COVID-19-FIASKO MISDRYF TEEN MENSDOM

 Daarom is dit weer tyd vir ‘n Nuremberg-verhoor!

Die Covid-19-fiasko is 'n misdryf teen die mensdom en daarom 'n internasionale misdryf. Daar sal dringend begin moet word om die outeurs hiervan tot orde te roep want die skade is reeds katastrofaal en word elke dag groter. Daar behoort nou reeds begin te word om 'n gestelde saak voor te berei ingevolge waarvan almal wat hieraan meegedoen het voor die Internasionale Strafhof gedaag behoort te word.

Waarom hierdie stelling? Want die hele sage is beplan, dis nie toevallig nie.

Bill Gates, die WGO, die Wêreld Ekonomiese Forum, Sjina en ander rolspelers sal ondersoek moet word vir die paniek (deur propaganda) wat veroorsaak is gegrond op vals data en die verklaar van 'n voortydige pandemie. Daarby ander rolspelers wat meegewerk het om mense se lewens te verwoes deur hulle die reg op werk te ontsê, een van die mees basiese regte wat mens het, en wat aan jou, jou gesin en jou kinders lewensmiddele daar moet stel om te kan oorleef in hierdie wêreld. En dis maar net een reg wat ontneem is onder omstandighede wat met krygswet vergelyk kan word.

Die skade is feitlik onberekenbaar en dit vergroot daagliks. Kinders se lewens en toekomsverwagtinge is geskaad, mense ly honger, baie sterf, en baie meer vir redes wat met die virus niks te make het nie, wel met die belaglike stappe wat as gevolg daarvan geneem is.

Mense word basiese mediese sorg ontsê omdat alles plek moet maak vir die “pandemie”. Ekonomieë word vernietig deur geld wat geleen en vera geskep gaan word met gepaardgaande inflasie, vermindering van die waarde van mense se geld, die belastinglas wat uiteindelik verhoog sal word as al die "stimulus" pakkette uiteindelik betaal moet word en IMF-lenings afbetaal moet word, en dies meer. Nog astronomiese gevolge lê voor die deur. Hierdie misdryf gaan uittroon bo ander misdrywe teen die mensdom wat in die verlede as verwoestend beskou is. Daarom mag die outeurs hiervan nie die sanksie wat hulle verdien ontglip nie.

Ons moes almal oortuig word dat hierdie virus so dodelik is dat miljoene sou sterf. Baie medici het doelbewus en baie dalk goedbedoeld hieraan meegedoen wat onmiddellike paniek veroorsaak het.

Reeds by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland vanaf 21 tot 24 Januarie 2020 is besluit op ‘n globale sluiting (lees: “collapse” van die ekonomie). Op 30 Januarie 2020 verklaar die WGO Covid-19 as ‘n “Public Health Emergency of International Concern (PHEIC)”. Op daardie stadium was daar 150 bevestigde gevalle buite China. Daar was geen rede om ‘n pandemie te verklaar nie. Op 11 Maart het dr Tedros van die WGO ‘n pandemie verklaar. En dit het ‘n reaksie veroorsaak wat gesneeubal het tot ‘n internasionale “lockdown” wat nou blyk ‘n internasionale tragedie geword het.

Die pandemie is duidelik met vooropgestelde doelwitte verklaar. Daardie doelwitte was om die huidige ekonomiese sisteem tot ‘n val te bring en ‘n verslawende “sosialistiese” sisteem daar te stel.

Reeds in 2010 word die Rockefeller-verslag gepubliseer waarin melding gemaak word van ‘n “Lock Step” scenario. Een van die laaste voorbereidende byeenkomste wat gereël was (in Oktober 2019) was Event 201 waarby die Bill en Melinda Gates Stigting, die John Hopkins Universiteit en die WGO betrokke was, sowel as van die wêreld se grootste farmaseutiese maatskappye.

Event 201 het ‘n oefenlopie dmv nabootsing gedoen met die “corona virus pandemic”. Die virus het toe al as SARS-2-nCoV en later 2019-nCoV bekend gestaan. Volgens die oefenlopie sou 65 miljoen mense in 18 maande sterf en die effektebeurse met 30% getuimel het met gevolglike wêreldwye werkloosheid en bankrotskappe. Lg is presies wat toe gebeur het. Toevallig?

The Lock Step scenario is deel van die agenda van wat bekendstaan as Agenda ID2020, nog ‘n produk van Bill Gates en ten volle integreerd in die VVO se “Sustainable Development Goals (SDG)” met as teikendatum 2030.

Wat moet alles nog gebeur volgens hierdie agenda?

  • ‘n Massiewe inentingsprogram, waarskynlik verpligtend. Bill Gates se droom is dat 7 biljoen mense die entstof moet kry;
  • Massiewe populasievermindering, waarskynlik gedeeltelik ook deur middel van die inenting (Bill Gates, “if we are doing a real good job vaccinating, we may reduce the world population by 10% to 15%” .Sien “Innovating to Zero!”, toespraak gelewer by TED2010 annual conference, Long Beach, Kalifornië, 18 Februarie 2010). Bill Gates het reeds vir jare gepropageer dat die wêreld se bevolking verminder moes word. Reeds in Afrika is vrouens teen hulle wil gesteriliseer. In 2014 en 2015 het Kenia byvoorbeeld ‘n massiewe tetanus inentingsprogram uitgevoer onder leiding van die WGO en UNICEF.
  • ‘n Elektroniese ID vir elkeen op die planeet in die vorm van ‘n mikro-skyfie (moontlik gelyktertyd met die inenting).
  • Digitale geld in die plek van kontant.
  • 5e en verdere generasie-selfoontegnologie bekend as 5G wat dodelik vir die mens kan wees.

