NOOIT WEER NIE?

Van watter waarde is ‘n konstitusionele waarborg as dit sommer so oorboord gegooi word wanneer mense siek is? As dit net so geïgnoreer kan word, is dit NIE ‘n waarborg nie; dit is BEDROG! – Regter Andrew Napolitano, VSA

Hoe het dit gebeur dat ons volk, soos trouens omtrent al die volke in die wêreld, in die bestek van weke hulle vryheid vrywillig prysgegee het? En dit as gevolg van die leuen dat die Covid-19 virus die ergste is wat die mensdom ooit getref het?

Wel, dis eintlik baie maklik om te verklaar. Mense kan nie meer vir hulleself dink nie en het toegelaat dat die massa media (in ons land RSG, Beeld, news24.com en kanaal 144 se nuus op DSTV) vir hulle dink en besluit. Mense het so liggelowig geword dat hulle alles sal glo wat hierdie propaganda aan hulle opdis.

Op 2 April 2020 skryf die skryfster Annelie Botes in Beeld dat sy verstom was om te sien hoeveel mense in Suid-Afrika jaarliks aan tuberkulose (tering) sterf en vra dan die vraag of dit nie ook kwarantyn regverdig nie. Sowat 500 000 kry jaarliks tering in ons land en 89 000 sterf jaarliks. So kan mens dus aantoon dat hierdie virus ook kwarantyn regverdig, en indien nie, regverdig COVID-19 dit ook nie . Tog het almal in die verlede koelkop gebly en voortgegaan met hulle lewens. Gewone waaksaamheid het meestal gesorg dat mense met hulle lewens kon voortgaan.

Ons sal oor ‘n paar maande uit ons doodslaap wakker word en dan sal die realiteit inskop. Grootskaalse armoede en werkloosheid sal met ons wees. In Amerika het reeds 10 miljoen mense werkloosheidseise ingestel. Daar word bereken dat 30% daar werkloos gaan wees na hierdie klugspel, ‘n syfer groter as tydens en na die Groot Depressie.

So verwonderd was mense oor die tegnologie van ons tyd dat hulle gespog het “Dit sal nie in ons tyd gebeur nie”. Wel dit het! Hoe weet ons dit is ‘n klug? Kom ons kyk wat sê van die wêreld se voorste medici oor die Covid-19 “pandemie”:

Dr Sucharit Bhakdi is ‘n spesialis in mikrobiologie en was professor aan die Johannes Gutenberg Universiteit in Mainz en hoof van die Institute for Medical Microbiology and Hygiene en baie hoog geag in Duitsland. Hy sê:

Ons is bevrees dat 1 miljoen infeksies van die nuwe virus sal lei tot 30 sterftes per dag oor die volgende 100 dae maar ons besef nie dat 20, 30, 40 of 100 mense met gewone Koronavirusse sterf in elkgeval elke dag.

Die regering se anti-COVID-19 maatreëls is absurd en baie gevaarlik. Die lewensduur van miljoene is besig om te verkort. Die verskriklike impak op die wêreldekonomie bedreig die bestaan van ontelbare hoeveelheid mense. Die gevolge wat die mediese sorg gaan ly is van diepgaande aard. Daar is reeds nie meer voldoende sorg vir huidige pasiënte nie, operasies is gekanselleer, praktyke staan leeg, hospitaalpersoneel verdwyn. Al hierdie dinge gaan ‘n enorme impak op ons samelewing hê. Dit bring wêreldwye selfvernietiging en selfmoord gebaseer op ‘n spook!

Prof Hendrik Streeck is a Duitse MIV-navorser en ‘n epidemioloog en professor in virologie en direkteur van die Institute of Virology and HIV Research, te Bonn Universiteit:

Hierdie nuwe virus is nie so gevaarlik nie, selfs minder as die SARS-1-virus. Die feit dat SARS-COV-2 in die boonste lugweg, eintlik al in die keel, dupliseer en is daarom baie meer aansteeklik – dit versprei van keel na keel. Maar dit is ook ‘n groot voordeel want dit kan daar reeds doodgemaak word. Omdat die SARS-1-virus eers diep in die long dupliseer is dit nie so aansteeklik nie maar dit kan die longe vernietig wat dit baie gevaarlik maak.

