KOM, AFRIKANERS!

A.D. Keet en Aennschen Schumacher het hierdie lewendige, raadgewende lied vir ons gegee om te sing:

Kom Afrikaners, sing nou luid, en laat jul stemme hoor;
hef aan 'n lied wat oweral ons nasie sal bekoor!
Kom, Afrikaners, sing nou luid: laat jul stemme hoor!
Hef aan 'n lied wat oweral ons nasie sal bekoor!

Hef aan 'n lied van heldedaad, van mag teen owermag:
'n Nasie wat sy helde eer sal niemand ooit verag.
Hef aan 'n lied van heldedaad, van mag teen owermag:
'n Nasie wat sy helde eer, sal niemand ooit verag.

Sing saggies van jul vroueleed, maar wees op almal trots;
'n Nasie wat sy vroue eer, staan vaster dan 'n rots.
Sing oor die vrede van die veld, van koppie en van rand:
'n Nasie wat sy woonplaas eer, bou nooit op losse sand.