Die doel is duidelik totale beheer van elke mens op aarde. Dit word geadverteer as die Internet van Dinge “Internet of Things (TIT)”), wat sou insluit voertuie wat sonder bestuurders ry, robotte vir elke funksie op aarde, “artificial intelligence (AI)” vir die produksie van enigiets. Dat mense in die proses verslaaf gaan word, word verswyg.

Tans egter is almal gefokus op oorlewing weens die “lockdown” wat jou buite aksie plaas en magteloos om jou eie situasie te beredder weens regerings se drakoniese stappe. As jou werk (volgens hulle) nie essensieel is nie, mag jy nie werk nie en hulle sal besluit of en wanneer jy weer geld mag verdien. Intussen word verwagtings geskep van hulp wat waarskynlik nooit gaan realiseer nie. Miljoene besighede die wêrelddeur moet sluit en honderde miljoene gaan hulle werk verloor en baie gaan honger ly. Alles in die naam van ‘n pandemie wat met die jaarlikse griep vergelyk kan word.

In die VSA is by die skryf hiervan reeds 23 miljoen werkloosheidseise as gevolg van hierdie gebeure ingestel. In Europa is die verwagting dat 50% van die mense werkloos gaan raak. En die einde is nog nie eers in sig nie! In Suid-Afrika was die werkloosheidsyfer al naby 30% voor hierdie pandemie en sal dit nie verbaas nie as die syfer ook by 50% kom wanneer alles verby is. Rapport van 26 April praat alreeds van honger wat op die land toegesak het en nou begin politieke partye wat die ANC aanvanklik gesteun het te skarrel noudat hulle sien wat aan die gebeur is. En wag maar tot die voedselketting gebreek word, iets wat baie beslis kan gebeur as gesien word hoe polisiestasies, apteke en selfs hospitale gesluit word by die uitbreek van enkele Covid-19 gevalle.

Nou gaan geld geleen word by die IMF wat vir meeste state net verdere verslawing gaan meebring. Huispaaiemente kan nie betaal word nie, huur ook nie, alle geld word nou bestem vir voedsel (waarvan pryse besig is om die hoogte in te skiet) want dit gaan oor oorlewing.

The New York Times van 22 April 2020 verklaar:

“Instead of Coronavirus, the Hunger Will Kill Us. A Global Food Crisis Looms”.

En dit is die VSA. In Afrika gaan mense mekaar doodmaak om eerste by die laaste kos uit te kom.

Dit was Henry Kissinger wat in 1970 reeds verklaar het:

“Who controls the food supply controls the people. Who controls the energy can control whole continents; who controls money can control the world.”

Covid-19 het hongersnood en armoede in sy ellendigste vorm op die wêreld afgedwing. Daarom moet dit ondersoek word.

Misdrywe teen die mensdom het vir die eerstekeer in ‘n verdrag verskyn in die 1945 Nuremberg Charter aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog.

Sedert die1990’s is dit gekodifiseer in verskillende verdrae waaronder dieStatute of the International Criminal Tribunal for the former Yugoslavia (1993), dieStatute of the International Tribunal for Rwanda (1994) en die Rome Statute of the International Criminal Court (1998). Die Statuut van Rome bevat die mees onlangse lys van spesifieke kriminele oortredings wat as misdrywe teen die mensdom beskou word. Dit sluit in:

  • Moord
  • Uitwissing
  • Verslawing
  • Gevangesetting
  • Marteling
  • Ander onmenslike dade van soortgelyke karakter wat met opset gepleeg word en lyding veroorsaak.

Rome Statute of the International Criminal Court, Art. 7

Of dit boonop bewys sal kan word dat Sjina (of die VSA, of wie ookal) die virus in ‘n laboratorium “geskep” het, gaan waarskynlik nie so maklik wees nie. Die punt is egter dat die stappe wat as gevolg van die beweerde gevaar van die virus ingestel is, die skade veroorsaak het, eerder as die virus self.

Waarom regerings omtrent voor die voet (behalwevir Swede, Singapoer en Belarus) hulle ekonomieë afgesluit en mense ingehok het, kan waarskynlik voor die deur van die WGO gelê word. Vraag is egter, waarom nie self eers behoorlik daaroor besin het soos die drie state nie? En toe hulle wel agtergekom het hulle word belieg, waarom steeds volhou daarmee?

Nege miljoen mense sterf blykbaar jaarliks net aan honger. Nou gaan hierdie getal baie hoëf wees. Dit sou die grofste nalatigheid wees om die skuldiges skotvry daarvan te laat afkom!

Al meer stemme sal opgaan oor wie tot verantwoording geroep moet word. Maar dit gaan oor baie meer as ekonomiese skade. Dit gaan oor verslawing, hongersnood en dood. Daarom is dit ‘n misdryf teen die mensdom.

Moet dit liefs nie afmaak as maar net ‘n ongelukkige sameloop van gebeure nie, besef hierdie is ‘n misdryf!