Ons moet ook in gedagte hou dat die SARS-COV-2 sterftes in Duitsland uitsluitlik bejaarde mense was. Byvoorbeeld is daar in Heinsberg ‘n 78-jarige man met onderliggende siektes dood aan hartversaking, en dit sonder dat SARS-2 die longe bereik het. Omdat hy geïnfekteerd was is hy outomaties in die COVID-19 se statistieke opgeneem. Die vraag is dus: sou hy nie in alle geval toe gesterf het sonder die SARS-2-virus nie?

Dr Joel Kettner is professor van Gemeenskap Gesondheidsdienste en Operatiewe Prosedures te Manitoba Universiteit en Mediese Direkteur van die Internasionale Sentrum van Aansteeklike Siektes. Sy opmerking:

Ek het nog nooit iets soos hierdie gesien nie. En ek praat nie van die “pandemie” nie want ek het al 30 daarvan gesien, een elke jaar. Dit word griep genoem. En meeste van die ander virus-lugweg-siektes ken ons ook nie altyd by naam nie. Ek het nog nooit so ‘n reaksie gesien nie al probeer ek verstaan waarom.

Frank Ulrich Montgomery is ‘n Duitse radioloog en voormalige voorsitter van die Duitse Mediese Vereniging en vise-voorsitter van die Wêreld Mediese Assosiasie:

Ek is nie ‘n voorstander van ‘n “lockdown” nie. Diegene wat dit uitvoer behoort dit duidelik te maak hoe dit sal verloop en wanneer dit gaan stop. Aangesien hierdie virus seker nog lank met ons gaan wees wonder ek wanneer ons weer na ‘n normale lewe sal herstel. Hulle kan tog nie die skole en dagsorgsentrums tot die einde van die jaar gesluit hou nie? Want dit kan tot dan neem om ‘n entstof te ontwikkel. Italië het ook ‘n “lockdown” ingestel maar het nie daarin geslaag om verspreiding van die virus te keer nie.

Dr John Ioannid is professor in Medisyne en Gesondheidsnavorsing en Beleid aan die Stanford Universiteit en ook direkteur van die Stanford Prevention Research Center. Sy reaksie soos volg:

Patients who have been tested for SARS-CoV-2 are disproportionately those with severe symptoms and bad outcomes. As most health systems have limited testing capacity, selection bias may even worsen in the near future.

The one situation where an entire, closed population was tested was the Diamond Princess cruise ship and its quarantine passengers. The case fatality rate there was 1.0%, but this was a largely elderly population, in which the death rate from Covid-19 is much higher.

So kan duisende bona fide dokters en kenners getuig dat die saak heeltemal uit verband geruk is en nou deur die bewerkers van die Nuwe Wêreldorde gebruik word om ons in ‘n haglike toestand te plaas.

Die vraag vir ons hier in ons land gegewe die situasie in plakkerskampe, taxi-eienaars wat hulle eie kop volg en ‘n winter wat voorlê waarin griepvirusse gedy (om maar enkels te noem), is hoe lank ons in kwarantyn moet wees voordat die kurwe “plat” gaan word of die virus verdwyn of iemand met al die wysheid in pag, oor ons lewens (of dit wat daarvan oor is) besluit? En watter van die polisiestaat-maatreëls gaan nie maar sommer bly of in elke geval baie maklik weer heringestel word as daar weer ‘n “pandemie” uitbreek nie? Het ons ooit daaroor nagedink? Sonder enige protes het ons hierdie “doodstaf” wat oor ons uitgespreek is aanvaar. Ons moet glo dat ‘n korrrupte en onbevoegde regering wat in 25 jaar alles wat hulle aangeraak het opgefoeter het, ons van ekonomiese en finansiële ellende gaan red as alles verby is!

Tyd sal leer, maar mens kan net werk op ‘n regering se “prestasie” van die verlede en nie op sy beloftes vir die toekoms nie. Daar bestaan geen twyfel nie dat hierdie ‘n beplande saak is wat ons, met die “beste grondwet” ter wêreld nou vir alle praktiese doeleindes in ‘n totalitêre staat verander het. Ja, so veel vir menseregte!

