtvenster van die spens toe?”

“Met ‘n riempie aan die binnekant.”

“Is hy nog nie gebreek nie?”

“Nee. En die deure en vensters word aan die binnekant gegrendel.”

“Dan word die kruike bedags weggedra.”

“Dis onmoontlik. Hier is altyd iemand op die werf of in die kombuis.”

“Stoffel,” sê oom Paul Raaswater, “jy slaap altyd met ‘n oop kamervenster. Dis die skuiwergat waar die dief in- en uitgaan.”

“Watter adder sal dit waag om deur my slaapkamer te loop?”

“Dis jou probleem.”

“Maar hoe sal iemand weet dat jy sulke goed in jou huis het?”

“Ons het die eerste leë een buite onder die soetdoringboom vergeet. Die volgende dag was hy weg. Toe het die ellende begin.”

Teen vyfuur begin almal inspan en ry. Sakamatlakobata se vier perde draf flink. Hy sal voor sononder by die huis wees. Hulle ry nog so lekker toe sê Piet: “Pa, hier is fout by die linkerkantste agterwiel.”

“Wat makeer, Piet?”

“Dit lyk of hy slinger, Pa.”

Die boer trek die perde in. Toe hulle tot stilstand kom, spring hy vinnig af. Oponthoud op hierdie stadium sal beteken dat hy donker by die huis aankom. Hy het nie met so iets rekening gehou nie.

Sakamatlakobata kyk net een keer na die wiel.

“Wat is dit, Kootjie?”

“Die waband is los. Ek het vergeet om hom te kort.”

“Sal die wiel breek as jy sonder die band ry?”

“Natuurlik. Vellings word gemaak van wilgerhout, Van Wykshout en van ka..er-wag-‘n-bietjie. As ‘n band afspring en die vellings is van ka..er-wag-‘n-bietjie gemaak, dan kan hy ‘n hele paar kilometer ver ry selfs in die klipveld en die wiel sal hou. Maar van die ander houtsoorte raak die vellings gou gedaan. Hierdie wiel se vellings is juis van Van Wykshout gemaak. Dis boonop my skoonfamilie se van. Hoe kan hy hou?”

“Kootjie, jy moet nie weer met daardie storie begin nie. Wat gaan jy doen?

“Daar is net een genade: die seuns moet hulle hoede vat en hulle vol water gaan skep by die drif. Ons moet die vellings en speke natgooi sodat hulle kan swel. Toe, hardloop julle!”

Die boer trippel naderhand rond van ongeduld. Die hout swel stadig en die kinders gooi al vir ‘n lang tyd water op hulle.

“Sanna, gee jou en die dogters se kappies, sodat ons in hulle ook water kan aandra.”

“Jy is laf, Kootjie. Dan is hulle mos vir goed bederf. Hulle is gemaak van my beste en duurste materiaal. Boonop het ek hulle met my eie twee hande gemaak. Gebruik net geduld. Jy is altyd te haastig.”

“Ek is nie te haastig nie!” ontken hy driftig. “Iets hinder my; ek voel dat iets nie pluis is nie!”

“Met die wiel, Kootjie?”

Dit voel vir Sakamatlakobata of hy oor die wa kan spring. Hy sien een van die stringe is nie reg vasgegespe nie. Hy stel dit reg.

Toe kyk hy of daar nie iets anders is wat hy intussen kan doen nie. ‘n Mens kan nie sommer so staan en niks doen nie. Jy kan nie ophou dink nie, maar jy kan ophou werk en dan word jy sleg. Hy kry niks om te doen nie en dit maak hom vies.

Hy is van een ding seker: hy het angs. Hy weet nie waarvoor hy bang is nie.

Op Bobbejaankrans wou hy suksesvol geboer het. Nou het Waterbobbejaan dwars in sy pad gaan staan.

Die naklanke daarvan sal deur sy hele lewe weerklink.

Die son sak nou vinnig en die boer se angs neem toe.

Wit aandblommetjies langs die wapad begin oopgaan en sy vrou en die dogters klim van die wa af en pluk vir hulle handevol daarvan.

Sakamatlakobata vererg hom bloedig. Om nou met ou blommetjies te staan en speel!

“Hardloop vinniger!” skreeu hy vir die seuns wat alreeds uitasem is.

Hy gaan voel kort-kort aan die band en toe dit begin donker word, is die ysterband al amper styf oor die vellings.

Hy kyk na sy perde: nie te styf gevoer nie en lewendige trekkers. Maar nou staan hulle met hangore en wag saam met hom. Meteens lig al vier hulle ore terselfdertyd op. Toe begin hulle stadig hulle koppe na agter te draai. As ‘n perd so maak, is hy onrustig, dink die boer. En hulle is nooit sonder rede onrustig nie. as dit ander perde is wat hulle hoor, sal hulle rondtrippel en runnik, maar as hulle die onbekende begin opmerk, lig hulle net hulle ore op en draai hulle koppe. So stoot hulle hulle voelhorings uit.

“Klim op! Laat ons ry! Piet, sit naby die agterwiel sodat jy my kan sê as die band begin afspring.’’

Sakamatlakobata maak die leisels los en die perde spring vinnig weg.

Hier is iets verkeerd. Die boer is nou seker daarvan.

Maar wat? Sy angs is vaag.

Toe die perdewa wegtrek, kom die groot geel maan net op. Hier en daar val ligstrepe oor die pad wat twee sandspore is. Maar omdat die bos dig is, is daar lang ente wat nog donker is. Die maan is nog te laag om die hele weg te verlig.

Die maan se lamppit is op sy grootste gedraai, dink Piet.

Dit gaan vannag lieflik wees in die bosveld.

Waar die wa in ‘n ligkol ry, kyk Piet gou na die band. Hy slinger nog effens, maar hy behoort te hou mits sy pa nie te haastig raak nie.

Maar die boer is haastig en hy druk die perde effens aan.

‘n Ligte stoffie slaan agter die wa op.

“Hoe lyk die band, Piet?”

“Hy sal hou, maar ek dink Pa moet stadiger ry.”

“Kyk Piet, ek doen my werk en jy doen joune. Dan leef ons in vrede, nè?”

“Ja, Pa.”

Die boer en sy vrou sit vorentoe en kyk. Hulle sit op die sitplek en Sanna hou vir Kleinie in haar arms. Die ander kinders sit plat op die buik en kyk agtertoe.

Kleinie word naderhand lastig. Sy draai haar om en staan op haar ma se skoot en kyk ook agtertoe.

Na ‘n rukkie is dit net of sy haar kop effens vorentoe druk en dan weer agtertoe trek. Dan draai sy haar kop weer van links na regs.

“Ma, ek sien oom Maan.”

“Ja my kind, die maan is vanaand mooi.”

Sy wag ‘n rukkie.

“Mamma, ek sien oom Maan aankom.”

“Ja my kind, hy kom mooi op.”

“Mamma, hy kom agter ons aan.”

“Ja, Kleinie, hy sal netnou bokant ons wees.”

“Hoe sal oom Maan bo-op ons kom, Mamma?”

“Hy seil deur die lug tot hy bokant ons is.”

“Hy seil nie, Mamma, hy hardloop.”

“Ja, my kind, hy hardloop in die lug.”

“En spring hy dan bo-op die wa, Mamma?”

“Nee, hy seil oor ons.”

“In die lug, Mamma?”

“Ja, my kind.”

“Maar hy is dan op die grond, Mamma.”

“Nee, my kind, hy skyn op die grond.”

Sannie en Nannie lag vir hulle kleinsus.

Piet luister met min aandag na die geselskap. Hy moet na die wiel kyk.

Sakamatlakobata is vies vir die vrouens se pratery. Hy is alreeds onrustig na agter. Hulle moet nie met allerhande stories lol oor wat agter sy rug aangaan nie. Op die oomblik is sy aandag vorentoe.

Toe besluit hy om ‘n bietjie te ontspan. Hulle is almal in dieselfde wa; hulle het dieselfde lotsbestemming.

“Hoe lyk oom Maan?” vra hy vir Kleinie.

“Hy is rooierig, Pappa.”

“Hy is nie rooi nie, Kleinie, hy is geel.”

“Is rooi dan geel, Pappa?”

Hy kry lag. Dis vir hom altyd eienaardig hoe ‘n kind dinge anders sien en verstaan as ‘n grootmens, hoe verbeelding vir hulle waarheid is.

Piet is al moeg gekyk na die band. Hy kyk sommer orals rond en wieg heen en weer saam met die wa in die slingerpaadjie.

Skielik begin hy aandagtiger kyk na die donker pad agter hulle, veral waar daar ligstrepies oor die pad val.

“Pa, hier kom iets aan! Hy is al op ons spoor!”

Die boer en sy vrou kyk vinnig en verskrik om.

“Ek sien niks nie! Is jy seker, Piet?”

“Ja, Pa! En hy kom al nader!”

Sakamatlakobata tel die sweep van die vloer af op en begin die perde wikkel. Hulle is heeltemal gewillig, want hulle ore staan nog al die tyd onnatuurlik regop.

“Pa, die band begin al meer slinger!”

Wat nog? wonder die boer. Hy is sonder wapen, behalwe sy sweep. En so ‘n perdesweep is niks werd as jy ‘n geveg moet aanknoop nie.

Al wat hy nou kan doen is om te jaag tot die band heeltemal afval en dan moet hy maar kyk wat hy gaan doen.

Hy slaan die perde harder.

“Pa, dis ‘n rooierige dier en hy is nie meer ver agter ons nie.”