Wat het ons al prysgegee in die afgelope paar weke? Ondermeer:

-       Die reg om ons godsdiens gesamentlik (in kerkverband) te kan beoefen;

-       Die reg op vreedsame samekoms;

-       Die reg op spraakvryheid waar selfs kritiek teen die maatreëls misdadig is;

-       Die reg op vryheid van beweging;

-       Die reg om te werk en om ‘n lewensbestaan te maak;

-       Die reg om met jou eiendom te handel;

-       Die reg om met jou inkomste te doen soos jy goed dink.

En dit is nog nie die einde nie. Spioenasie op persone deur middel van selfone word nou ook ingestel, aanvanklik net vir diegene wat “positief” getoets het, maar later vir almal. Die 5e generasie-selfoonnetwerke sal baie handig te pas kom. So sien ons reeds dat mense vrywilliglik op mekaar begin spioeneer en by owerhede aangee. George Orwell moet glimlag daar waar hy nou is…

En Bill Gates spog dat elkeen nou ‘n “digital certificate” onder hulle vel sal dra en so sal aantoon dat hulle ingeênt is. Wat kom saam met daardie sertifikaat? Hy sê reguit dat ‘n “national tracking system” op pad is. En ons aanvaar alles gelate!

Regter Andrew Napolitano van die VSA vra tereg:

“What good are constitutional rights if they are violated when Americans get sick?”

One of my Fox colleagues recently sent me an email attachment of a painting of the framers signing the Constitution of the United States. Except in this version, George Washington — who presided at the Constitutional Convention — looks at James Madison — who was the scrivener at the Convention — and says, “None of this counts if people get sick, right?”

In these days of state governors issuing daily decrees purporting to criminalize the exercise of our personal freedoms, the words put into Washington’s mouth are only mildly amusing. Had Washington actually asked such a question, Madison, of all people, would likely have responded: “No. This document protects our natural rights at all times and under all circumstances.”

Namely, that since our rights come from our humanity, not from the government, foolish people can only sacrifice their own freedoms, not the freedoms of others. 

Thus, freedom can only be taken away when the government proves fault at a jury trial. This protection is called procedural due process, and it, too, is guaranteed in the Constitution.

Of what value is a constitutional guarantee if it can be violated when people get sick? If it can, it is not a guarantee; it is a fraud. Stated differently, a constitutional guarantee is only as valuable and reliable as is the fidelity to the Constitution of those in whose hands we have reposed it for safekeeping. 

Because the folks in government, with very few exceptions, suffer from what St. Augustine called libido dominandi—the lust to dominate—when they are confronted with the age-old clash of personal liberty versus government force, they will nearly always come down on the side of force.

How do they get away with this? By scaring the daylights out of us. I never thought I’d see this in my lifetime, though our ancestors saw this in every generation. In America today, we have a government of fear. Machiavelli offered that men obey better when they fear you than when they love you. Sadly, he was right, and the government in America knows this.

But Madison knew this as well when he wrote the Constitution. And he knew it four years later when he wrote the Bill of Rights. He intentionally employed language to warn those who lust to dominate that, however they employ governmental powers, the Constitution is “the Supreme Law of the Land” and all government behavior in America is subject to it. 

This is not a novel or an arcane argument. This is fundamental American law. Yet, it is being violated right before our eyes by the very human beings we have elected to uphold it. And each of them — every governor interfering with the freedom to make one’s own choices — has taken an express oath to comply with the Constitution.

What is the nature of freedom? It is an unassailable natural claim against all others, including the government. Stated differently, it is your unconditional right to think as you wish, to say what you think, to publish what you say, to associate with whomever wishes to be with you no matter their number, to worship or not, to defend yourself, to own and use property as you see fit, to travel where you wish, to purchase from a willing seller, to be left alone. And to do all this without a government permission slip.

What is the nature of government? It is the negation of freedom. It is a monopoly of force in a designated geographic area. When elected officials fear that their base is slipping, they will feel the need to do something — anything — that will let them claim to be enhancing safety. Trampling liberty works for that odious purpose. Hence a decree commanding obedience, promising safety and threatening punishment”.

Ons het ons vryheid verloor en ons moet weet ons gaan dit baie moeilik terugkry. Dit wat ons gaan terugkry sal in elke geval in die lig van die ekonomiese ellende wat op meeste wag, van nul en generwaarde wees!