Vanaand gaan hy my in die hande kry, dink Piet. Dis nie die middag in die lelike kloof nie. Toe was hy nog skrikkerig vir die twee seuns. Nou jaag hy al glad ‘n wa vol mense.

Die kleiner kinders dink nie aan iets in die besonder nie. Hulle sien net dood en verskrikking agter die wa.

“Hy is naby, Pa!”

Sakamatlakobata gooi die leisels neer, gaan staan regop en begin die perde hard slaan. Hy voel hoe die perdewa agter hom swik. Daardie band spring nou-nou af en dan kom die wa tot stilstand.

Die dier is nou so naby aan die wa dat die kleiner kinders al opspring. Hulle begin huil en ander probeer om vashouplek om hulle ma se nek te kry. Hulle verwurg haar byna.

“Kootjie, hoekom het jy sonder jou geweer gery? Jy weet mos mens kan nooit weet nie!”

“Bly stil, vrou!” skreeu hy bokant die gedreun van die perdehoewe.

“Pa, die band gaan afspring!”

Hy slaan die perde harder.

“Pa, hy begin al gryp na die wiele!”

Piet staan nou ook regop en druk styf met sy rug teen die leuning van die sitplek.

Kiewietjies en kommandovoëls wat in die ligstrepe in die pad sit, vlie vinnig voor die wa op en vertel skreeuend vir die wêreld van hulle groot skrik.

Die raasbekke, dink Piet. Hoekom maak hulle net lawaai, waarom gaan soek hulle nie hulp nie?

My kinders, dink die boer se vrou. Ag, my kinders!

‘n Wolk kom skielik voor die maan en dis meteens pikdonker.

Almal begin tegelykertyd hardop huil, behalwe die boer en sy oudste seun.

Piet begin op sy tone staan en leun al verder agteroor.

Die wiel, dink die boer, die wiel!

Meteens voel hy dat sy perde se vaart ietwat afneem. En toe val dit hom vir die eerste keer by dat sy plaashek net ‘n paar honderd treë vorentoe is. Hy het die hand-om-die-nek-hek self gemaak. Dis deeglik gemaak. Die perde sal nie deur die hek kan hardloop nie. Hulle weet dit, daarom verminder hulle spoed.

Die naarste van alles is dat die hek definitief toe sal wees. Sy Bantoes waag dit nie om ‘n hek op sy plaas oop te laat lê nie.

“Julle almal! Klim oor die sitplek en kom lê hier voor my en julle ma!” die kinders bondel oor die ruglening. Party kom op hulle koppe te lande op die vloer. Toe huil hulle eers.

Skielik voel dit vir die boer of sy perdewa begin oplig agter.

As Waterbobbejaan die wa oplig en omkeer, dan breek ons ons nekke en die wa sleep ons fyn, want die perde sal dan begin weghardloop, dink hy.

Die hek, dink hy. Die vervloekste hek!

Die wolk trek voor die maan verby en die hele wêreld is meteens vol lig.

Skielik voel die boer dat sy perde baie vinniger begin hardloop.

En toe weet hy dat die hek oop is.

Môre gaan ek probeer vasstel watter Bantoe my hek oopgelos het, neem hy hom voor. En as ek hom kry, kan hy die vetste hamel in my kraal vir hom vat.

Die perde is nou ook paniekerig en hardloop so al wat hulle kan.

Hulle jaag deur die oop hek. Die plaaswoning is net ‘n paar honderd treë verder.

Toe kyk die boer vir die eerste keer behoorlik agtertoe.

In die helder maanskyn agter hulle lê ‘n lang stofstreep.

Die dier het in die bosse in weggeswenk.

Daar is niks agter hulle nie.

Toe die wa onder die blinkblaar tot stillstand kom, gaan lê sy linker agterkant stadig en met ‘n kreun.

Die gesin het pas hulle vetkerse opgesteek en begin vuurmaak, toe klop iemand aan die agterdeur.

Trappies staan en kyk oor die agterdeur. Dit lyk asof hy op die trap van die galg staan.

‘’Wat is dit, Trappies?’’

‘’Die Oubaas se grootste ooi is uit die kraal uit weg, Oubaas.’’

‘’Wanneer het jy dit gesien?’’

‘’Toe ek vanmiddag die kalkoentjies gaan water gee, loop ek by die skaapkraal verby, Oubaas. Ek kyk toe hoe gaan dit met die skape. Maar toe was sy al weg.’’

‘’Loop maar, ons sal more kyk.’’

Met die beste honde kan hy nie nou gaan spoorsny nie. Watter spoor gaan hy vir hulle in die donker wys? Hy het ook nie ‘n stormlantern wat goed brand nie.

Die volgende oggend is die spoor al oud en vertrap. Boonop, na watter spoor soek die boer?

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1160 gaste aanlyn